My roete

Die lewe neem ons partykeer met omdraai paaie deur die lewe. Ek sit en wonder hoe gaan ek die seer van soveel kollegas probeer heelmaak. Ek sit en wonder hoe gaan ek die wa deur die drif trek. Ek wys my man ‘n video clip van ‘n hond wat van die agterkant van ‘n boot afval en dan in die see agter die boot probeer aanswem. Onder hom draai die haaie en net voor die haai lekker smul kom red die dolfyn hom en neem hom veilig terug na die boot. Dis die lewe wat ons ken. Gelyke waters, diepe waters en hulp van onverwagste oorde. Dis ‘n roete.

FB_IMG_1520682034190

In Psalm 16:11 staan “U leer my hoe om te lewe.” Maar die groot vraag is luister ons regtig na dit wat die Here vir ons sê. Ons is so geneig om vir die kinders te sê “maak julle ore oop” maar is ons sin oop. Soos enige roete is daar langs die pad vir jou bordjies. Bordjies na besluite. Die afdraai kan net jy kies.  Die kern is egter dat saam met die afdraai kom die gevolge. Die pad het 3 dele: ‘n nou, ‘n verlede en ‘n toekoms.

Dawid sê “ …op U Here het ek van jongs af vertrou, U is my hulp van geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.” Vandat ons in die moederskoot gevorm is het die Here ons roete bepaal. Hy het ons ‘n naam gegee en lewe in ons geblaas. Al wat hy vra is om sy roete te volg en te VERTROU. Psalm 119:105 “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my trek voete.”

FB_IMG_1515512126541

Ons is egter baie geneig om eerder die kort afdraaie te wil neem. Hoekom langpad as kortpad. Maar daar is ‘n rede vir elke tree op elke pad wat met sekere lesse saamloop.  Paaie het 3 bestemmings: die breë pad wat lei tot vernietiging, die smal pad wat lei tot lewe en die kortpad wat jou elke keer terugvat na die breë pad. ‘n Kortpad lyk kort. Dit lyk maklik maar 99% van die kere is die struikelblokke so groot en die keuse wat  jy op daai pad moet neem so groot dat jy met jou lewe dobbel in die hande van ongewenste vriende en vyande.  Dis die pad wat duidelik deur satan voorberei is vir jou eie verderf maar juis omdat alles so gejaag is en ons nou antwoorde soek is die kortpad altyd ‘n beter vooruitsig want hoekom moet ek wag. Ek soek dit nou. Die bybel noem ‘n kortpad VERSOEKING.

“As God werk het wat ek moet doen, kan ek nie sterf nie” – Henry Martyn. Versoekings is een van die gevaarlikste speletjies om te speel. Jy weet nooit waar gaan jy opeindig of saam met wie jy spreekwoordelik in die bed klim nie. Daai keuse is gewoonlik die gevaarlikse een met die meeste berou. God het jou pad vir jou beplan soos ‘n skilder ‘n meesterstuk sou skilder. Geen skildenaar begin net verf nie. Hy dink en kry inspirasie. Verf en verf weer toe en begin weer. Dis ‘n proses van oor en oor tot die regte prentjie op die doek ingekleur lê. Net so is ons prentjies. Ons kan nie van ons eerste asem alles wat mooi en goed is ervaar nie. Die lewe is ‘n proses van leer. Dis ‘n proses van val en opstaan en weet dat God daar is om jou elke keer te vang en weer op jou voete te plaas. Al wat Hy vra is GLO.

FB_IMG_1503252915577

Psalm 32: 5-7

“Toe ek  my sonde bely, my oortredings is nie weggesteek nie. Ek het gesê: Voor die Here bely ek my opstandigheid, en U het my skuld vergewe. Dit is waarom elke gelowige in die tyd van nood tot U bid. Selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. U is vir my die skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing.”

