Koeksisters

FB_IMG_15705579815325753.jpg

Jip julle lees reg. Koeksisters. Nou die vraag hoekom koeksisters. Wel dit het alles begin met die idee van ‘n boeremark in Panama en ‘n uitdaging van koeksisters bak so lekker soos my tannie sin.

So is gevra na die geheime resep met die hemelse bestandeel. Almal was gretig en reg vir die groot bak. Gaan dit werk? Hoe gaan dit proe? Gaan dit eetbaar wees? Dit het my laat dink aan die lewe. Hoe is ons almal nie maar gevleg soos koeksisters nie.

FB_IMG_15700723459814534.jpg

Die Here skenk aan ons elke bestandeel wat ons nodig het vir ‘n suksesvolle baksel koeksisters. Soos mens die meel en botter in mekaar vryf, vryf die Here ons in verskeie omstandighede. Hy gee vir ons die nodige bakpoeier om te reis na elke geleentheid. Soos ons die eiers byvoeg, die wit en geel, meng ons die deeg en vorm ons die brousel om die perfekte bal te vorm. Dis nie maklik nie. Die lewe gooi ons en knieg ons. Hy gee ons dan ‘n koel lappie om te rus en tot verhaal te kom.

FB_IMG_15707610770340685.jpg

Net sodra jy dink jy is reg gooi Hy jou in die warm olie en jy moet reis en bak. Hierdie is jou geleentheid om die perfekte kleur te gee aan jou toekoms en lewe. Dan sodra jy gewoont is aan die hitte beland jy in die stroop. Yskoud. Maar die stroop is nie net suiker en water nie. Dis nie net die soet nie. Die suur van die suurlemoen bring die smaak van heerlikheid. Jy word kan gegee om alles op te suig wat jy kan en dan is dit jou beurt om uit jou gemaksone te kom en jou volle potensiaal van koeksister wees te bereik.

Hoe jy proe word bepaal deur wie jy is. Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie. Dis glad nie maklik nie. Jy word gevleg en getrek. Partykeer voel dit vir jou asof jy nie meer kan nie en asof jy wens die aarde wil jou heel insluk. Dis dan wanneer die stroop van wie jy is deur jou vloei.

FB_IMG_15701554477563899.jpg

Dis die moeilike tye. Die trane. Op jou kniee met naaktheid voor God in die wete dat jy alles voor Sy voete kan le. Hy gee jou alle bestandele. Hy sorg vir die soet en sout. Hy sorg dat jy net reg gebrei en dik genoeg gerol word vir die perfekte, sappige koeksister.

Dankie Here dat ons kan weet voor U voete is ons veilig. U bring vir ons wat ons nodig het op die regte tyd soos deur U bepaal. Dankie vir die amazing God wat U is. Dankie vir U liefde en veilige vesting.

FB_IMG_15695520573210355.jpg

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s