Die toekoms is joune

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer mens begin terugkyk op alles wat jy gedurende die afgelope 365 dae vermag het. Dis ‘n refleksie op wie jy was en in wie se lewe jy spore geloop het.

imagesXEUBM07J
Vanaand sit ek en dink verder terug. Dink aan lewenspad wat gestap is. In my kinderdae was ek geseën met ouers wat hulle kinders alle geleenthede gegun het. Ek dink aan ‘n tyd toe ek in die hospitaal vir die eerste keer beland het en die dokters gesê het ek sou bitter moeilik swanger raak.

imagesU3SU41OE
My gedagtes gaan terug na my vrese om nooit te trou nie en nooit die titel “ma” te kon dra nie. Ek studeer op universiteit en ervaar alles van groot word en leer deur ander se eksperimente in hulle lewens.

21318872_1455649837888528_4750739382871573509_o
Ek trou en word ma. Nie net van een nie maar van 3 wonderlike seuns. Ek kom by verskillende stasies in my lewe verby. Ek reis na verskillende provinsies en werk by ‘n menige skole. Word vriende ryker in elke dorp. Beland op moedverloor se vlaktes met woorde van “Hoe maak ek 3 kinders alleen groot(my oudste was 4 en sy boeties 2 en 1)”. Ek word geseën met ‘n vriende wat weereens my lewe red op verskeie maniere.

verlede3
Soos ek vanaand hier sit dink ek aan vriendskappe wat getoets was. Bande wat gevorm het. Mense wat my gehelp het om deur die moeilikste tye van my lewe te stap met my kop hoog.

imagesDAW8Z74M
Ek dink terug aan die afgelope jaar. Sjoe wat ‘n jaar. Daar was meer opdraendes en struikelblokke as ooit. Mense wat mense verander in spiese in my rug. Vriende wat hulle skei van my omdat om in my omtrek te wees vir hulle ‘n kol op hulle plaas. Ek word gedruk, gestamp, gestoot en beproef. Vriende word nie meer vriende nie. Mense wat ek vertrou verander.

verlede1
Ja niemand van ons is onskuldig of perfek nie. Almal maak foute. Die ding is mens leer uit jou foute en jy dra nie ‘n wrok en hou boek van alles wat moontlik in die toekoms gebruik kan word om iemand se lewensboot te sink nie.

verlede4
Die vraag is nou wat van 2019. Die antwoord, niemand weet nie. Mens kan voornemens maak en beloftes saamstel en droom. Die enigste ding wat ek wel weet is ons almal se toekomspad in geskryf in die boek van die lewe en die outeur is God. Al wat ons kan doen is op ons kniee bly. Ons harte daagliks met Hom deel en weet dat ons nooit alleen is nie. Maak nie saak hoe hoog die berg is nie of hoe styl die opdraend nie Hy is daar. Jou naam is klaar in Sy hand gegraveer. Hy ken jou hart, jou drome en verlange. Hy weet wat goed is vir jou en Sy spore is altyd by joune. En daar waar jy net een stel spore sien is die tye wat Hy jou en jou bagasie gedra het.

verede2
Gooi weg vanaand alles wat pla en alles waaroor jy nie beheer het nie en weet dat God jou dra en by jou is. Elke minuut van elke dag. Maak Hom jou stuurman en sterrekaart en jy sal die hoogste hoogte bereik.
Voorspoed vir ‘n jaar vol God seëninge en tonne blessings.

imagesEQGAF3VU

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s