Nuwe uitdagings

imagesZCNRL96X - Copy

‘n Nuwe uitdaging is seker een van die moeilikste dinge om aan te pak. Dit is soos om jou huis in te pak en te trek. Daar is bokse met alles wat jy gekoop en gebêre het deur al die jare. Elke dingetjie het sy plek gehad. Daar was kaartjies met die mooiste woorde, fotos met mooi herinneringe, klein geskenkies wat gebêre is en die mooiste drome wat in vertrekke gedroom was.

images55FRCXGH - Copy

Elke vertrek hou sy eie meubels op hulle spesifieke plek. Elke plek is so ingerig dat dit pas by dit wat jy daar wil insit. Daar gaan deeglike beplanning in en geld word mooi uitgelê sodat dit net perfek kan wees.

imagesSFDFKREM - Copy

Maar in die lewe werk die lewe se uitdagings nie altyd so nie. Dis onbekend. Dis nuut en vreesaanjaend. Mens weet nie wat kom waar nie en wonder of dit reg en of dit goed genoeg is. Mens word oorgelaat aan jou eie gedagtes. Jy dink gewoonlik eerste aan al die ergste goed wat met jou kan gebeur. Alles wat moontlik kan skeefloop en dan begin jy beplan. Jy sien nie die maklikste raak nie. Jou beplanning draai om alle moontlike dinge wat verkeerd kan loop uit die weg te ruim en die klein jakkalsies in ‘n hok te plaas.

imagesXPM3D7A0 - Copy

Dit is nie net ons menslike fout nie maar ook ons grootste. Die eerste plek waar ons veronderstel is om te gaan kyk is by ons God. Die een in wie se hand ons naam gegraveer staan. Die Grootste van almal. Ons verwag die ergste omdat ons onsself toelaat om deur satan beinvloed te raak. Ons luister eerder na die duiweltjie op ons skouer as na die engel in ons hart.

imagesWM28IMJ2 - Copy

Daar wag soveel mooi vir ons daar buite, ‘n Mens reis byvoorbeeld na ‘n vreemde land. Jy is alleen en dis moeilik. Mens kom nie dadelik agter hoe mooi alles om jou is nie. Nie voordat jy die oogklappe afhaal en die mooi raak sien nie. Net so moet ons ons oogklappe vir ‘n goeie toekoms afhaal. Ons moet ophou wegkruip agter mense wat ons vertel hoe sleg ons is. Ons moet ophou glo dat mense se ons is nutteloos en betekenloos. ONS BETEKEN IETS WANT GOD MAAK NIE FOUTE NIE. Hy het ons elkeen uniek gemaak. Hy het klaar ons pad vir ons bepaal en ‘n Pa sorg vir net die mooi in Sy kind se lewe. Dis ons as kinders wat die pad byster raak en dan voel ons kan nie meer by Hom kom aanklop om hulp nie. Maar weet julle wat is die beste. Hy sluit nooit sy deur vir jou nie. By Hom, op Sy skoot is jy altyd welkom. Binne sy arms is jy veilig en Hy sal altyd vir jou sorg.

imagesUXDTBZ73 - Copy

Pak elke uitdaging aan met Hom aan jou sy. Sonder Hom is ons niks. Hoe se hulle kry lewe. Proe dit, beleef dit. Voel dit aan met elke greintjie van jou menswees want jy is gebless deur God. Hy het klaar vir jou baklei en gewen. Hy het klaar vir jou die mooi gegee. Al wat jy moet doen is om hom in jou hart in te laat en te verklaar: Pappa Vader hier is ek. Sondig nietig en klein. Vergewe my al my misdade. Beskerm my onder U sterk arms en omvou my met al U liefde.

imagesHJ3IWPP5 - Copy

Nuwe uitdaging, Nuwe pad, Volg jou Leidsman en Stuurman. Hy weet waar is jou ware noord.

‘n Nuwe uitdaging is seker een van die moeilikste dinge om aan te pak. Dit is soos om jou huis in te pak en te trek. Daar is bokse met alles wat jy gekoop en gebêre het deur al die jare. Elke dingetjie het sy plek gehad. Daar was kaartjies met die mooiste woorde, fotos met mooi herinneringe, klein geskenkies wat gebêre is en die mooiste drome wat in vertrekke gedroom was.

images2R4GYAXT - Copy

Elke vertrek hou sy eie meubels op hulle spesifieke plek. Elke plek is so ingerig dat dit pas by dit wat jy daar wil insit. Daar gaan deeglike beplanning in en geld word mooi uitgelê sodat dit net perfek kan wees.

Maar in die lewe werk die lewe se uitdagings nie altyd so nie. Dis onbekend. Dis nuut en vreesaanjaend. Mens weet nie wat kom waar nie en wonder of dit reg en of dit goed genoeg is. Mens word oorgelaat aan jou eie gedagtes. Jy dink gewoonlik eerste aan al die ergste goed wat met jou kan gebeur. Alles wat moontlik kan skeefloop en dan begin jy beplan. Jy sien nie die maklikste raak nie. Jou beplanning draai om alle moontlike dinge wat verkeerd kan loop uit die weg te ruim en die klein jakkalsies in ‘n hok te plaas.

een3 - Copy

Dit is nie net ons menslike fout nie maar ook ons grootste. Die eerste plek waar ons veronderstel is om te gaan kyk is by ons God. Die een in wie se hand ons naam gegraveer staan. Die Grootste van almal. Ons verwag die ergste omdat ons onsself toelaat om deur satan beinvloed te raak. Ons luister eerder na die duiweltjie op ons skouer as na die engel in ons hart.

Daar wag soveel mooi vir ons daar buite, ‘n Mens reis byvoorbeeld na ‘n vreemde land. Jy is alleen en dis moeilik. Mens kom nie dadelik agter hoe mooi alles om jou is nie. Nie voordat jy die oogklappe afhaal en die mooi raak sien nie. Net so moet ons ons oogklappe vir ‘n goeie toekoms afhaal. Ons moet ophou wegkruip agter mense wat ons vertel hoe sleg ons is. Ons moet ophou glo dat mense se ons is nutteloos en betekenloos. ONS BETEKEN IETS WANT GOD MAAK NIE FOUTE NIE. Hy het ons elkeen uniek gemaak. Hy het klaar ons pad vir ons bepaal en ‘n Pa sorg vir net die mooi in Sy kind se lewe. Dis ons as kinders wat die pad byster raak en dan voel ons kan nie meer by Hom kom aanklop om hulp nie. Maar weet julle wat is die beste. Hy sluit nooit sy deur vir jou nie. By Hom, op Sy skoot is jy altyd welkom. Binne sy arms is jy veilig en Hy sal altyd vir jou sorg.

images7JSZ5MJ2 - Copy

Pak elke uitdaging aan met Hom aan jou sy. Sonder Hom is ons niks. Hoe se hulle kry lewe. Proe dit, beleef dit. Voel dit aan met elke greintjie van jou menswees want jy is gebless deur God. Hy het klaar vir jou baklei en gewen. Hy het klaar vir jou die mooi gegee. Al wat jy moet doen is om hom in jou hart in te laat en te verklaar: Pappa Vader hier is ek. Sondig nietig en klein. Vergewe my al my misdade. Beskerm my onder U sterk arms en omvou my met al U liefde.

Nuwe uitdaging, Nuwe pad, Volg jou Leidsman en Stuurman. Hy weet waar is jou ware noord.

een2 - Copy

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s