Die tyd is NOU, die middel is JY

kers3

Dis weer die tyd van die jaar. Gedurende die dae begin mens beplan aan kersetes en geskenke. Die gedagtes dwaal terug na alles wat die jaar afgespeel het en wat alles gebeur het.
Dis snaaks hoe mens begin kyk na dinge. Klein goedjies word raakgesien. As mense geskenke gaan koop dan is ons geneig om te dink aan alles wat die persoon gedoen het deur die jaar en dit op ‘n manier bepaal wat die geskenk is en hoe duur dit is. Vir party mense is dit die maklikste ding om te doen en vat tyd met die keuse van elke geskenk vir elke persoon. Vir ander is dit ‘n gryp en hol aksie want daar is nie tyd nie. Daar is soveel wat gedoen moet word en tyd is kosbaar en min voor kersfees.

kers5
In die tye raak die ware betekenis van kersfees verlore. Tydens ‘n gesins geselsie sit ons en lag en skerts oor die advertensies op die TV. Binne my is ‘n warboel van gevoelens en gedagtes, soos ek seker is by baie van ons ouers is die tyd van die jaar. Die jaar was rof en nie maklik nie. Soveel het gebeur. Die jaar is geskenke koop nie ‘n prioriteit nie. En dis toe dat die een van die seuns vir ons sê: Maar mamma dit gaan nie oor geskenke nie. Ons is almal saam en dis al wat tel. Binne my wil ek breek. Hoe het ek sulke “insightfull” kinders. Sonder om te blik of te bloos is hulle nie in die minste bekommerd oor wat onder die klein kersboompie is nie. Vir hulle is dit genoeg om net as familie saam met mamma, pappa en ouma hulle te wees.

kers6
Daar is soveel mense wat hulp nodig het. Ons is so toegesluit vir dit wat met ons gebeur dat ons nie altyd ander se seer sien nie. Woorde sny baie keer dieper as die skerpste mes en los dan wonde wat nie maklik genees nie, veral die tyd van die jaar. ‘n Vriendin gesels met my in die week oor ons wat as gemeenskap partykeer nie die son oor ‘n ander laat skyn nie. Ons kyk nie na die agter die skerms nie. Party mense se omstandighede is duister en nie almal loop met hulle harte op hou moue nie.

images1M73VXJM

Party mense hou dinge en seer so toegesluit dat min werklik weet wat binne aangaan. Die maskers wat hulle dra is so goed dat mens nooit sou kon raai wat onder lê nie. In die tyd wil ek ‘n beroep doen op almal. Voor jy jou volgende geskenkie koop of planne uitwerk kyk om jou rond. Ek se nie maak jou beursie oop en gee geld links en regs nie. Gee van jouself. Die woordjie hoop. Die teken van liefde en omgee dis soveel meer werd as goud en silwer. Die drie wyse manne het geskenke van goud, silwer, wierook en mirre gebring. Dis al wat hulle gehad het en het soveel meer beteken.

kers4
Tydens die tyd vertel ons altyd die storie oor die geboorte van Jesus. En hier sit Josef en Maria in ’n eenvoudige stal en wyse manne bring na Baba Jesus persente van goud, wierook en mirre. Wat sê die persente van die Een vir wie hulle dit bring?

images7NO1PFQW
Goud, want Hy is die Koning. Wierook, want Hy is God en moet vereer en aanbid word.
Mirre, want Hy het gekom vir die sterflike mense sodat ons nooit meer hoef vas te kyk in die gebalsemde liggaam van dooies nie. Daardie Babatjie is die Koning van die heelal! Daardie Babatjie is God! Daardie Babatjie is gebore om te sterf, en gebore om op te staan. In daardie drie geskenke word byna die hele evangelie saamgevat!
Goud – Wierook – Mirre. Koning – God – Mens.

kers2
So word hulde gebring aan die Koning van Konings met die mees allerdaagse geskenke beskikbaar. Kersfees gaan nie oor wie die meeste het nie. Dit gaan nog minder oor die mooiste. Dit gaan wel oor die “hart” van die geskenk. Al die geskenk groot of klein, ‘n blokkie steenkool of ‘n stukkie sjokolade. Op die ou end van die dag is dit die daad. Daar was ‘n paar jaar terug ‘n film waar die ouers vir kinders elkeen ‘n koevertjie gegee het vir kersfees. Binne was ‘n uitknipsel van wat hulle graag wou he met die woorde ‘ I owe you’. Dis die gedagte. Die daad.

images4PL410BB
Mag God hierdie Kerstyd die wêreld deurweek met sy teenwoordigheid. Mag Hy ons oë open om werklik te kan sien hoe en waar Hy besig is om te werk en sy koninkryk te laat kom. Mag die persente van Kersfees en die vreugde wanneer ons dit ontvang en uitdeel ons herinner aan die eer en die lof wat aan Hom behoort. Mag die dag gevul wees vol liefde en vreugde. Laat die liefde vloei deur jou elke sekonde van elke dag. Amen.
Die tyd is nou en die middel is jy

imagesBE1V63AB

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s