Browsing in 2020

 

imagesK2TQ2XX4

So begin die browsing van 2019. Ons bekyk alles en bespiegel oor dit wat gebeur het. Almal lewer kommentaar en party hou hulle opinies vir hulle self. Om ‘n jaar te voltooi is nie maanskyn en rose nie. Dis een van die moeilikste goed om suksesvol te doen. Hoekom sou jy vra? Want vandag is nie gister nie en help nie met more nie.
2019 is die verlede. Ons kan terugkyk op ons pad en lesse leer. As ek na my reis terugkyk kyk ek uit 2 tipe oe. Die eerste die van ‘n vrou wat haar gesin en kinders net die beste wou bied. ‘n Vrou en ma wat ‘n kans geneem het om vir haar kinders deure oop te maak en horisonne te verbreed. Ons het die geleentheid gehad om te reis en my kinders was in 4 verskillende lande met uiteenlopende kulture. Hulle het ‘n kykie gekry van hoe ‘n mens werklik moet kan lewe. Sonder vrees, vry en in ‘n land waar jy as individu gerespekteer word vir wie jy is. Hulle kon sien wat dit is om in die see tussen visse te swem en in die berge te kon bly. Om daagliks arende te tel en buite te kon sit en die natuurskoon wat God aan ons geskenk het te kon waardeer.

hoop1
My ander stel oe is weer die van depressie. Daai lastige vraag wat as ons nie gegaan het nie? Dinge sou finansieel soveel anders gewees het. Nou die stres van voorentoe. Die pad wat nou gestap word is gevul met onsekerheid en vrees. Skuldgevoelens en bitter baie twyfel.
Vandag het dit gereen. Die eerste gedagte was dit gaan ‘n geseende jaar wees want God stuur Sy seeninge uit die hemele vir ons. Ek lees my facebook bladsye en sien soveel meer raak. Weet nie omdat dit is dat die huis stil is en mamma bietjie mamma tyd het nie en of dit net is dat ek dit moet raak lees.

images4I3VU6VT
Ek sien ‘n man wat in ‘n kerk instap en mense aanraak en sing tot eer van sy God. Ek lees ‘n vriendin se blog oor haar moeilike jaar na die afsterwe van haar pa en nou haar hondjie wat baie siek is. Ek lees van ‘n tiener wat se lyk gekry is en kan my nie indink aan wat deur die ouers se harte moet gaan nie. Ek dink terug aan my vriend se dogtertjie wat ontvoer is en begin weer bid vir ‘n kosbare vriend wat baklei vir sy lewe in die hospitaal. Dis dan dat mens besef hoe geseend jy werklik is.
Die Here se planne met ons is nie ons keuse nie. Hy het ons pad bepaal. Niks wat ons kan doen gaan dit kan verander nie. ‘n Vriendin het eendag vir my gese dat sy sien God soos volg: Hy het ‘n groot hand wat Hy in die vorm van ‘n bakkie hou. Binne in die bakkie is sy en al God se kinders. Omdat Sy hand ‘n bakkie vorm kan mens val maar jy sal NOOIT uitval nie. Jy is veilig daar in Sy palm. Hoe wonderlik is dit nie. Ek besef dan weereens dat al wat ons kan doen is browse deur ons dag en hoop op geluk en liefde. Die res is alles bysake.

imagesK9TT3QCH
Daar is niks wat mens kan doen aan die verlede nie maar die toekoms………… dis hy waaraan jy kan werk. Jy kan hom hammer en timmer en hoop dat aan die einde van die jaar kan jy se jy het darm ietsie bereik van dit wat jy gehoop het om te doen.
Ek wil jou graag uitdaag en aanmoedig. Kyk om jou rond. Sien die voeltjies in die lug. Kyk na die kinders wat speel. Vat jou man se hand en stap in die winkelsentrum, so what hy is jou man jy mag. Koester jou ouers want tyd is kosbaar. Spandeer tyd saam met hartsmense en deel jou lewe met die wat saak maak. Laat jou lei deur jou hart en die woord van God. As mens die jaar so kan ingaan en deurstap kan dit net een einde he: GELUK HOOP EN VREDE.
Mag almal ‘n geseende en vreugdevolle 2020 ervaar. Mag jou drome waar word en jou hart oorloop van guns.

