Harte van glas

imagesOKEK3O6R

Valentynesdag. Die dag van die liefde. Die dag wat elke vrou smag na die woorde “ek is lief vir jou”. ‘n Dag wat ‘n mens wil voel jy is geliefd, gewaardeer en gesog. Tog is dit nie vir almal beskore nie. Oppad werk toe luister ek na die radio en kyk na die mense soos hulle bestuur en gesels. Ten spyte wat baie mense sê is lyftaal en gesigsuitdrukkings die spieëlbeeld van die emosie diep binne in die hart.

love3
Op TV kyk ons na programme soos Getroud met Rugby waar die pompoms probeer ‘n kompetisie reël sodat hulle nie die dag alleen hoef deur te gaan nie. Dis dan wanneer mens diep begin dink. Wanneer jy na jou hart kyk en wonder of jy ware liefde ken. Maar as jy dit nie het nie, waar gaan soek jy dit dan? Waar gaan kry jy die liefde waarna jy smag? Soveel gaan soek egter in die verkeerde plekke na die gevoel. Hulle probeer ontvlug met dwelms, drank en slegte uithangplekke. Hulle probeer daai gevoel kry op maniere wat nie blywend is nie maar tog op daai oomblik jou gevoel van “ek beteken iets” paai.

imagesHOV7VTER
Daar is soveel seer in ons wêreld. As mens op die nuus kyk of na die radio luister is daar gedurig ‘n berig oor iemand wat gesterf het en iewers is iemand se hart in stukke. Wanneer mens voel dat jy nie waardig is nie en dat jy dalk gestraf word is die emosie dieper as die diepste gat. Die donker is so donker dat nie eers die skerpste lig ‘n verskil gaan kan maak nie. Jy sit en begin dan dink of daar nie dalk ‘n ander manier is om beter te voel nie. Die gedagtes van dom, sinnelose dinge kom na vore en dit voel soos jou antwoord. Jy is onder die indruk dat jou vriende en familie jou nie verstaan nie want hoe kan iemand weet hoe jy voel. As hulle jou liefhet dan sal hulle dit mos kan sien.

love1
Dis in sulke tye wat ons na die materiele liefde soek wat ons eintlik na die grootste liefde van alles moet draai. Daar was eendag ‘n man wat die wêreld so lief gehad het dat Hy Sy enigste gebore seun vir ons gegee het. SY liefde was so groot dat Hy dit wat die kosbaarste was vir jou en vir my gegee het. Hoe amazing is dit nie. Hy beloof ons keer op keer dat Hy ons nooit sal verlaat nie, dat Hy altyd saam met ons sal stap.

imagesRUMZFX8R

Nou hoe beland ons dan so alleen? Antwoord is maklik, hoekom het jy Sy hand gelos. Ons is so geneig om Hom te ken as dit sleg gaan. Dan baklei ons en stry ons en dring ons aan op tekens dat Hy daar is. Ons wil antwoorde hê, NOU. Maar wat gebeur as daai antwoorde kom? Sodra dit goed gaan los ons Sy hand. Ons vergeet om aan Hom al die eer te bring en aan die wêreld te verkondig dat Hy almagtig en groot is. Ons onthou eers weer wanneer dit sleg gaan dat Hy bestaan en wil dan met alle mag weet hoekom en waarom.

imagesUKUDGWF5
Ek wil vandag vir jou sê, jy is nie alleen nie. Jy was nog nooit alleen nie. Ja jou gat voel diep en dis bitter donker. Ja jy voel asof niemand jou verstaan nie en asof jy nie die krag of energie het om te kan opstaan nie. God dra vir jou en vir my in die palm van SY hand. Dis gevorm in ‘n bakkie. Jy kan nie uitval nie. Omval ja. Uitval nooit. Jy is so naby SY aangesig dat nog voor jy struikel Hy jou al optel. Jou wankelende bene word versterk deur Sy ander hand wat jou vashou en regop hou. Ja dis moeilik om dit te glo. Dis nog moeiliker om dit te onthou. Die moeilikste is om aan dit vas te hou. Maar eending weet ek dat dit die moeite werd is.

love2
God belowe ons in Sy woord: Psalm 144:2 stel dit ongelooflik mooi in engels “He is MY loving God and My Fortress, MY stronghold and MY deliverer, MY shield in Whom I take refuge.” Sjoe Hy is lewend, Hy is my skuilplek, my skild en veilige hawe. Hoe kan ek dan voel dat ek nie geliefd is nie. Hy gee aan my alles wat ek nodig het om veilig en geliefd te voel. Sy enigste vereiste is onvoorwaardelike liefde en vertroue. Hoe groot is ons God nie. Hy skenk aan ons lewe. Ons name is in Sy handpalm gegraveer.
Staan op, lig op jou kop en kyk OP. Jou hulp kom van Bo. Van die een wat die hemel en die aarde geskape het.

images4GNBNTQ4

“Here vandag is so baie mense seer. Soveel voel ongeliefd, waardeloos en vergete. Here ek bid dat U hulle sal vul met U nimmereindigende liefde. Ek bid dat hulle U seën sal ervaar en sal weet dat hulle nooit die pad alleen stap nie. Ek bid die bloed van U seun Jesus Christus oor ‘n ieder en elk wat hier lees uit. Here maak asseblief die seer gesond, bring rustigheid. Here dankie dat ons altyd kan weet ons is veilig toegevou in U nimmereindige liefde. Dat ons kan weet maak nie saak wat nie U is altyd daar. U help ons die koppe aftrap van slange, U laat ons ons vyande vermorsel. Dankie dat U woord altyd aar is vir ons wanneer ons dit nodig het. Al wat ons moet doen is GLO. Ek bid liefde, vrede en geluk toe aan almal. Geseend is julle in die naam Jesus Christus. Amen.”

imagesFRX1CWM2

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s