Bakstene van die lewe

imagesDKTZ9NQT

Dis nie altyd maklik om te oorleef in vandag se tye nie. Elke minuut van elke dag bring sy eie uitdagings. Ons sintuie vir oorlewing is in “overdrive” want oorleef dit moet ons.
Ek lees facebook posts en kyk na nuusberigte. Dis skokkend om te sien hoeveel seer daar buite is. Mens sit elke dag en dink net aan jou eie hartseer. Jou eie struikelblokke. Jou gat lyk partykeer vir jou so diep dat jy nie dink jy ooit weer bo gaan uitkom nie. Waar is die lig? Wanneer kom die hulp? Dan lees jy van ‘n barmhartige samiritaan wat ‘n vrou in kraam by die hospitaal kry. Van boere en besighede wat hande vat en saam staan teen droogte en verdriet. Mens sien die bemoeding in die woorde van ander.

imagesYOM8HXJI

Maar ongelukkig is almal nie so nie. Daar is diegene wat met hulle haat wil oorneem waar die goeie geplant is. Die bybel stel dit duidelik in Galasiers 6:1 “….wanneer iemand in die een of ander sonder verval, moet julle wat deur die Gees gelei word, daardie persoon nederig reghelp. Wees baie versigtig dat jy nie ook versoek word nie.” En hierin le ons ondergang.
Ons is so bang om betrokke te raak. Ons oordeel eers en dan probeer ons, as dit ons pas, om ‘n ander te help. Ja, ek weet in vandag se tye is vertroue en geloof nie maklik nie. Elke dag word ons geduld getoets. Ons word oorweldig met alles wat sleg kan gaan. Ons sien net ons eie potjie raak.

imagesLABA2BST
Dis dan wanneer die mooiste reenboog verby gaan sonder dat ‘n mens dit raaksien. Dit kon juis daai reenboog gewees het wat jou antwoord was. Ons geneigdheid om net te fokus om die hier en nou is besig om ons in ons eie werelde toe te gooi onder selfsug.
Almal kry op sy of haar manier swaar. Nie almal loop met hulle harte en gevoelens op hulle moue nie. Vir party is praat moeilik want jy wil nie veroordeel word nie of erger verwerp word nie. Jy bly stil. Jy bloei binne. Die wonde is nie sigbaar vir ander nie. Die oordeel en waagstukke is te groot.

blokke4
Gelukkig is ons geseen met familie en vriende wat jou kan dra. Jy word gebless met daai rare vriendin, wat al is sy kilometers ver weg, sy weet wanneer jy seer het. Jy word gebless met mense rondom jou wat jou optel as jy val en jou geloof versterk met hulle sin.
‘n Dag is nie maklik nie. Om in iemand anders se skoene te loop nog minder. Kom ons probeer om tydens die tyd, al is dit net vir 1, ‘n verskil in iemand se lewe of dag te maak. Jy sal verbaas wees wat ‘n kopknik, drukkie of thumbs up kan doen.

blokke2
Die beste wat ons kan gee vir mekaar is om van onsself te gee. Dis so maklik maar tog so moeilik. Probeer die mure afbreek al is dit een baksteen op ‘n tyd en saai jou saad en oes die vreugde en vrede van God. Jy is net so spesiaal vir Hom soos ek en al Sy ander kinders. Verbly jou in die wete dat daar iemand is wat jou raaksien en jou pyn verstaan. Al sien jy hom of haar nie nou raak nie is hulle daar. Die skadus kan hulle verbeur maar JY is SIGBAAR en GELIEFD.

blokke1

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s