My kosblikkie

In verlede week was dit my beurt om te open vir die personeel. Ek vertel hule toe van die video wat ‘n vriendin met my gedeel het. ‘n Seuntjie sit een pouse en sy kosblikkie is leeg. Hy kry ongelooflik skaam en vra die juffrou of hy kan kleedkamer toe gaan. Daar gaan drink hy bietjie water om sy magie te vul. Hy draai, draai en stap toe terug klas toe. By die klas tel hy sy kosblikkie op om dit te bere maar voel dit blikkie is ‘n bietjie swaar. Toe hy dit oopmaak het sy klasmaats sy blikkie vol kossies gepak. Niemand het ‘n woord gese nie maar hy het geweet.

dank1

Is ons lewens nie maar ook lee kosblikkies nie. Elke dag word ons wakker en ons blikkies is leeg. Ons weet nie wat die dag gaan bring nie en weet nie wat voorle nie. Al wat ons wel weet is dat dinge gaan gebeur. Dis of ‘n opdraende of ‘n afdraende. Die manier hoe ons die take gaan aanpak gaan bepaal hoe vol ons blikkies is.

vrug6

Ons is egter geseen met die wete dat God ons nie alleen op die pad laat wandel nie. Hy stuur sy engele om ons op te pas en om ons veilig te bewaar. Maar saam met hulle kom ‘n keuse, ‘n besluit. Gaan jy hulle gebruik of gaan jy jou eie kop volg en net aangaan met dit wat jy doen. Gaan jy ingee vir die swak van gees en vlees of gaan jy sterk staan in die hoop en geloof van liefde in God. Die liefde wat duur tot in der ewigheid.

vrug 4

So word jou vrugte gepak. Vrugte van die gees. Vrymoedigheid, bemoediging, vrede, vreugde, blydskap en nog vele meer. Saam met die vrugte so vars kom die broodtjies gemaak uit suurdeeg. Dit vul nie net ons magies nie maar ook ons sien. in Koinonia breek ons die brood en eet ons ter nagedagtenis aan sy lyding en opoffering. En so kom die dag dan tot ‘n einde. Ons bakkies vol. Ons gemoed loop oor. God het ons versorg deur nog ‘n dag.

2

Jou blikkie is ‘n kosbare geskenk van God. Die lewe wat Hy aan jou skenk is fyn geweef en jou legkaarte reeds uitgepak.  So staan ek met my kosblikkie op ‘n nuwe lewenspad. Die onbekende hunker en ek weet dat ek nie alleen is nie. Ek weet dat God my gebring het tot hier en Hy my nie sal alleen los nie. Ek weet dat alles wat ek gaan doen ter eer van sy naam is.

546294_425965894107742_1169996811_n

More is ‘n nuwe dag. Nuwe blikkie. Mag jou bikkie gepak word met alles wat lekker en mooi is. Glo en vertrou op Hom en jou paaie sal gelyk wees. Geseend is jy. Omvou met geluk, hoop en liefde.

FB_IMG_1493293316650

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s