Uitreksel van ‘n kosbare gebed. My voornemens vir ‘n ieder en elke.

hoop4

“Abba Vader, ons liefste liefste God
U is so spesiaal vir ons
U is ons hele lewe Pappa God
U is ons alles
U is ons rede vir opstaan
U is ons rede vir aangaan
U is vir ons so vêr by spesiaal verby
Woorde sal nooit rerig kan sê
U is alles vir ons
U is ons Anker Heer
Soveel, soveel hoop in ons harte
Alles net omdat ons weet U leef
Omdat U leef
Hoef ons nie vir môre bang te wees
U is alreeds daar
Ons weet U wag vir ons
Die beste Vriend het U aan ons gegee
Om ons te lei
Om ons te leer
Heilige Gees, elke dag is Hy baie naby
Wat sou ons ooit sonder U in ons lewens doen?
Pappa-Vader dit is U wat alles die moeite werd maak
U gee aan die lewe nuwe sin
Maak dat ‘n mens wil opstaan en weer probeer
Vader kom leer ons asseblief
Meer van U waarheid
Help ons om te glo soos U glo
Help ons om te sien wat U sien
Help ons om sterk te staan
Teen die aanslae van die vyand
Help ons om ‘n verskil te maak
Waar ons ookal beweeg
Vader ons wil hê U moet rerig
In ons leef
Ons wil nie hê dat die ‘eie ek’ in ons harte
Ooit moet koning kraai
Vader asseblief vat alles in ons vir U
Vat ons hoogmoed en gee aan ons U nederigheid
Vat ons trots en vervang dit met U liefde Heer
Vader ons vra wees asseblief altyd die Koning oor alles in ons
Ons wil nie weghardloop nie Vader
Ons wil in U liefde en waarheid bly
Ons wil hê U lig moet in ons leef
Ons wil hê U alles moet ons s’n wees
Vader neem ons begeertes
Smagtinge en liefde
Vir hierdie wêreld
Neem dit alles vir U
Ons wil nie hê dat enige iets
Ooit tussen ons en U moet kom nie
Vader ons wil hê dat U in alles
Altyd nommer 1 sal bly
Asseblief Hemel-Vader
Moenie toelaat dat dit ooit gebeur
Dit sal ons harte breek
Niemand – nie eers ons – verdien U plek van eer
Daarom Vader kom buig ons laag
Voor U Troon
Vader ons vra … dit is ons grootste, grootste gebed
Hou ons asseblief trou tot op die end
Doen altyd alles Vader
Om seker te maak
Ons en U bly waarlik EEN
Nooit maar nooit wil ons U net met ons lippe dien
Ons wil hê ons harte moet altyd buig
Ons wil hê ons harte moet altyd bly getuig
U is God
En gee in liefde en soveel genade vir ons om
Omdat U leef
Bestaan ons
Nooit ooit wil ons in ons eie harte
Hoër as U en U wil en planne vir ons wees
Vader ons vra
Laat U planne en wil deur ons geskied
Vat ons werke en koninkryke baie vêr van ons af weg
Al wat tel U s’n want dit is al een wat tot in ewigheid sal standhou
Ons gee U ons alles Vader-God
Niks wil ons meer terughou
Van vandag af tot U ons kom haal of ons, ons koppe neerlê
Vra ons dat hierdie gebed ons behoud sal bly
In Jesus se wonderlike Naam
Vra ons dit Vader
En ons sê baie dankie
Daarby
Halleluja, tot in alle ewigheid
Jesus is die enigste, ware Koning
Vir altyd en altyd
En weer daarna
Amen.”

En vir die wat voel hulle is in daai donker donker put. Lees en bid die gebed. Kyk op en onthou jy is nie alleen nie.

hoop5

“Dis vandag my Heer en hemelse Vader, wat ons, ons tot U wend.
Vader, ek bid baie spesiaal vir een en almal wat vandag sit met probleme, wat die oorsaak mag wees van hartseer en verdriet.
Vader, U sien al die hartseer en pyn raak, Here tans voel dit of ons in n bodemlose put rondswem,
Here my gebed is dat U een en elkeen wat vandag bodemloos rondswem uit daardie put sal uitlig, deur U sterk kragtige arms onder hulle in te druk en hul optel.,
Vader, sodat hul weer sal kan hoop, glo en vertrou, vetrou dat U Woord hul wapen en krag teen die aanslae van die vyand is en sal wees.
Vader, net so ken U elkeen se smart van hartseer en verdriet, maar Vader U, sal vir elkeen van ons genesing bring, waar daar redding sal plaasvind, wat vir ons die oorwinning van vrymaking sal wees, in ons lewens.
Vader, dankie dat U ons seen met U, krag van wysheid en U liefde,
Dankie vir U genade elke dag,
Vader baie dankie dat ons ook vandag deur die regte kanale met U in aanraking mag kom.
Ons loof U o God want U is wonderbaar.
Amen!”

hoop7

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s