Hart skoonmaak

img-20171216-wa0026790720140.jpg

Ek sit vanaand en blaai deur my facebook post. Soos ek lees sien ek prente en herinneringe van goedjies wat deur die jare al gebeur het. Party goed en ander bitter hartseer. My lewe saam my ex man het my op verskeie geneem. Ek het die voorreg gehad om verskeie mense te ontmoet en orals deeltjies van my selfwees agtergelaat. Met besef nie altyd die impak of indruk wat ‘n plek en sy mense op jou maak nie.

fb_img_1513775904440-1877687612.jpg

Ek dink aan Hannelie en Japie. Hannelie en ek het saam gewerk. Sy het altyd gespot as ons haar kinders gaan optel by die kleuterskool “verskoon maar my kar dis vol speelgoed”. Vir ure kon ons gesels en Japie kon ‘n mens laat lag oor dinge wat hy op sy manier snaaks gevind het. Die kuiers op die plot was die lekkerste. Ek kon myself wees. Voor hulle kon ek net ek wees want net ek was goed genoeg. Hulle het my aanvaar vir wie ek was. Nou is die kinders groot en verloof en word troues al beplan. Dan sit ek terug en dink aan die man in sy stoel wat met die grootste liefde en trots in sy oe na sy kinders gekyk het. Ek sien hoe hy Hannelie verafgod het met liefde en omgee. Hulle liefde vir mekaar was perfek en nimmereindigend. Maar soos die wiel draai moes ons trek en land ek op in Natal.

fb_img_1513873035214-414199289.jpg

Vryheid hier kom ons. Hier ontmoet ek sielsmense. Dis waar van klein dorpies. Almal kruip in almal se hart in. Ek ontmoet ‘n vriendin Suzet. Sy was en is nogsteeds soveel meer. Daar gebeur lelike dinge agv my ex man en ek het gedink ek het ‘n kosbare juweel verloor. Toe ek nie wou trek Standerton toe nie het sy my gedra in haar hart en gebede. Al het ek haar en almal daar bitter teleurgestel. Ek mis die koffies in die oggend in die personeelkamer en ons kuiers op die bank. Ek mis die windgat graad 8 seuntjie wat nie vir die juffrou wil koffie maak nie wat nou al getroud is. Nog ‘n trotse ma.

imagesSFDFKREM - Copy

Op Standerton ontdek ek ‘n nuwe familie. ‘n Familie wat diep in my hart kruip. Ronel jy het my kinders gedra in ‘n tyd wat ek nie kon nie. Jy en Wihan en TG het hulle toegegooi met liefde en omgee. Sonder julle as veilige hawe was ek verlore.

EK kry my hartsmense. Serina en Michael wat my deur die swaarste swaar gedra het. Wat by my ingetrek het en my nooit alleen gelos het nie. My kind word siek en ek hoor die dokters se hy gaan nie uit die hospitaal kom nie en ek hoor tannie Marolien en Ronel se jy worry oor niks. Serina kyk na jou huis en Ronel kyk na jou ander kinders. Jy pas jou geskenkie op. My laagste laag. Hoe staan mens daar op. Hoe kom jy deur die donkerste donker en weet alles gaan okay wees. Jy doen met engele wat op jou pad gestuur is.

een3 - Copy

In ‘n oogwink verander my lewe in ‘n nagmerrie en ek moet vlug met my kinders. Ek trek Pretoria toe en ontmoet om ‘n snaakse manier Solly. Het hom seker honderd keer gedelete van my foon af maar hy wou nie opgee nie. Hy tel my stukkende kinders op en maak hulle heel. Hy word ‘n pa. Hy vra niks en doen niks hy gee net onvoorwaardelik sy liefde. Hy neem ‘n stukkende bang vrou en maak haar sterk van binne.

Hier ontmoet ek nog engele.  Susan wat my geestelik elke dag dra. Danielle wat my op koers hou, Oelie en Mr V wat net altyd weet hoe om stemme dik te maak.

imagesXPM3D7A0 - Copy

Almal rolspelers. Elk met ‘n les:

Japie: Mens gee nie net op nie. Jy baklei en jou aan tot die einde en onthou altyd om te lag.

Michael: In geloof staan jy vas. Met God by jou kan jy deur die gevaarlikste dele stap en sy engele sal jou omvou.

Ronel,Suzet, Serina, Tannie Marolien, Renske, Susan, Danielle, Jani, Hannelie en nog soveel meer wat ek kan opnoem wat my geleer het dat ek is spesiaal en ek kan bo uitkom. Ek is nooit alleen nie.

een4 - Copy

So pak ek vannaand my trane kassie uit. Ek huil oor alles wat was. Gemorste minute, gebroke beloftes, stukkende harte en ek weet dat ek kan staande bly. Soos Alexzander altyd se mamma ons liefde is sterker as yster kettings. Dit kan nie breek nie.

Dankie aan almal wat deel is van my lewe. Vir julle lewenslesse, julle veilige hawens, julle aanvaarding en julle liefde.

Dankie Pappa Vader dat ek geseend is met al die mense in my lewe.

fb_img_1513773202230-941026479.jpg

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s