Jy is spesiaal en geliefd

imagesHXC3SGQJ

Daar is soveel dinge wat in ‘n dag kan gebeur. God se seeninge kom elke dag onvoorwaardelik op ons pad. Elke more as ons ons oe oopmaak begin ‘n nuwe hoofstuk op ons lewenspad. Dis ‘n pad wat ons nie ken nie. Die rigting is nie vir ons aangewys nie. Daar word vir ons elke dag keuses gegee. Dis miskien nie wat ons vir gevra het nie maar dis ‘n deur of venster wat God vir ons gee om ons pad te verlig.
Die afgelope paar weke en dae was ongelooflik moeilik. Die onsekerheid van die toekoms maak mens op ‘n manier dood binne. Mens begin twyfel in jou vermoens en voel soos ‘n nul op ‘n kontrak. Dis baie moeilik om in sulke tye positief te bly. Maar gelukkig gee God vir ons mense op ons pad. Mense om ons geloof te versterk. Mense om ons staande te hou. Geloofs en voelsmense.

imagesC2J89BGV
Dit loop uit op ‘n dag wat God jou vrae beantwoord en deure vir jou oopmaak. In die uur besef mens dat God ons gebede aanhoor. Al voel dit partykeer of ons teen die dak vas bid en praat met ‘n ligleegte. God verhoor altyd ons gebede. Hy tel ons trane op in ‘n emmer en verander dit in seeninge. God belowe ons in Psalm 91 dat Hy saam met ons die pad stap en dat ons die slange om ons se koppe sal vermorsel en dat ons teen die bose beskerm word. Hy verskaf aan ons die wapenrusting om ons te beskerm teen alle aanvalle. Die belangrikste is egter ons keuse om dit te gebruik.
Ek wil vanaand vir elkeen van julle wat moeg is, wat moedeloos is en voel jy is alleen ‘n gebed gee:

FB_IMG_15708512825474896.jpg
“Here ek weet U woon in my. En ek weet U het U Gees gestuur om my te vertroos, te versterk en om die gees van Christus aan my te openbaar. Spreek U vertroosting aan my. Ek het geen krag meer oor nie. U sal my moet ophef en lei.”
Die Heilige Gees sal jou nie mislei nie. Hy sal jou die goeie dinge wys wat God vorentoe vir jou beplan. Maar jy moet dit waag om te glo dat Hy met jou sal praat.
Jy sal nie flou val nie. Jy gaan triomferend uit jou beproewing kom, want jou geloof sal getoets word en so suiwer soos goud bevind word. En jy sal sien dat die Here elke belofte wat Hy aan jou gemaak het vervul het. Amen!

Uittreksel uit Leef Voluit:

imagesDUFT369D
Is jy op “Moedverloor se vlakte”?
Dis tog net menslik om moedeloos te wees as dit met jou sleg gaan!
Hoekom raak ons so maklik moedeloos?
Daar is baie redes, maar ’n algemene rede is die ervaring van oënskynlike mislukking. Dikwels hoor ons mense die volgende sê: “Dit help nie meer om te probeer nie. Ek is keer op keer onsuksesvol met my pogings!” “Ek word net nie gesond nie!”, “Ek kom net nie uit hierdie finansiële verknorsing nie” “My huwelik is op die rotse!” ,”Ek kry nie werk nie!”,“Elke keer wanneer ek probeer vrede maak, word ek verneder” ens.
Wat is die gevolge van moedeloosheid?
Van die baie gevolge is die mees tragiese: “ek kan nie meer nie, ek gooi nou handdoek in!”
Efesiërs 3:12 -19 maak vir moedelose mense ’n deur van hoop oop. Lees dit deur hier te klik
Efese was ‘n stad met sy ongeveer 250,000 inwoners ’n baie belangrike stad en alombekend vir sy kuns, sy argitektuur, sy towenaars, sy sterre-voorspellers, sy gelukbringers wat orals te koop was. Die kern van die stadslewe was die Diana/Artemis-kultus. Vir die Christene in Efese was die bose geeste in hierdie donker stad ’n daaglikse werklikheid. Hier het Satan regeer! (Efes.6:11,12)
Desnieteenstaande het die Heilige Gees op ’n buitengewone manier in Efese ingegryp en ’n verskil kom maak. Klik op Hand.19:11 en 12. Paulus se bediening in Efese was “een van sy groot suksesverhale”. Hy was instrumenteel om Christene te mobiliseer, toe te rus en uit te stuur. Hulle het die hele Romeinse provinsie Asië binne twee jaar geëvangeliseer.

