Vir iemand spesiaals

moed2

Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder insig; soos ’n redelose dier … Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
Psalm 73:21-24

 

Na ‘n warm lang dag sit ek voor die TV en begin dink oor alles wat die afgelope week gebeur het en die program vir dit wat kom. Ek sit en dink aan al die leerders wat al deur my hande is. Ek sit en wonder watter impak ek gehad het en of ek al iewers ‘n verskil gemaak het. Ek wonder hoe hulle lewens uitgedraai het. Ek het nog kontak met baie en is so bitter trots op elkeen van hulle. Hulle lewens straal van alles wat mooi en goed is.

Ek het die geleentheid gehad om in een van my oud leerders raak te loop gedurende die week. Ons het lekker gesels en bietjie opgevang. Gelag en geskinder oor die dae wat verby was en hoe skooldae en grootmens wees verskil. Dis dan wat mens begin kyk deur die oë van die siel.

Dis waar wat hulle sê dat ‘n mens se siel lê in jou oë. Dis dan wanneer mens begin wonder hoekom die Here sekere goed op sekere mens se pad plaas. Hoekom gee Hy vir sekeres gelyk paaie en vir ander styl opdraendes? Dan kom my gesprek:

moed3

“Here Jesus, U het reeds die swaarkry-pad vir hulle vooruitgeloop sodat hulle mag weet dat wanneer dit moeilik gaan U te alle tye digby hulle is. Dankie vir die versekering dat hulle aardse swaarkry maar van korte duur is, en dat dit vir hulle sal uitloop op ‘n heerlikheid wat ewig bly. U gee aan elkeen van hulle die nodige toerusting om alles te bowe te kan kom. U is die Trooster in hartseer en U verseker ons in U woord dat U ons nooit sal verlaat nie.  Gee dat hulle steeds op U sal bly vertrou, skenk vir hulle die krag om in swaarkry situasies te volhard. Vat nou hulle hand en rus hulle toe met U krag en genade.”

Dis so maklik om in ‘n gat te val en te wonder waar die eindpunt is. Dis so maklik om nie die lig aan die einde van die tonnel te sien nie. So baie keer voel dit of niemand dit verstaan waardeur ons gaan nie. Dit voel of ons nie normaal is nie. Baie keer verstaan ons mans/vrouens nie waardeur ons gaan nie want vir hulle is dit vreemde gedagtes. Maar vir ons is dit die klein dingetjies wat partykeer oorweldigend is. Dis jou kind wat net nie wil gesond word nie. Dis jou baas wat verwag dat jy ‘n seekat moet wees en op duisend plekke tegelyk moet kan wees. Dis jou ouers wat jou raad gee en probeer help maar al wat gebeur is dit maak alles net nog meer deurmekaar binne. Wat doen jy? Hoe kom ek bo.

11800521_1004725002906121_8848395276355697930_n
Ek haal die volgende aan vanuit ‘n uittreksel:
“My God: Waar kom wonde vandaan? Kom dit van myself of kom dit dalk van die Duiwel? Of kan dit wees dat dit self van God Onse Vader afkom? Kan dit wees Here, dat my wonde van U af kom? Ek vra U vandag Here – wat is fout in my lewe – hoekom gaan dit so swaar met my – hoekom ly ek so pyn en lyding – hoekom loop dinge so skeef in my lewe as ek U dien. Ek is in n put van ellende en ek kan dit nie regkry om daar uit te kom nie. Waar lê die fout Here, dit kan nie by U lê nie dus moet dit by my lê. Ek is vandag voor U op my knieë voor die gebed Altaar en ek weet as ek eerlik is dan is ek skuldig – ek weet die fout lê nie by U of iemand anders nie Vader maar by myself en daarom is U Woord my riglyn en die Heilige Gees vir selfondersoek…geen wonder Jakobus sê in Jakobus 1 : 12-18 dat die vinger van sonde wys direk na my en ek alleen is verantwoordelik vir my optrede en dade. U is die pottebakker en ek die klei. Dankie dat ek weet U het my so pas weer gebry en plaas my deur genade weereens op die draaitafel om my van vooraf weer te hervorm soos U dit wil hê! Leer en help my om net soveel geduld aan ander te openbaar……. “

moed1

Dan kan ek jou een ding verseker. God is daar vir jou. Hy is jou pleister, Hy is jou verband, Hy is jou dokter. God gee aan elkeen van ons ‘n kosbare geskenk genoem vriende. Dis die mense wat jou pad kruis op sekere tye en iets toevoeg. Dis die mense wat jou help om jou fondasie bietjie dieper te maak en jou pilare stewiger te bou. Dis jou nommer wat jy bel as die pad voel of dit jou insluk. Dis jou geskenk gegee van Bo.

Niemand kruis jou pad net omdat sommer sommer is nie. Daar is altyd ‘n rede en ‘n belofte. Jy sal iets van daai persoon saam neem. Of dit ‘n lewensles is, ‘n skouer, ‘n oor, ‘n band. Jou rigting is bepaal. Daarvoor het God gesorg.

imagese8z2af68

“Pappa Vader dankie dat jy elke nag my trane opgevang en versamel het in U Hemelse Kruik. Swaarkry is presies wat hierdie Woord self sê: Dis om swáár te kry. En al glo ‘n mens ook dat die einde nie in sig is nie. Swaarkry kan so erg wees dat dit ‘n mens, enige mens, laat huil. My God soos die Psalmboek sê: Dat sy trane dag en nag sy voedsel was – so weet U, my God ook hoeveel nagte trane ook slegs net my voedsel was! Pappa neem elke traan in die kruik verander dit in ‘n seen. Seen die persoon met soveel dat elke traan die begin van ‘n nuwe seisoen is. Dat die seer gesond word en dat die swaarkry verdwyn. Pappa Vader dis nie maklik nie. Ek bid dat U hulle Skipper en Leidsman sal wees en dat U hulle die nodige wapenrusting sal gee om elke dag aan te pak met moed en volharding. Pappa Vader hier waar ons more die nuwe dag binne gaan wil ek U bloed bid oor elke seer en stukkende hart. Ek wil vra dat U hulle sal voed met U woord en hulle sal versterk deur U krag. Here wys hulle die pad. Wees met hulle. Soos die son verseker more gaan opkom en weer more aand gaan sak, so weet ek dat U hulle altyd by U voete sal he veilig in U hand. Dankie Pappa Vader vir ongelooflike seen wat U ons bied daagliks.”

fb_img_15137931841452087677615.jpg

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s