Hoe

pexels-photo-247314

Wel vanaand het ek my hoed in my hand. Hier waar ek sit is daar soveel wat deur my kop maal. Met lockdown saam is dit asof mens letterlik afgesny is van enige emosionele hulp en bystand. Ons almal het daai een persoon wat jou altyd op die regte pad hou. Daai een persoon wat jou sal bystaan en reguit se wat gedoen moet word.

Ek is  so bitter deurmekaar. My kop maal letterlik in duisende verskillende rigtings. Ek weet wat besig is om in my lewe te gebeur. My kinders, veral 2 word emosioneel aftetakel. Hulle raak opstandig want dis wat die situasie van hulle verwag. Hulle moet baklei vir oorlewing. Die jongste van dit die ergste. Hy het nog ADHD ook.  En op die ouderdom van 14 voel ek nie dat ek hom die res van sy lewe op pille kan hou om hom stil te kan hou sodat hy nie ander se lewens versuur nie. Hy was nog altyd my regter en linker hand. Wil altyd weet waar ek is en wat ek doen. Hy het ‘n vrees dat sy ma eendag net nie meer daar gaan wees nie. Hoe kan een kind al op 14 met so ‘n vrees loop. Niemand verstaan dit nie want die agtergrond is nie genoem nie. Die pa wat hulle weggegooi het toe hy nie eers 1 jaar oud was nie. Die verwerping en aanvaarding van ‘n nuwe rolmodel en man in sy lewe.

mis4

Dan kom ek by myself. Waar ek bietjies by bietjies wegraak. My siel, my wese, my ek wees. Elke aand se goeie nag soentjie is koue trane druppels. Hoe kom ek weer deur more. As daar met jou gepraat word slegs deur boodskappe en dit gebruik word om te kla oor die kinders en alles wat verkeerd is hoe moet mens voel naderhand. As jy net geroep word om iets te kom doen. As jy regtig seer het en daar word ‘n veer gevoel want wat weet hulle. Wat word dan van jou. Hou jy net aan verdwyn. Almal sien jou as swakkeling want dis jou omstandighede huidiglik maar niemand sien dit wat jy al vermag en bereik het nie. Vir hulle is jy net die een wat inbreek maak in ‘n huis waar jy al lankal nie meer moes gebly het nie.

mis2

Wat doen jy as jou seer so seer is dat jy nie meer deur jou oe kan kyk nie. As dinge wat om jou gebeur jou naar maak en voel of jy wil verstik. Wat doen jy. Praat help nie. Dan is jy die vark. Altyd die vark.

Here waar is jy? Hoekom voel ek so alleen? Wat het ek gesondig om so te voel? Hoeveel moet ek nog verdra?

Vanaand staan ek met my hoed in my hand en wonder. Hoe?

images680KPD1G

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s