Geskenke


Ek sit en draai die seuns se geskenke vir kersdag toe. My gedagtes dwaal na kinderdae en kersfees op vakansie. Dis dan wanneer mens wonder hoeveel tyd was gespandeer aan familie wees en hoeveel tyd aan fie kosse wat gemaak moes word. Dis meeste huise se kruis. Tafels vol kos. Beestong, skaapboud, gammon, hoenderboudjies, rysslaai, aartappelslaai, triffle en roomys. So kan die lys aangaan. Maar kan jy onthou wat alles gedoen was daai dag?
Geskenke was uitgedeel. Wat het jy als gekry? Kan jy onthou? Wel al wat ek kon onthou is hoe meer hoe beter. So wat was kersfees regtig oor?

Nou sit ons in n land waar alles pepperduur is. Jy wilndie tradisie voortleef. Maar hoe doen jy dit? Kinders het n verwagting en die grootste is daai eerste paar dae terug by die skool. Wat het jy vir kersfees gekry?

Die ware geskenk van liefde en vrede en in almal n welbehae is vervalle. Dis dan wanneer die mindergevoorregtes my die pad wys. Dit maak nievsaak wat jy eet nie. Dit maak nie saak hoeveel geskenke jy kry nie, indien wel. Al wat belangrik is, is familie. Die saam dit en gesels. Ouma wat saam die kleinkinders swem. Oupa wat hulle vertel van ouvrou. Dis glimlagte, saamwees. Dis wat tel.

Pappa Vader, baie dankie vir ons grootste geskenk, mekaar. Dankie dat U dit so kon maak dat ons mekaar deur die moeilike tye kon dra. Dankie dat ons die goeie tye kon deur lag. Dankie dat U ons onvoorwaardelik geseen het met almal wat ons paaie kruis. 

Pappa Vader al het ons nie baie nie, het ons die beste.

Dankie vir al U seeninge die jaar maar veral vir die grootste geskenk U seun Jesus. 

Amen

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s