Jou “circle of life”

Wat gaan ons kyk mamma? So kom die vraag van die Fernando. Op een kanaal wys die Lion King en ek sê ons gaan dit kyk. Ahhhhhh neee. Nie dit nie. Ja dit. Soos ek die storie kyk gaan my gedagtes na ons eie Lion King lewe.

images7JSZ5MJ2

Ons almal word gebore. Mens word gebore en met geboorte kom verwagtings. Eise word gestel en uitdagings aangepak. Partykeer is die pad baie steil. Goed gebeur en mens word geplaas voor keuses. Partykeer is ons soos die hienas wat net terugsit en hoop dit kom nie terug om jou aan die gat te byt nie. Partykeer is ons soos Timone en Pumba wat Hakuna Matata. Ons pak elke dag aan asof daar niks gebeur het nie en elke dag vir hom self sorg.

imagesWM28IMJ2

Dan kom daai een dag wanneer die toekoms met verlede bots en jy voor die belangrikste keuse staan. Voorentoe of op ‘n pad bly wat na nerens lei. Ons kom van aangesig tot aangesig met ons demone en moet vrede maak met alles.

God plaas ons op ‘n pad. Hy plaas ons so dat maak nie saak waar ons gaan nie Hy altyd by ons is. Maar die groot verskil is stuur Hy jou boot of dryf jy in dryfsand na nerens. Die vriende wat jou paaie kruis is gestuur om jou deur sulke gebeure te dra. Jou Mr. Pig is gewoonlik jou rots en die een wat jy weet altyd daar sal wees vir jou.

Almal het ‘n Scar in hulle lewens. Dit maak ons mens. Dit maak jou nie beter of slegter nie. Om die blaam te skuif gaan ook nie ‘n verskil maak aan jou uitkoms nie. JY maak die besluit van jou pad. Jy bepaal of jou pad weer gelyk gaan loop. Jy bepaal of jy gaan kans sien om die baklei te baklei tot die goeie in jou jou geluk en vrede vir jou openbaar.

Soos ons elk elkeen deur ons woestyne hardloop na ons “destiny” so vat ons met ons saam alles wat gebeur het. So raak jy ontslae van jou Ed’s en alle bagasie. As jy die oorwinning behaal het staan jy naak voor jou God en jou toekoms. Uitgelewer aan die oordeel van wat jy gedoen het.

FB_IMG_1504898365036

Dan kom die groot gebeurtenis. Jy word koning van jou eie lewe. Jou pad word bepaal deur jou besluite en jou skuit vaar met God as stuurman. Dan is jy koning van jou toekoms en onthou jy alles wat aan jou gestel was. Verwagtings word gerealiseer enjy is ‘n sukses. Sukses kom met baie val en sere en steke en uiteindelik die opstaan. Jy kan slegs bo kom as jy besluit om op te staan en jou “circle of life” te voltooi.

imagesXPM3D7A0 - Copy

Pappa Vader ek bid dat elkeen wat die lees hulle verlede sal kan ter ruste le en hulle demone van die verlede kan raaksien. Ek bid dat U hulle sal dra deur die woestyn van erkenning en die gerusteling sal laat beleef dat hulle nogsteeds deur U geliefd is. Pappa Vader ek bid dat die woestynsand sal minder raak en dat die mooiste mooi velde vir hulle geopenbaar sal word. Ek bid dat hulle die toekoms kan ingaan met die wete dat die verlede is die verlede en ons leer uit ons foute. Ek bid dat elkeen die verwagtings van geloof, hoop en liefde sal kan tromp op loop in die wete dat U hulle stuurman is. Hulle leidsman en redder. Pappa Vader mag ons almal ons “circle of life” voltooi in die wete dat ons veilig is in U hand waar ons naam gegraveer staan.

Amen

FB_IMG_1512487492133

Onthou altyd jy is gemaak deur jou verlede en sal wees wat jy kies vir jou toekoms. Jou hede is nou en jou besluite nimmer eindigend in die soektog na vrede.

Jy is nie alleen nie. Nooit nie.

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s