Onsekerheid en Hoop

FB_IMG_1515512126541

Dis weer die tyd van die jaar wanneer die onsekerheid oor die toekoms en die nuwe jaar weer stadig begin insluimer. Elke dag word ons gekonfronteer deur alles wat nog moet gebeur en kan gebeur. In vandag se ekonomiese tyd is alles een groot ONSEKERHEID. Soos elke ander dag het elke dag sy eie probleme. Party is groter as ander en ander is weer maklik oorkombaar. Die groot verskil is GELOOF en HOOP.

ON1
Die afgelope paar dae en weke is ons geloof beproef. ‘n Geliefde vriendin, kollega en ikoon wat altyd ‘n standbeeld van sterkte gaan deur ‘n bitter moeilike gesondheidskrisis. ‘n Ander vriendin se egskeiding is afgehandel en die nabetraging begin en die emosionele impak het nog nie ingesink nie. Waar kom ons uit? Wanneer gaan daar weer ‘n sonstraaltjie skyn in die eindelose donker gang.

ON2
NIKS is so hulpeloos soos ’n kind nie. Kinders is afhanklik van die leiding van hulle ouers. Hullle word beskut deur die liefdevolle arms van ouers en familie. As hulle val word hulle opgetel en pleisters word geplak. Trane word afgevee en die versekering dat hulle nie alleen is nie word oor en oor herhaal. Soos ons groot word het ons ons lesse geleer. Ons het ons koppe gestamp en besluite berou maar altyd vasgehou aan die geloof dat ons nie alleen is nie. Ja die onsekerheid sal en was altyd daar. Al wat nou verskil is die ouer aan wie ons vashou. En hier kom die groot stem op die skouer. Hoekom? Hoekom moet ek sukkel? Hoekom gebeur dit met my vriendin? Hoekom skuldig voel as dit ‘n beter lewe is vir my en my kinders.

images7XN1LPP3
Antwoord. As kind was dit maklik om jou ma en pa te glo want hulle kon jy sien. Hulle kon jou vashou en optel. God is in Sy gees by jou en hoe hou jy aan Hom vas? Hoe sien jy Hom? Deur te kyk deur ons harte en te sien in die lewe van voorbeelde van vriende. Dis spore wat elke dag deur die jare getrap is. Voorbeelde wat gestel is en ikone wat spore laat van die drie belangrikste woorde: GELOOF HOOP EN LIEFDE.
God gebruik sy profeet Jesaja: “Moenie bang wees nie, want ek is met jou. . . . Ek sal jou versterk. Ek sal jou werklik help. Ek sal jou werklik stewig vashou met my regterhand van regverdigheid” (Jesaja 41:10, 13). Hoe vertroostend is dit tog dat God altyd ons hand wil neem! Ons het geen rede om bang, of angstig, te wees nie! Al is Hy nie sigbaar nie voel ons Hom in ons harte. Ons weet Sy arms is om ons en Sy engele beskerm ons deur ons te omvou met Sy goedheid.

imagesWX6X52CK
Die psalm skrywer Dawid het ook soms onveilig gevoel. Koning Saul het hom jare lank probeer doodmaak. Dawid se lewe was dikwels in gevaar, en soms het hy gevoel dat sy probleme hom oorweldig (Psalm 55:3-5; 69:1). Tog het hy geskryf: “In vrede sal ek gaan lê en ook slaap, want u alleen, o Jehovah, laat my in veiligheid woon.”—Psalm 4:8.
Hanna sowel as Dawid het hulle emosionele laste op Jehovah gewerp, en hulle het gesien hoe hy hulle onderskraag (Psalm 55:22). Hoe kan ons dit ook vandag doen?
As mens kyk na dit wat ons het besef mens dat ons die een ding wat ons anker wegsteek en skelm lees. Iemand moet tog nie weet ons glo en vertrou op God nie. Dis juis dan wanneer jy die belangrikste boek moet afstof. Dis in daai minute en ure wanneer jy moet opstaan en sê: “God hier is ek. Ek is U sin. Maak my Joune.”. En dis dan wanneer ons moet verkondig en die kinders na Hom toe moet lei deur die voorbeeld wat ons stel.

ON3
Onsekerheid is ‘n vieslike ding. Hy bekruip jou en as hy vashou plek het dan los hy nie maklik nie. In die tye moet jy die wapenrusting aantrek en gereed wees. Die viand is net so onsigbaar soos God maar God se teenwoordigheid is verewig. Hy het reeds deur Sy bloed vir ons die geveg geveg. Al wat Hy vra is die geloof in Hom, die hoop dat Hy jou veilige hawe is en die liefde om uit te spreek Sy genade in jou lewe.
Spreek lewe oor onsekerheid. Glo in Hom wat die wêreld geskape het en weet jou naam is in Sy hand geskryf. Sy boek is verewig.

an3

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s