Die “suur” van die lewe

lem1

Partykeer wonder mens hoekom dinge gebeur. Hoekom kan elke dag nie net verloop soos dit moet nie? Dit is die groot probleem want dit kan nie. Elke dag is vir ons gegee met sy eie opdraendes en tekortkominge. Soos die engelse gesegde gaan ”You get lemons to make lemonade”.

lem4
Vat nou maar daai ou lemmetjie. Klein groen en vrek suur. Dis elke dag. Dit begin klein. Klein takies wat gedoen word so dat die dag kan begin. Dan is die dag nog groen. Jy weet nog nie wat voorlê nie, nog minder wat met jou gaan gebeur. Jy is geplaas in die “blender” van die lewe. Jy word gepluk, opgesny en nou moet jy iets word.

imagesBRVBSN4X
Dit is egter jou keuse. Jy kan ‘n suur lemmetjie bly wat daai slegte nasmaak los, jy kan ‘n heerlike verfrissende lemonade word. Jy kan gebruik word om ander disse heerliker te maak.

lem2
Daai reseppie word bepaal deur jou. Dis egter nie so maklik met listige satan wat ook nog sy suurheid wil by sit nie. Probleempies lyk dan eweskielik soos die grootste berge wat verskuif moet word. Maar, as mens net bietjie suiker bysit, al is dit net n knippie is daai reus platgeslaan.

imagesBRVBSN4X
Ons is bevooreg. As chefs van ons lewens het ons ‘n Masterchef God, klaar vir ons die perfekte resepte gegee. Flatervry. As jong onervare kokke moet ons egter net genoeg geloof hê om ons te kan dra deur die bakproses.

lem6
Nie almal is n Gordon Ramsey of Jamie Oliver nie, maar die goeie nuus is jy hoef nie te wees nie. Jy is uniek gemaak. Jy is gevorm en gemaak in God se beeld. Jou naam is geroep nog voor jy n gedagte was. Dan het jou resep nog die beste bestandeel ooit ingesluit. Die bestandeel van 1 Kor 13. Die belofte dat God jou bakker jou nooit sal verlaat nie. Ja nie al jou disse gaan perfek wees nie maar dis ook okay. Die lewe is n leerskool. ‘n Kombuis waar resepte beproef en verfyn word. En soos my kinders altyd sê, partykeer is die floppies die lekkerste.

hope2
Dis al wat saak maak. Die liefde waarmee dit gemaak is, die geloof dat dit sal werk en die hoop dat almal dit kan geniet.

images7GD32WT4
Nou my vraag. Wat gaan jy met jou lemmetjies doen? Wanneer laas het jy jou resepteboek gebruik om te bak?

lem5
Neem jou resep, plaas jou bestandele op die tafel van die lewe en bak tot jy nie meer kan nie. Selfs dan is elke floppie tops.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s