Aan elke onderwyser

FB_IMG_1505332247508

Die son het gesak en die nag het gekom soos ‘n skim. Daar is iets wat my al ‘n hele paar dae hinder. Ek sit vrydag in my kantoor en gesels met een van my oud leerders. Ons lag en skerts oor hoe dit was toe hy nog op skool was. Die goed wat hulle aangejaag het en die poetse wat gebak is. Ons gesels oor die onderwys nou en hoe alles so drasties verander het. Tye van kinders grootmaak en onderrig het verander in ‘n nagmerrie. Leerders het meer regte as onderwysers en sodra jy die leisels terugtrek en die basiese waardes vir hulle begin leer dan is jy alles wat verkeerd is. Jy tas hulle menswaardigheid aan. Ek dink dan aan die bybel stuk waar Jesus die opdrag gegee het om die kindertjies na Hom te bring. Hulle moet geonderrig word in die woord. Wat sê die woord. Leer hulle die tien gebooie waarvan een is eer jou vader en jou moeder. Is dit dan nie wat ons is nie? Is ons nie die vaders en moeders wat hulle moet leer tussen dit wat reg en verkeerd is nie? Is ons nie die leiers wat moet voorloop en ‘n voorbeeld stel van wat is reg en wat is verkeerd nie.

Na die week wat verby is praat ek met vriende en kollegas en almal voel dieselfde. Die onderwys is nie meer vir hulle beskore nie. Hulle voel leerders mag hulle kant stel en onderwysers afkraak en emosioneel afbreek maar hulle is ontasbaar. Waar gaan ons verkeerd?  Wat doen ons om dit reg te maak wat stukkend is? Ons kan nie. Nie solank as ons in ‘n stukkende samelewing woon waar disrespek eerder as respek die norm van die dag is nie.

FB_IMG_1520098803832

Dis dan wanneer jou passie getoets word. Jou passie vir onderrig. Jou passie vir verandering bring. Dis dan wanneer ek myself herinner aan my leuse: verander elke jaar net 1 kind se lewe dan het ek my doel bereik. Maar is dit genoeg.

FB_IMG_1520536712420

Die Here sê alles gebeur op ‘n spesifieke tyd. Elke ding op aarde het sy tyd en sy plek. Ons moet geduldig wees. Daar het ‘n paar van ons agter in die ry gestaan. Ek sit hier en wonder wat moet ek doen? Hoe breek ek deur die muur wat opgerig staan teen onderwysers. Die antwoord is eintlik maklik.Blaas op die rampshoring. Trek jou wapenrusting aan en veg. Veg die bose wat wil afbreek maak aan dit wat goed en wat mooi is. Staan sterk in geloof en weet dat jy nie alleen is nie. God belowe ek sal jou nie alleen los nie en dat Hy altyd met ons is. Selfs in tye van doodskaduwee.

FB_IMG_1514681784210

Ek dra die post op aan al die oud leerders wat die afgelope tyd my pad gekruis het. Julle het my weer laat besef hoekom ek doen wat ek doen. Ek dra die post op aan al my kollegas. Staan vas en hou mekaar in gebed staande. Saam sal ons die bose oorwin en saam sal ons bo uitkom. Ons geloof is sterk want ons fondasie is stewig gevestig in SY naam. Geloof, hoop en liefde. Elke kind waarin jy die verskil gemaak het onthou jou. Waardeer jou en sou nie daar gewees het sonder jou nie. Bly sterk staan en weet jy is saam met ‘n mag van onderwysers wat kan en wil en sal oorwin.

FB_IMG_1520682034190

Soos die dag en week stadig aangesluip kom. Die vrese in ons gedagtes begin maal wil ek vir jou een boodskap gee: Satan wyk want hier is jy nie welkom nie. Die is die Here se plek. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor elke onderwyser. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor elke leerder. Mag U woord verstewig en vasgele word in elke hart.

FB_IMG_1514543683291

imagesRKAE9GDM

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s