Nou kom die moeilikste deel van groot word. Die dae wat jy voel jou moeilikheid verskil net van diepte.  Eendag staan jy op jou hande en die volgende dag op jou voete. Dis die dae wat jy voel alles is te veel en dat dit wat jy doen wat goed is elk geval nie eers raakgesien word nie so hoekom nog worry. Dis die dae wat alles donker is en wat jy wonder gaan jy ooit die lig bo sien. Die gat is so diep dat jy nie eens die mooi in die lewe kan sien nie. Die goeie vervaag en jy vra Here hoekom is ek nog op die pad. Dan kom die Here met sy wysheid:

Psalm 130

“Uit die dieptes roep ek na U, Here, luister tog na my, Here. Hoor tog my hulproep. As U ons sondes in aanmerking sou neem Here, wie sou ooit dan nog bestaan? Maar by U is daar vergifnis, daarom word U steeds gedien. Ek stel  my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. Ek wag op die Here meer as wat die wagte op die more wag, wagte op die more. Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. Hy alleen sal Israel verlos van al sy sondes.” GELOOF: die uitroep, die wag, die kyk en die hoop.

IMG-20180226-WA0028

Op die pad stap ons nie egter nie alleen nie. God skenk aan ons vriende en M Meys stel dit so mooi:

“Vriendskap is die warm geluk

Van skielik bewoë wees,

Aangetrokke te voel,

Hy noem jou by die naam

En saam, al bly elkeen homself,

Word die diepste, nouste bande gesmee.

Versigtig maak jy hart vir hom oop

Om ook dit wat hy wil toon

Met huiwering te bewoon

Om saam met meer mens te wees

En getrou in wedersyde vertroue

Vir mekaar ‘n stukkie tuiste te bou”

 

Thomas Hughes vat dit saam: “Geseend is hulle wat die gawe het om vriendskappe te sluit, want dit is die een van die beste gawes van God. Dit behels baie dinge,maar bowenal die mag om uit jouself te keer en dit wat edel en liefdevol in ‘n ander is te waardeer” God seën ons op die paaie met die nodige hulp. Vriende wat ons lei. Ons vra raad en partykeer is dit nie wat ons wil hoor nie en word ons kwaad en doen die teenoorgestelde net om uit te vind dat die raad tog reg was. Maar voor daai besef is daar partykeer brue wat verbrand en hartseer en trane. Maar die een ding van ‘n ware vriend is dat hulle altyd daar is vir jou deur die diep slote en die goeie tye.

 

Ek sluit af met die volgende gedig van Francis Bacon:

Sonder vriende op wie jy kan reken, is ‘n mens verskriklik

Eensaam en die wêreld maar ‘n wildernis.

Die mens wat sy vreugde met ‘n vriend kan deel,

Verdubbel dit,

En hy wat sy smart aan ‘n vriend kan toevertrou, verminder dit.

In ‘n gesprek met ‘n vriend druk ‘n mens sonder moeite

Jou gedagtes uit en sien jy hoe jou gedagtesgang in woorde vorm kry.

Uit ‘n uur se gesels met ‘n vriend

Kry ‘n mens meer insig in ‘n probleem

As uit ‘n hele dag se getob daaroor.

Die beste raad om op ‘n mens self toe te pas is die

Teregwysiging van ‘n vriend.

Daar is meermale omstandighede in ‘n mens se lewe

Wanneer jy nie sonder die bystand van ‘n vriend kan regkom nie.

Jy kan nie self met beskeidenheid jou eie verdienste aanhaal

Of aanprys nie.

Die oorwoe uitspraak wat ‘n vriend oor jou maak,

Aanvaar jy met waardering

‘n mens kan dit as lewenswat stel:

Heeltemal  alleen kan jy nie jou rol speel nie.

As jy glad geen vriende het nie, kan jy maar van die verhoog afstap.”

img-20171216-wa0026790720140.jpg

WHAT A FRIEND WE HAVE IN JESUS.

 

Vertrou, glo en versoekings verdwyn. Kyk na jou roetekaart en weet die pad is nie maklik nie maar die Here los jou nooit alleen nie. Hy stuur vir jou hulp van uit onverwagste oorde. Al wat Hy vra is GELOOF.

ged6

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s