Vitamiene “see”

Dis skoolvakansie. Baie mense gaan met vakansie see toe. Die gesegde is hulle gaan vir vitamiene see sodat hulle die res van die jaar met meer gemak kan kom aanpak. Maar wat is die sogenaamde Vitamiene “see”?

vit4
Wanneer laas het jy ‘n paar minute vroeër opgestaan en gekyk hoe die son opkom? Wanneer het jy gaan stilstaan op een plek en geluister van die voeltjies in die boom en kiewiete in die veld? Wanneer het jy laas gespeel met die sand tussen jou tone, saam jou kinders modderkoekies gebak of karretjies in die sand gespeel? Wanneer laas het jy tyd gemaak vir jouself, jou siel?

vit3
Ons is so gewoond aan die gejaag van die lewe. Elke sekonde van elke dag is vir ons uitgelê. Ons lewens word bepaal deur die verloop van tegnologie en hoe dit ons dag beplan. Ons dagboeke is bepaal deur ons werk en verpligtinge. Daar word nie meer tyd gemaak vir saam eet om ‘n tafel nie of bid saam jou kind voor slaaptyd nie. Elke dag eet ons ‘n verskeidenheid van kosse. Kosse hou ons magies vol en ons liggaam gesond. Ons eet sekere groentes en vis en drink sappe.

imagesMWAZZHWW
Kyk maar na ons geliefde aartappel. Wat is nou nie lekkerder as ‘n pakkie slap chips met tamatiesous en sout en asyn nie. Die aartappel. ‘n Vet bruin groente. Maar tog bitter belangrik vir bloeddruk. Hoeveel keer ‘n dag verloor ons ons humeur oor ietsie kleins. Jak ons ons kinders of vriende af omdat ons geirriteerd is en tyd kosbaar is. Hoeveel van ons gebruik nie daagliks bloeddruk pille om ons bloeddruk te verlaag nie. Al ooit gewonder hoe die mense van ouds dit gedoen het. Maklik eet aartappels. Gesond natuurlik sonder die vet van olie vir daai heerlike slap chips nie.

vit5
‘n Gewilde vrug by die see is die lieflike geel piesang. Mmmmmm. Lekker in vrugteslaai net so of saam ‘n heerlike bak roomys. ‘n Paar interessante feite van die geliefde geel piesang: dit help met depressie en PMS(dames begin sommer vandag al baie eet). Dit verskaf breinkrag en manne dit help met babbelas. Die gewildste vrug by die see is ook die beste medikasie vir baie. Dit sit figuurlik en letterlik ‘n glimlag op die gesig by die see.
Vir tydverdryf van die mans mos graag vis. En glo dit of nie vis is gesond en vol protein. Dis hart vriendelik en help met breinontwikkeling.

vit2
So as mens na net die boonste paar voorbeelde kyk klink die see gesond. Dit verlaag bloeddruk, verskaf protein en maak seker jou brein kry die regte inligting. Wat sou die inligting wees? Rus my maat rus. Die een ding wat ons almal moet doen maar so min van ons ooit regkry.

kans4
Nou hoe kan ek dan nou rus as ek nie by die see is vir die vitamiene see nie. Maklik vitamiene see is ‘n brein ding. Dis tyd om stil te word. Die paar minute ‘n dag wat jy vat en net sit. Net sit en sê dankie. Dankie Here vir my vriende, my familie. Dankie vir die nuwe dag en elke sekonde se geleentheid om ‘n verandering te bring in iemand se dag. Dis die tyd wat jy vat en wegbreek in jou gedagtes na die plekkie waar jy gelukkig is. Dis herinneringe wat blywend staan en die dagdroom oor alles wat jy nog graag wil bereik. Jy ry in jou kar en stop by die verkeerslig. Jy kyk om jou rond en verwonder jou aan die mense om jou. Jy kyk hoe hulle met ander praat, hoe hulle saam met die musiek sing. Hulle gesigsuitdrukking laat jou dink aan alles wat jy het en wil hê.

vit1
Elke aand net voor jy jou oë toemaak begin jy dink aan dit wat jy nog wou doen en begin jy spyt raak oor die verlore tyd. Dis ‘n les vir die volgende dag. Die les om elke sekonde van elke dag aan te gryp en joune te maak. Om alles wat jy doen te doen asof dit die laaste ding is wat jy ooit sou doen.
So weet jy wat is vitamiene see. Dis JOU TYD. Die tyd wat jy neem om tot verhaal te kom. Die tyd wat jy neem om jouself van binne weer terug te bring na jou “centre”. Dis jou menswees kry en jou doel in jou lewe weer hersien.

images3U7WP1ON
Dit maak op die ou end van die dag nie saak of jy vakansie hou by die see of by die huis nie. Dit maak nie saak of jy met verlof is of by die werk is nie. Dis kosbare sekondes wat jy elke dag moet neem om te sê: hier is ek Heer. Maak my heel van binne. Gee my die nodige vitamienes om elke dag ten volle te leef in elke minuut deur U geskenk.
Tyd is kosbaar. Jou kwantiteit tyd is nie so belangrik soos jou kwaliteit tyd nie. Neem elke dag die gesing van die voeltjies in, luister na die gefluister van die blare en die roep van die kiewiet.

kans3
Geniet jou vitamiene see

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s