TYD VIR WERK

h3

Wat is werk? Vir party mense is dit ‘n daaglikse roetine. Opstaan, tandeborsel, hare kam, ontbyt, skool/werk en dan huistoe en eet en slaap. Vir ander is dit ‘n uitdaging. Dis die afwagting vir iets om te gebeur om die dag spesiaal te maak.

h4
Niemand is perfek nie. Niemand se hare is ooit perfek nie(jammer dames maar die wind waai en hairspray doen net soveel), grimering hou net solank al sê die label 24uur en lipstick vervaag soos die dag aanloop. Soms is ons lomp en struikel oor die probleempies van die dag. Ons wonder hoe die seertjies gaan afval en of dit regtig heeltemal gaan gesond raak. Party dae praat ons met die Here elke dag en ander dae is daar net nie tyd nie. Things to do and places to be. Maar daar is een ding wat wel altyd blywend is elke dag. God het ons lief net soos ons is. Hy aanvaar ons net soos ons is.

h1
Hy het lank voor ons al geweet watter spore ons gaan stap. Hy het op ons pad mense geplaas om die roete vir ons aan te wys. Hy het alles haarfyn beplan en gooi soms daai curve ball in om ons terug te bring na die aarde toe en te besef Hy is nodig in alles wat ons aanpak. Die beste les wat Hy ons leer is opstaan. Leer uit jou foute. Vergeet van gister en los more se worries vir more. Stap vandag die pad wat jy moet stap. Klim jou berg, swem jou rivier en glo jy sal oorwin.

h2
Dis jou werk. Dis ‘n konstante gesprek met God. Met ‘n Pappa wat altyd jou belange op die hart dra. Dis belangrik om te onthou dat die lewe gaan nie oor dit wat jy besit nie maar oor die impak wat jy gemaak het terwyl jy jou werk gedoen het soos bepaal deur jou foute1Vader.
Elke dag op pad werk toe verskaf God jou die lig vir jou pad(Psalm 119:105) Hy verseker dat jy jou werk kan vervul tot die beste van jou vermoe. Hoekom is dit dan so moeilik om te vertrou dat jy weet wat jy doen? Hoekom is dit so moeilik om jou kollega te vertrou om sy deel te doen? Antwoord is maklik, ons is mense. Mense met ‘n geloof wat wankel. Mense met ‘n idee dat ons weet wat beter is en ons dinge nou gedoen wil he. Hoekom dan nou wag? Vandag is so goed soos more.

h5
More begin ‘n nuwe skool kwartaal. Vir baie skole en personeel en leerders is dit net nog ‘n kwartaal. Vir ander is dit ‘n uitdaging. Hoe kry ek my leerders om die beste te doen wat hulle kan? Hoe maak ek hulle glo hulle is soveel meer werd? Deur die voorbeeld wat ek stel. Kinders leer deur wat hulle sien. God se duidelik bring die kindertjies na My toe en Ek sal hulle leer. Is dit tog nie waar jy geleer het nie? Is dit nie in die Bybel waar jy jou menswees en waardes ontdek het nie?

images83ZQ2PWD
Hoe maklik is dit nie vir ons om op te gee nog voor ons begin het nie. Onthou altyd die gesegde: “The giant in front of you is never bigger than the God who lives in you”. Vat jou swaard van kennis en geloof en staan op. Gaan werk toe gewapen met kennis en die uitdaging om ‘n verskil te maak. Begin met ‘n glimlag, ‘n hello hoe gaan dit? “It is never to late for you to become who you might have been” Dankbaarheid gee sin vir gister en vrede vir vandag en drome skep jou more.

take-initiative
Droom groot. Glo groot en leef voluit. God gee aan ons die krag om in alle omstandighede tevrede te wees, goed of sleg. Moenie toelaat dat kommer oor more se dinge jou vrede steel vir vanaand nie.

maxresdefault
Staan more op. Maak ‘n koppie koffie vol geloof. Sluk die liefde en vrede en pak die dag aan met ‘n huppel in jou stap omdat elke tree geseend is en gestap word saam met jou Pappa. Laat Hom toe om jou bootjie te stuur op die stil waters en die rowwe see. Hy is die beste Stuurman en Leidsman.

warriors-prayer-printable

One thought on “TYD VIR WERK

  1. Regtig pragtig jong, geniet jou opregtheid en eerlikheid, al val alles om jou uitmekaar, bly net vashou aan daardie rou, eerlike, afhanklikheid van ons Vader en jy sal altyd oorvloed beleef. Glo dat als ten goede sal meewerk en dan sal dit…altyd.
    Ek sien uit daarna om my onderwys loopbaan te hervat met christen broers en susters soos jy.

    Casper

    Like

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s