Bokse

Ja julle lees reg. Bokse. Vierkantige voorwerpe waarin goed gebere of gestoor word. Items wat hierin verpak word word op verskeie maniere verpak. Of dit word net ingesit en versigtig toegedraai sodat daar nie skade aan die voorwerp kan kom nie.

rload

Wel, jou lewe is ‘n metaforiese boks. Dis huidiglik 3 uur in die oggend in Panama en ek het ‘n warboel van gedagtes. Gedurende die week het soveel gebeur dat mens sukkel om partykeer tot verhaal te kom.

grow6

Ek en ‘n vriendin het ‘n in diepte gesprek gehad oor die vooruitsigtige van ons toekoms. Gaan ons probeer om ‘n sukses hier te maak of terugkeer na Suid Afrika.  Dit het my laat dink aan ‘n boks. Jy sien in Suid Afrika is alles vier mure. Jou huis is so bewapen en toegesluit dat niemand ongewens kan inkom nie dat almal binne die huis veilig toegedraai is. Gaan jy werk toe of slegs na die winkelsentrums is jou boks se een flappie so klein oop dat jy kans het om terug te kruip indien daar gevaar is. Jou boksie bestaan dus uit jou gevoel vir veiligheid, geborgenheid en in ‘n mate geluk. Sonder so boks sou jy dit waarskynlik nie kon oorleef nie. Hier is dit alles egter die teenoorgestelde. Ons kan nie wag om uit die boks te kom nie. Kinders kan rondspeel in parkies. Jy slaap met vensters oop en as daar ‘n special is hoef jy nie om lewe en dood aan jou handsak te klou nie. Jy is veilig, jy is gelukkig. Dis egter moeilik om tot die verhaal te kom.  Mens is so gewoont dat alles eers gecheck moet word en dat jy heeltyd om jou moet rondkyk dat mens vergeet daar is lewe.

blog3

Ek sit en kyk uit op die woonstelle. Die liggies in die tuin laat my dink aan ‘n romantiese wandellaan. Die stilte laat mens tot verhaal kom en bring weer vrede in mens se hart en gemoed. So die vraag bly nog staan. Soos hulle sal se bly of gly. Ek kan regtig myself en my gesin nie meer in bokse sien nie. Ja in my hart is ek eg Suid Afrikaans maar Suid Afrika is nie meer ons Suid Afrika nie. Dis ‘n boksie met ‘n label: pasop.

imagesORBGEN1Y

Die Here vertel ons op verskeie plekke in Sy woord dat Hy ons op ‘n pad geplaas het. Hy het mense en totale vreemdelinge gebring om ons te help om van ons tog deur die woestyn van die lewe sin te kan maak. Elke persoon het sy rol om te vertolk. Een ding weet ek egter en dit is dat my God nie slaap of sluimer nie. Hy vermorsel die koppe van slange en beklee my elke dag met die sterkste wapenrusting wat Hy het. Hy omvou my en my familie en hou ons by Sy voete veilig. Soos die engelse se Home is where the heart is. My hart is hier. Dis nie maklik nie. Dis baie verlang en baie stres. Dis huil en aanmoedig en opgee en weer opstaan. Maar dan kom Sy woord. Kyk op en rig jou sig na My.

blog4

As jy voel jy is in boks vandag. Bekyk jou kante. Loer na buite. Sien die moontlikhede en onthou jy is spesiaal gemaak deur ‘n God wat nie foute maak nie maar ewebeelde van perfekte wesens. Hy het jou naam in Sy hand geskryf. Verander jou boks se adres. Kyk waar kom jy uit.

imagesBRVBSN4X

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s