N ope hartsroep

Soos ek hier sit met gedagtes en gevoelens in n warboel dink ek terug na die verlede. Mense stap in en uit n mens se lewe. Hulle sien jou huis en alles wat jy wil he daar moet wees. Jou binneste huis word versteek. Die huis waar jy wense en drome bere.

Dis nie maklik om kinders groot te maak nie. Veral nie 3 seuns nie. Ek is n trotse ma van 3 pragtige jong mans. Daar isin wat weet watter opofferings ek moes maak en die pad wat ek moes stap. 12 jaar terug toe staan ek met n pap baba, peuter en kleuter en wonder hoe gaan ek dit doen. My kinders het nie die name brands gehad nie. Pep was hulle winkel en Nike wel n droom. Verjaarsdae, kersfeeste en ander dae was spesiaal gemaak met liefde en omgee.

Dit laat mens net weer besef met kersfees om die draai dat dit nie gaan oor geld nie. Die nametag en brandname is vir my kids n bysaak. Die pad was en is nie maklik om te loop nie maar een ding wil ek duidelik stel. As jy dink jy kon dit beter doen, be my quest. My kinders is geleer dat mooi speelgoed aardse goed is. Liefde is kettings van yster wat nooit sal breek nie. Met min is die pad gestap, met min word die pad nogsteeds gestap en al is die toekoms ook hoe onseker weet ek dat ek vanaand my oe kan toemaak en weet ek het my kinders vandag gegee wat ek kon. Hulle is versorg en geliefd.

Vir jare het ek altyd vir ander gegee. Ander voor myself gesit. Hulle opgetel en opgebou. Ek het nog nooit van enige iemand iets terug verwag nie. Dit was gedoen met liefde en omgee. Vandag sit ek en dink hoeveel keer ek oor die jare teruggeklap is in die spreekwoordelike gebaar deur sogenoemde vriende.
Mens kom op n punt in jou lewe wat jy voel jy moet hart skoonmaak. Jou lewe bekyk en jou pad herroep. Ja ek het tonne foute gemaak. Almal maak foute want niemand is perfek nie. Wat belangrik is is dit wat oorbly. Die gebare en woorde wat partykeer dieper sny as n mes maak dood binne. Soos die bloed uit daai wond vloei om te genees wonder ek hoekom ek? Wat het ek gedoen om soveel seer te he?

Dis in die tyd wat ek weet daar is net een plek om heen te gaan. Daar is net een persoon wat weet.

Pappa Vader ek bring vanaand almal na U toe wat soos ek voel. Moeg, platgeslaan. Wat voel hulle het nie n huis of heenkome nie. Die wat sukkel en val en bloei. Pappa Vader tel almal op. Omvou hulle in Jou hand. Maak hulle wonde gesond en gee n oorvloef van blessings. Pappa by U huis weet ek is ons altyd welkom. Dankie dat ons kan weet dat wanneer ons op ons laagste is, U ons veilig hoog in U hande omvou.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s