Die vere van die liefde

pexels-photo-247314

Almal wil liefde hê. Dis iets diep binne jou wat jou laat smag na aanvaarding deur ‘n persoon wat jy vir enige iets sal doen. Geen huwelik, familie of vriendskap kan sonder liefde suksesvol wees nie. Maar wat beteken die woord “liefde”?
Het jy ook al in jou lewe gevoel dat jou beste net nie goed genoeg is nie? Jy gee en gee en gee, maar dit is eenvoudig nie goed genoeg nie. Die wese van die mens se bestaan is om intiem te wees en deur ander liefgehê te word. Vir die liefde sal ons berge uitklim, oor die see vaar, woestyne deurkruis en onnoembare swaarkry verduur. Sonder liefde word berge onoorkombaar, die see onbevaarbaar en woestyne ondraaglik.

pexels-photo-54539

Die liefde waarna ek hier verwys, is nie romantiese liefde nie. Ek verwys eerder na die belangrikste vorm van liefde. Die soort liefde wat maak dat ’n mens ander eerste stel. Hierdie liefde word deur die Bybel se standaarde gelei en is nie koud en gevoelloos nie. Hierdie tipe liefde is die ongesiende band wat ‘n mens bind aan n ander persoon in die wete dat hy nes jy sy alles vir jou op die spel plaas.
’n Mooi beskrywing van liefde is: “Die liefde is lankmoedig en goedhartig. (daar is nie ‘n tydperk aan verbonde nie, daar is nie ‘n begin en ‘n eindpunt ingesit nie) Die liefde is nie jaloers nie, dit praat nie groot nie, raak nie opgeblase nie, gedra hom nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, raak nie ergerlik nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie. (Dis wat dit veronderstel is om te beteken maar tipies mens, hou ons boek van die kwaad en haal gereeld daai hoofstuk uit om te gebruik as ons bedreigd voel in ons liefdes nood) Dit is nie bly oor onregverdigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit verdra alles, . . . hoop alles, verduur alles. Die liefde faal nooit nie.” — 1 Korintiërs 13:4-8.
Hoe wonderlik sal die liefde nie wees nie. ‘n Liefde waar jy aanvaar word vir wie en wat jy is. ‘n Liefde waar jy net jouself kan wees en iemand jou aanvaar soos jy is. ‘n Liefde dat nie baie woorde nodig het nie. Dis die liefde wat sonder woorde of dade presies weet wat die ander se behoefte is. Maar dis ongelukkig nie vir ons almal beskore nie. Partykeer kom jou liefde met iemand se ou bagasie op jou stasie aan. Jy is nou verantwoordelik vir die uitpak en uitsif en uitsorteer van die lewe. Jy doen dit want jy is lief vir die persoon. Bagasie en al. Maaaaaar…………. Sulke bagasie kom altyd met seer en verwyte. En die maklikste pakplek in die kaste van die een wat jou gehelp het om die bagasie draagliker te maak. Wat doen jy dan? Hoe verwerk of verpak jy die seer, verwyte, hartseer en trane. Niks wat jy weer in daai tassie pak gaan dieselfde wees nie. Daar was ‘n impak op jou lewe en die van ander om jou. Jy moet nou pa staan vir die insae en saadjies wat langs die pad geplant is. Dis seker een van die moeilikste tuine om skoon te maak. Die tuin van jou hart. Dis hier waar die bossies groei en floreer. Dis hier waar jy gereeld hoor hoe sleg jy is en hoe jy dinge anders kon hanteer en beter gemaak het. Maar wat almal so sagkens vergeet is dat al die bagasie kom met die grootste seer. Trane wat in afsondering gehuil word omdat kinders nie veronderstel is om hulle ouers te sien huil nie. Trane wat partykeer nie eers vir eggenote gewys word nie want dit is nie reg nie. Die verlepte liefde wat op ‘n manier weer moet blom want jy gaan nie opgee nie. Jy gaan nie stilsit en wonder wat nou nie. Maar hoe? Hoe werk jy aan iets wat jy probeer red en dis slegs van jou kant af.

pexels-photo-3905839
Ons doen dit deur geloof en ‘n getroue Vader se raad te volg.
SAAMGEBIND DEUR “’N VOLMAAKTE BAND VAN EENHEID”
Jesus Christus het ons belangrike waarhede oor die huwelik geleer. Hy het byvoorbeeld gesê: “‘Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees wees’ . . . Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie” (Matteus 19:5, 6). Ons leer ten minste twee belangrike waarhede hieruit:
“DIE TWEE SAL EEN VLEES WEES.” Die huwelik is die intiemste verhouding wat twee mense kan hê, en liefde sal hulle help om getrou aan mekaar te bly. As ’n man of vrou egbreuk pleeg, word hulle dan “een liggaam” met iemand wat nie hulle huweliksmaat is nie (1 Korintiërs 6:16; Hebreërs 13:4). Hierdie ontrouheid kan hulle vertroue in mekaar en dalk hulle huwelik vernietig. As kinders betrokke is, kan die skade selfs erger wees. Die kinders voel dalk onseker, kwaad of dat niemand vir hulle lief is nie.
“WAT GOD . . . SAAMGEVOEG HET.” Die huwelik is ook spesiaal omdat dit van God af kom. As ’n man en vrou dit besef, sal hulle hard werk om hulle huwelik sterker te maak. Hulle soek nie na maniere om uit die huwelik te kom wanneer dinge moeilik word nie. Hulle liefde is sterk en dit verdwyn nie vinnig nie. Hierdie liefde “verduur alles”. Dit help ons om ons probleme op te los sodat ons geluk en vrede in ons huwelik kan hê.
As ouers op hierdie manier vir mekaar lief is, sal die kinders ook daarby baat vind. ’n Jong vrou met die naam Jessica het gesê: “My ma en pa is regtig lief vir mekaar en respekteer mekaar. As ek sien hoe my ma my pa respekteer, veral voor ons, wil ek net soos sy wees.”

adult alone anxious black and white
Photo by Kat Jayne on Pexels.com

Liefde is God se belangrikste eienskap. Die Bybel sê selfs: “God is liefde” (1 Johannes 4:8). Daarom verbaas dit ons nie dat Jehovah ook “die gelukkige God” genoem word nie (1 Timoteus 1:11). Ons sal ook gelukkig wees as ons hard werk om ons Skepper se eienskappe na te volg — veral sy liefde. Efesiërs 5:1, 2 sê: “Word dan navolgers van God, as geliefde kinders, en gaan voort om in liefde te wandel.”
BELANGRIKE PUNTE
‘Die liefde is geduldig en vriendelik. Dit verdra alles, hoop alles, verduur alles. Die liefde vergaan nooit nie.’ — 1 Korintiërs 13:4-8.
Liefde maak ons gelukkig, want dit . . .
help ons om regtig om te gee vir ander
kan sterker word
versterk en beskerm ons huwelik en vriendskappe
help kinders om te floreer en veilig te voel
help ons om soos ons Skepper te wees

imagesX4OHQU0B

My vraag is nou. Wanneer is die liefde genoeg om jou elke dag aan te vul en wanneer is die te veel en moet mens maar aanvaar dat maak nie saak wat jy alles insit of bysit nie, dit nooit genoeg sal wees nie. Jy sal nooit genoeg wees nie. Wanneer is dit tyd?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s