Geloof en gebed

IMG-20180206-WA0001

Watter paar weke. Rowwer as rof. So baie goed wat afgehandel moet word en beplanning is nimmer eindig.  Tussen alles deur is daar darm bietjie tyd vir grappies en lag. So speel ‘n komieklike gebed af tydens die week.

IMG-20180217-WA0005

By ons skool kry elke personeellid geleentheid om bo in die personeelkamer te open. En soos almal weet is die onderwys nie ‘n maklike beroep nie. ‘n Mens se geduld, uithouvermoë en intelligensie word elke dag getoets.

Die lid bid en seën en “geduld om nie die kinders aan te rand nie”. Na amen lag ons almal oor dit so waar is.  Elke minuut van elke dag voel ons magteloos. So word die gebed getoets. Voor pouse gooi ‘n graad 8 leerder ‘n staal bak op sy kar van die 3rde vloer af. En net hier word sy gebed getoes. “Krag om nie ‘n leerder aan te rand nie”.

IMG-20180218-WA0013

In soveel situasies sit ‘n mens en dan wonder jy hoe gaan jy uit die situasie uit kom. Waar kom jou antwoorde. Ons gebruik woorde soos “vat my saam na ‘n plek waar daar nie selfoon opvangs of tegnologie is nie”. Mens soek ‘n eiland van rus en vrede. Geen geraas en geen mense. Geen hoekom, waarom en hou op nie.

IMG-20180226-WA0028

Dis in sulke tye waar mens die ideale eiland so maklik kan kry. Dis ‘n 911 deur middel van ‘n gebed. Here gee my rustigheid en helderheid van verstand. Daar is jou eiland. Daar is stilte en hardkloppings word minder. Geen tegnologie word benodig nie. Geen geraas net vreugde en liefde. En die onkostes, R0,00. Net ‘n paar sekondes se geloof, hoop en liefde vir ‘n God wat onverdient uit sy Vader hand aan ons alles skenk wat ons vra. “n Vader wat ons omvou  met liefde. In wie se hand ons name gegraveer is en wie ons elke dag toerus met ‘n wapenrusting wat ons beskerm deur dik en dun.

IMG-20180226-WA0027

Geloof en gebed. Gaan hand aan hand. Skertsend en ernstig saam is die Here by jou in elke situasie. Al voel jy alleen. Al dink jy niemand gee om nie. Hy is ALTYD daar.

IMG-20180218-WA0011

911.

 

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s