Foute is die lig vir more

Die afgelope paar dae en weke was ek en mense rondom my gebombadeer met alles wat kon verkeerd gaan. Fondasies wat ek gedink het stewig was het gekrummel en drome was aanskerwe. Eens op ‘n tyd het die vraag opgeduik in my gedagtes, hoekom probeer ek nog? Die vraag het geknaag. Dit was ‘n sirkelende gedagte wat gewag het vir ‘n antwoord.

imagesYLNUIVZ5
Foute is menslik. Niemand is perfek nie. Dis deel van die lewe en deel van die proses van leer.
Wees my genadig, o god, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! (ps. 51:3)

As die heerser vir jou kwaad word, moenie jou pos verlaat nie; kalmte voorkom groot foute (pred. 10:4).

Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom (jes. 53:5).

Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree … as julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (matt. 6:12, 14-15)

As jou broer verkeerd optree, berispe hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Selfs as hy sewe maal op ’n dag verkeerd optree teen jou en sewe maal na jou toe terugkom en sê: ‘ek is jammer,’ moet jy hom vergewe (luk. 17:3-4)

imagesFTR0RI2Z

Die Here stel dit duidelik in sy woord dat as ons val sal Hy ons weer optel. Waar ons een stel spore sien is dit waar Hy ons gedra het. Hoe wonderlik om te weet jy is nie alleen nie. Maar ongelukkig is dit nie so maklik nie. Die duiwel is listig. Sodra die opdraendes begin, begin ons aan onsself twyfel. Ons soek fout by onsself. Kraak onsself af. Sien alles as negatief en lelik. Ons kyk vas in die slegte en sien nie die anderkant nie. Die Here plaas juis op ons pad dinge om ons lewens en liefde vir Hom te versterk.

images820XAN6Q
Ek haal graag die storie van Unice aan:
“Wasbleek in haar swart gesig, kom Unice so ’n jaar gelede by my aan. Na aan trane, want sy het ’n mistake gemaak. Omdat ek meer aandag gee aan hoe sy lyk as wat sy sê, sien ek allerhande drogbeelde in my geestesoog. Iets waaraan ek liewer nie weer wil dink nie …
“Wat is dit?” vra ek versigtig.
“Ek’t die glas gebreek!” verklaar sy verskrik en gryp haar kop vas.
Nou, ja. Ek’t mooi verduidelik dat dit net ernstig sou wees as sy dalk haar vinger in die proses afgesny het. Maar dat sy maar gerus kan gaan slaap daardie aand. Sedertdien het Unice nog nie weer ’n glas gebreek nie (nie dat dit regtig sou saak maak nie!) en beide sy en ek het daaruit geleer. Sy’t besef glase breek maklik, en was nou versigtiger. Ek’t geleer dat jou foute baie keer vir jouself erger is as vir ander.

foute1
DIT IS HY WAT AL MY SONDE VERGEWE, WAT AL MY SIEKTE GENEES, WAT MY RED VAN DIE GRAF EN MY MET LIEFDE EN ONTFERMING KROON, WAT MY DIE GOEIE IN OORVLOED LAAT GENIET, MY DIE JEUGDIGE KRAG VAN DIE AREND SKENK (PS. 103:3-5).

images1RJYPJSU
Hoekom is dit dat mens partykeer blind is vir dit wat reg voor jou is? ‘n Mens se houding bepaal baie. Dit begin by erken daar is ‘n fout, besluit wat jy gaan doen en maak vrede met dit wat gebeur het. Ongelukkig het ons nie ‘n “magic wand” om terug te gaan in tyd nie. Ons kan nie soos in “Timeless” dinge gaan verander om beter uit te werk nie. Ons moet leer uit dit wat gebeur het en probeer sin maak vir die toekoms.
ONS WEET DAT GOD ALLES TEN GOEDE LAAT MEEWERK VIR DIÉ WAT HOM LIEFHET, DIÉ WAT VOLGENS SY BESLUIT GEROEP IS (ROM. 8:28).

MAAR IN AL HIERDIE DINGE IS ONS MEER AS OORWINNAARS DEUR HOM WAT VIR ONS LIEFHET (ROM. 8:37).

fout3

Die beste gereedskap vir besluite is tyd, kennis en kalmte. Vat daai paar minute elke dag om terug te kyk na dit wat gebeur het. Neem dan in wat gesê en wat gedoen is en met die kennis kyk na dit wat die gevolge was en in daardie oomblik van kalmte maak jy die besluit. Die besluit is dan gefokus en geneem nie uit woede of seerkry nie maar uit kalmte en rustigheid van jou hart en gemoed.

foute 2
Vergeet van die klein jakkalsies. ‘n Oud onderwyser het eendag gesê hy is nie vet nie. Hy is is ‘n blommetjie. Hy lyk so want hy kan groei as hy in die moeilikheid is. Blom waar jy geplant is. Al val van daardie blommetjies af, al voel dit of jou plantjie verlep gee hom kos uit die Woord van God.

fout4
Waardeer elke dag se kronkels en draaie. Waardeer alles wat verkeerd loop sowel as dit wat reg is. Sien die volle prentjie en al is dit hoe moeilik staan op. Laat jou vriende jou help. Moenie mense wat omgee uitsluit nie. Deel drukkies uit. Glimlag vir iemand en gee daai kompliment. Dit maak mens se gemoed ligter want met dit wat jy saai kry jy die mooiste blommetjies. Dis daardie bietjie omgee wat die grootste impak maak.
Al is jou lewe en jou dinge hoe swart ingekleur, jy is dalk net die inkleurpotlood vir iemand anders se prentjie. Staan op. Haal asem. Kyk na bo en weet: GOD IS LIEF VIR JOU. Hy is jou Pappa. Hy sal sorg.

images9WSXLV7B

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s