KersTYD

kers4

Dis kersdag. Die geboorte van die Christus kind, Jesus. Soos ek hier sit en luister na almal wat rustig slaap kan ek nie help om te dink aan die jaar wat verby is nie.
So baie kan gebeur in ‘n jaar. Op facebook word ons gereeld herinner aan foto’s en plasings wat ons gemaak het. As mens so na die foto’s kyk begin mens besin oor dit wat was.

kers3
In ons almal se lewens kom en gaan daar mense. Ons ontmoet mense wat God op ons pad geplaas het om ons lewens te verryk. Die vriendskappe is nie altyd blywend nie. Partykeer maar van hulle jou diep seer. Mense wat jy beskou het as hartsmense draai hulle rug op jou en lewer jou uit aan skindertonge en waarhede wat hulle sien as reg. Ander kan kilometers ver weg wees en jy weet dat afstand maak geen verskil nie.
Ek kyk na my kinders en besef hoe geseend ek werklik is. Al is daar nie groot geskenke onder die boom nie. Al is daar nie fancy bome en die skitter van tonne kersliggies nie skyn daar wel een lig helder, liefde. ‘n Sielkundige het eendag vir my seun gese hy moet onthou die liefde is ‘n ketting. Dit kan roes, lelik raak maar die kettings sal vir ewig aan mekaar geheg word. Al skei die lewenspad vir mense soos mens ‘n eier sou skei bly daar altyd ‘n deel oor wat mens kan gebruik. Party dele is lekkerder as ander en ander moet gebeur om jou te vorm in die mens wie jy vandag is.

kers1
Dis snaaks as mens bak en brou is bestandele net bestandele. Maar kyk na jou lewe. Uit hoeveel bestandele bestaan jou lewe werklik. Watter bestandele kan jy verander of vervang met iets anders en watter is werklik onmisbaar. My pa het my gevra kan ek dalk tamatie konfyt maak en my antwoord was hoekom nie. Ja dis nie maklik nie. Dit kan flop en een groot pot tamaletjie wees maar ek gaan nie weet as ek nie probeer nie. Dis die lewe. Ons wil partykeer in ‘n comfortzone leef. Daar waar dit veilig is. Maar hoe gaan jy weet wat God vir jou bepaal as jy nie waag nie. Die kersdag en jaar het my geleer wie nie waag nie wen nie. Partykeer moet mens die onbekende aanpak om jouself te vind en net weer jou kompas te verstel na die ware noord, God.

kers2
Op kersdag vier ons die geboorte van Jesus. ‘n Dag waarop ons christine geseen is met die beste geskenk ooit. ‘n Verlosser en koning. Tamaletjie of nie, jou lewenspad is klaar bepaal en jou tyd hang van jou af. Die keuse van hoe jy dit aanpak is in jou eie hande. God verskaf aan ons alles wat ons nodig het. Hy verskaf ons egter soveel meer. Hy vergewe ons nog voor ons die simpel goedjies gedoen het waaroor ons nou le en top. Dit help nie mens bly in die verlede nie. Tyd staan nie stil nie. Maak nie saak hoe groot jy is nie.
‘n Vriend van my is ‘n ware boerseun. Groot, sterk en stewig. Sy hande die van ‘n reus. Deur hom het God ons weereens gewys dat daar waar hy nou op sy siekbed le maak dit nie saak hoe groot of hoe klein ons is nie. Jou hart, jou siel en jou fondasie is al wat tel. Ja daar is herinneringe. Ja daar is nie altyd net die regte besluite nie. Foute word gemaak. Dit belangrikste is die les wat jy leer. Staan jy op as jy val of bly jy net le?

blog 2
Op kersdag vier ons liefde en omgee. Hoekom net eendag. Gebruik elke dag om dankbaar te wees vir alles wat jy het. Groot en klein. Gryp elke geleentheid aan al is dit hoe angswekkend en onbekend. Jy gaan nie weet as jy nie probeer nie en wat as is iets wat erg kan knaag. Maak elke dag kersdag. Kersdag is die geskenk van medemenslikheid, die geskenk van jou tyd en omgee. Dit kan nie gemeet word in geldwaarde nie. Die waarde wat dit wel het is partykeer so onskatbaar dat jy nooit sal besef die lewe wat jy aangeraak het nie. Die gebaar van omgee kan maak en breek.

untitled
Gee van jou tyd. God het Sy seun gegee vir jou en vir my. Watter groter geskenk is daar nie.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s