Breek die stilte

mis1

Soos die tyd verloop word kinders groot. By geboorte is hulle die oulikste van die oulikste. Ouma’s, oupa’s, oom’s en tannie’s wil hulle net woorde leer. So klein en broos as wat hulle is, is hulle laggies aanstekend en so kosbaar en rein. In hulle oë is alles nog splinternuut. Die uitkyk en prentjies het soveel kleur en die geluide is asemrowend mooi. Alles moet ontdek word. Niks kan verbygaan wat hulle nie by naam kan ken nie. Hulle is ‘n konstante bron van inligting wat ingeskryf moet word. Hoe meer hoe beter. Soos hulle groter word word die vrae meer ingewikkeld. Die feite moet meer korrek wees want ons maatjie Google is mos daar om ma en pa tog al te graag verkeerd te bewys. So word ons kinders groot. Hulle is gedurig besig om iewers iets te leer.

imagesODAJ0HH4
Goed of sleg sal bepaal wie hulle is. Die voorbeelde wat ons stel vandat hulle klein is vorm hulle in hulle menswees en waardes. Dis so maklik om ‘n klein seuntjie se hele lewe te verander met woorde van: “vat jou bababoetjie en ander boetie in die kamer in. Sluit die deur en maak net oop as mamma se jy moet.” Die vrees en angs is iets wat vir ewig by hulle spook. Dan die vraag van pappa hier is ‘n seuntjie in my klas wat sê hy gaan nou ook my boetie wees. Watter babelse verwarring moet dit nie net veroorsaak nie. Ander is weer nie so gelukkig nie. Hulle word fisies geslaan en verniel van binne en buite. Buite kan mens ‘n pleister plak maar binne……….

mis4
Daai is seer wat nooit regtig gesond word nie. Mens dink dit het maar op ‘n dag kruip die uit sy gat. Tydens ons 16 dae van aktivisme wou ek graag iets skryf oor die emosionele verwaarlosing van ons kinders. Ek het ongelukkig nie die regte woorde gehad tot vandag nie. Meeste van ons het kinders. Verskillende ouderdomme en die jongste is mos maar altyd die windgat. Ek glo kinder reageer soos hulle geleer word en wat hulle sien by grootmense. So as ‘n kind sien grootmense sit en gesels en vloek en skinder word dit vir hom normale gedrag. ‘n Kind wat byvoorbeeld moet hoor hoe sy ma nooit iets reg doen in sy pa se oe nie sal weer voel hy moet haar beskerm want pappa doen dit nie.
Enige gedrag begin by speel. Maar wanneer verander speel na dis nou genoeg. As mamma vir pappa 80 maal se nee hou op en hy hou aan. “Maar mamma pappa hou dan aan so ons moet ook”. Wat word nou eintlik hier geleer.

images680KPD1G
Kinders is baie broos. Veral kinders wat baie introvert van geaardheid is. Hulle is bitter sensitief op woorde en dade. Goed pla hulle ook gewoonlik baie veral as hulle dit nie kan verstaan nie of dink dit is heeltemal verkeerd. ‘n Kind wat introvert is hou nie van kritiek nie want dit partykeer al wat hy kry en al wat hy hoor. Jy mag nie nog ‘n chippie kry nie hier kom mense. Jy mag nie nou weer iets drink nie hier kom mense. Jy moet kyk waar jy loop voor jy die goed breek. Maak oop jou oe. Jy is te stadig. Jy kan nie dit doen nie doen eerder dit(hoe moet hy anders leer as hy nie probeer nie.)

imagesRFYTPXTW
Dan is daar ander woorde: ek gaan jou bliksem, moer of donner tot jy dood is as jy nou weer…….., of gryp aan die hempkraag en trek hom in die huis hy wil mos. Afbrekende byname vir as ‘n kind bietjie laatslaap in die vakansie, of konstante aanmerkings oor sy gewig.

mis2
Wat maak ons. Ons kinders is ons geskenke van God. Hulle is aan ons gegee om vertroetel te word. Ja hulle is nie engeltjies nie. Maar daar is ‘n gesegde wat se toon aan my respek en ek respekteer jou. As ek jou 3 maal groet en jy groet nie terug nie moenie more kwaad wees as ek dit nie weer gaan doen nie. Ons kinders word groot met soveel dinge. Hulle word letterlik groot gedruk deur die lewe en sy omstandighede. Hulle kan nie verhelp vir die pad wat hulle moet stap saam met ma en pa nie.
Ons as ouers moet waak teenoor dit wat ons doen en se voor ons kinders. Ons voorbeeld bepaal wat hulle gaan word eendag. En as ons nie ons kinders beskerm teen emosionele verwaarloosing nie, wie gaan.

imagesHXC3SGQJ
Hoe dink jy sal ‘n kind se gedrag elke dag wees as pappa hom bly dreig dat hy hom gaan slaan. Dieselfde kind word nog gespot omdat hy in die vakansie nog bietjie laat le tot mamma opstaan. Dieselfde kind wat sy boeties moet bloulek om saam met hom games te speel sodat hy ook net bietjie kan deel voel van hulle. Dieselfde kind wat so graag buite wil help bou en breek maar bang is want hy doen altyd iets verkeerd. ‘n Kind wat dan in die kamer in hardloop en se mamma is daar nie pilletjies wat ek kan drink sodat ek heeldag kan slaap nie want niemand soek my by hulle nie. Ja hy was stout. Toe hy en sy boetie gespeel het het hulle geraas, hy wou ook bietjie van die moeiliker werk doen soos ouboet en nie net die maklike werk nie want hy is mos ook groot en sterk, ek sou ook kwaad raak. Kan ‘n mens die kind blameer as hy opstandig is of ‘n houding het of kwaad is vir die wereld. Kan mens hom straf en se jy bly nou heeldag in jou kamer. Want as jy mooi dink wie het die gedrag gevorm?

mis5
God het aan ons kinders geskenk. Die kosbaarste besittings. Hy het ons maak belowe om hulle lief te he en te versorg. Hulle te leer in dit wat reg en verkeerd is. Hoekom is dit dan so moeilik om dit te doen. Hoekom is dit so moeilik vir ‘n ouer om ‘n kind in hulle arms te vat en te se ek is lief vir jou nes jy is. Hoekom is dit so moeilik vir ouers om op ‘ n bed te gaan sit en jou kind te vra wat is fout.
Ons gejaagde lewens gaan nie vir ons ekstra tyd koop met ons kinders nie. Dit gaan nie sorg dat hulle goed grootword nie. Ja dit kan sorg vir geskenke ens maar dis al wat dit is. Geskenke.

mis7
Maak bemoeinis met jou kinders. Gee hulle drukkies en vertel hulle hoe lief jy hulle het. Verseker hulle dat hulle nie mislukkings is nie en nog die hoogste hoogte sal bereik. Leer hulle van GELOOF HOOP EN LIEFDE.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s