Tyd

fb_img_1538164159473

Vanaand sit ek diep in gedagtes TV en kyk. More begin die skool en dis die begin van soveel nuwe uitdagings. Mens sit met die borrels binne jou. Aan die een kant sien jy uit na dit wat voorle en aan die anderkant is mens rustig bang vir dit wat voorle.

fb_img_1545946922827
Vandag is my man se verjaarsdag. Nog ‘n jaar wat hy vir ons geseen is en hoop dat die Here hom nog bitter baie jare vir ons sal spaar. So verloop die tyd. Niks staan stil nie. Ek dink aan die skrif wat se daar is ‘n tyd vir alles in die lewe. My gedagtes dwaal na ons toekomsplanne. My broer het onlangs geemigreer na Panama en ons gaan hulle volg. My vingers en gedagtes raak onrustig. Die vrae spring op. Is dit die regte besluit? Wat as dit nie uitwerk nie? Wat as dit ‘n reuse sukses is en ek my kinders die toekoms gee wat ek so graag vir hulle wil he en weet hulle nie hier gaan kry nie?

fb_img_1546023694760
Aanpassings is moeilik. En vrede maak met ‘n verhaal se einde nie maklik nie. Ek kyk vanaand saam met die kinders Avengers en die storie eindig glad nie soos hulle wou nie en dadelik is hulle woedend want hoekom eindig dit so sleg. Nou moet hulle wag vir die opvolg en dis “unfair” dat die helde nie die geveg wen nie.

fb_img_1543331774113
Dis die lewe. Elke dag het sy eie pad. Elke dag het sy eie uitdagings en oorwinnings. ‘n Goeie vriend vra my of ek reg is vir more en my antwoord was ek het rustigheid in my hart. Mens kom eendag tot die besef dat jy net vandag het. Dat elke minuut joune is en as dit verby is is dit verewig weg. Die rol wat jou werk en familie speel moet balanseer en die tyd saam met familie is kosbaar.

fb_img_1523007815672
In die stilte van die nag wens ek elke onderwyser sterkte toe met die jaar. Elke jaar bring sy eie opdraendes en die opdraendes raak partykeer net al hoe hoer en hoer.

fb_img_1541884999994

Struikelblokke en papierwerk raak berge soos vulkane wat wil ontplof van binne. Mag julle jaar geseend wees met ‘n passie van oneindige genade en liefde. Mag elke dag se uitdagings wees op die pad wat God vooruit gestap het. Mag jy jou wapenrusting aantrek in die wete dat jy ten volle beskerm is deur God en dat Hy jou paaie gelyk maak. Ons miertjies wat dwarrel om kennis in klein saadjies te plant om te groei in ‘n volwaardige oes sal beloon word in hoogte hoogtes.

fb_img_1532807824070

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s