Jou reus

 

giant1Op ons almal se lewenspad kom ons af op ‘n reus. Dis die een persoon wat die impak maak wat jou lewe en uitkyk kan verander. Ek het die eer gehad om saam met so persoon te werk. Oelie was die tipe persoon waarvoor die kinders ongelooflik bang was. ‘n Ware boerseun. Groot, stewig en met die hande wat die merk mag los. Hy was die personifikasie van ‘n reus.

giant4
n Reus verwys na ‘n mitologiese wese, met die kenmerkende eienskap dat hy uitsonderlik groot is. Ons dink byvoorbeeld aan Jan en die boontjierank. En dan onthou ons die bybel storie.
Een van die bekendste verwysings na ‘n reus is in die Bybel in 1 Samuel 17:1-54 opgeteken. Hier kom ‘n jong seun, Dawid teen die reus Goliat te staan. Dawid verslaan Goliat deur hom met ‘n klip uit sy slingervel teen sy voorkop te gooi. Toe die Filistyne dit sien draai hulle om en hardloop weg. Die Israeliete sit hulle agterna en wen die geveg.

giant2
Hoe wonderlik om te weet dat maak nie saak hoe groot of hoe klein jy is nie jy kan ‘n impak maak. Reuse se voetspore is geset. Dis daar om te bly. Hulle voorbeeld en lesse wat hulle jou leer is iets wat kosbaar is. Soos die reus se goue eier. Maar die een ding wat ek al geleer het van ‘n reus is dat al is hulle hoe groot, hulle harte is bitter klein. Dis wat hulle so uniek maak. Dis asof hulle van daar hoog bo ‘n beter uitkyk het op die wereld. Hulle insig en raad is altyd tot die punt en reguit. Hulle draai nie doekies om nie en noem ‘n spade ‘n spade.
Daar is egter ook nog ‘n ander tipe reus wat ons ken. Die olifant. “Die reus met die handige neus! Sy slurp is in werklikheid ’n verlengde neus, maar dit werk boonop uitstekend soos ’n arm en ’n hand. En al is die olifant so ’n groot en logge dier, toon x-strale dat hy eintlik op die punte van sy tone loop…”. ‘n Olifant bring jou tot stilstand. Hy bekyk jou en staar jou aan. Hy oorweeg sy bewegings. Maar een van die mooiste kenmerke is hulle beskerming van die trop. Hulle sal hulself altyd in die pad plaas van gevaar as dit beteken hulle kan hulle trop red. Niemand mors met hulle nie.

imagesC2J89BGV
Dis die tipe reus wat so brood nodig is in ons lewens. Daai een persoon wat altyd daar is. Die persoon wat met jou reguit praat. Luister, raad gee en jou toelaat om jou eie besluit te neem. Hulle los jou nie dan aan die genade oor nie. Hulle staan jou by. Al gebeur die verkeerde ding en die besluit was verkeerd los hulle nie jou sy nie. Hulle is altyd daar. Jy kan net die telefoon optel of in die kar klim.
Maar ongelukkig kan reuse nie vir ewig lewe nie en is hulle net so kwesbaar soos ons. Partykeer meer as wat ons is. Omdat hulle so onbaatsugtig gee skeep hulle 99% van die tyd hulle self af. Hulle gee onvoorwaardelik. Hulle verwag niks in ruil nie. Maar dis die beste van ‘n vriendskap met ‘n reus. As hulle val kan jy ook daar wees. Hulle besef dan wie waarlik daar is vir hulle en met hulle klein hartjies besef hulle die invloed wat hulle gehad het en nog het.

giant3
Reuse is kosbaar soos perels en bitter skaars. As jy die kans het gee jou reus ‘n drukkie, ‘n boodskappie of net ‘n glimlag. Laat hulle altyd weet hoe spesiaal hulle is en dat hulle altyd diep binne jou ‘n plekkie het wat net hulle kan vul.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s