imagesBRVBSN4X
Daar was egter ook ’n moeilike kant. As professionele tentmaker moes Paulus vir homself én vir ander sorg. (Hand.20:34 en 35) Vir drie jaar lank het hy sonder ophou vir elkeen, dag en nag en met trane, die regte koers aangewys. (Hand. 20:31) Vir drie maande het hy onderrig in die sinagoge gegee totdat slegte praatjies veroorsaak het dat hy vir die volgende twee jaar daagliks in die lesingsaal van Tirannus {blykbaar van 11:00-16:00} opleiding gegee het. Hy het ook ’n ernstige botsing met die ambagsmanne van Efese gehad wat die godin Diana (Artemis) as die enigste “god” verkondig en verdedig het. Ook hier het Paulus as’t ware met wilde diere geveg. (1 Kor.15:32)
“Paulus, hoekom het jy jouself onvoorwaardelik en vir drie jaar lank in Efese afgesloof? Waarom was dit vir jou die moeite werd om hier aan te bly?”
Hierop het hy geantwoord.
– God het my die opdrag gegee (Efesiërs 3:2)
– Ek het dit ook in julle belang gedoen.
Dis die enigste redes waarom jy moet bly waar jy is, anders ondersoek jouself en indien nodig, beweeg aan!
Die Christene in Efese kon moedeloos geword het as gevolg van hulle demoniese omstandighede en/of as gevolg van Paulus se gevangenis-omstandighede.
Nou wys Paulus vir hulle dat ongeag hulle en sy haglike omstandighede daar tog ’n deur van hoop oop is.Wat is hierdie deur van hoop?
– jy het enige tyd en altyd vrye toegang tot die Vader.” [Klik op Efesiërs 3:12 en Hebreërs 4:16]
– begryp hoe breed, lank, hoog en diep God se liefde vir jou is.[Klik op Efesiërs 3:16-19 en Romeine 8:38 en 39]
Kind van God, weereens….versterk jou in die Here, want
– jy is gewortel en gegrondves in die liefde van God
– jy het ’n ongehinderde oop deur na die Vadertroon.
Sou jy vra: “Hoe versterk ek my in die Here?” dan antwoord ek jou deur jou uit te nooi om hier te klik.
Wie altyd net vaskyk teen sy/haar slegte en moeilike omstandighede sal moedeloos raak en moedeloos bly.
Maar wie voortdurend
– hul oë op Christus Jesus gevestig hou en met vertroue God se beloftes koester en
– onthou dat hy/sy te alle tye met vrymoedigheid tot God mag nader en altyd by Hom meer as net welkom is,
– God en Sy liefde begin beleef ….
sal begin om met hoop te lewe.
Om net jou eie identiteit in Christus te kén, is onvoldoende. Dis veel beter om jou identiteit in Christus te ken en saam daarmee met hoop te leef. Hierin is Paulus vir ons ’n rolmodel. Hy het nie net God se plan met sy lewe geken nie, maar saam daarmee, ongeag sy omstandighede, ook met hoop geleef.

 

fb_img_15603711619581726801911.jpg
So trek jou wapenrusting aan. Hou jou oe gerig na bo. Maak jou hart oop en gee jouself aan God.
Jy is spesiaal en geliefd.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s