Wie is ek?

imagesIZ0YWGII

Die multi miljoen doller vraag. Wie is ek en waarheen is ek oppad. Vanoggend was ek geseend om deel te kon wees van ons kerk se dankseggings diens. My storie was oor ‘n seuntjie wat pouse moet sy kossies eet en as hy sy kosblikkie oopmaak is dit leeg. Hy staan op en gaan badkamer toe. Neem ‘n slukkies water en gaan terug klas toe. Sodra hy sy blikkie optel en wil bere voel hy die blikkie is swaarder. Toe hy navorsing instel sien hy sy maatjies het sy blikkie vol van hulle kossies gepak en hulle seeninge gedeel met hom. Hoe wonderbaarlik die beeld wat ‘n kind het van mededeelsaamheid. Coinonia.

images6GHX1MPM

Ek sit vandag lank en dink aan iemand na aan my hart. Die persoon is stukkend van binne. Hy kan nie sien die liefde wat om hom vir hom is nie. Al wat hy sien is die seer. Sy oe is dood. Leeg. Lewe is uitgetap en opgedroog. Ek staar in sy oe en wonder hoe het hy gekom tot waar hy vandag is. Sy geloof was onwrikbaar. Hy het God binne alles gedra en vertrou. Sy fondasie was gebou op ie bybel en was stewig en sterk. Tog het dit gebreek. Die twyfel, die hartseer, die ek is nie goed genoeg nie. Dit alles maak mens mal. Dit breek mens se menswees stukkie vir stukkie af. “n Groot man kan breek in klein stukkies. Verbrokkel deur die liefde en toekomsdrome wat eendag was. Hy kyk na ‘n gesig wat geluk gebring het. Die gesig wat sy lewe opgehelder het. Wie se stem vir hom ‘n harmonie was. Maar soos die lewe verloop en soos die duiwel sy slinkste planne uitwerk het hy reg in sy hand ingespeel. Hy is gebroke deur ‘n Delilah.

her1

Nou kom die groot vraag. Hoe bou mens so stukkende lewe weer op? Hoe sit mens die vonkel weer terug en hoe bring mens lewe in ‘n hart wat so seer is en solank laas liefde ervaar het. Vriende het gekom en gegaan maar familie bly vir ewig staan. Trots gaan in so geval nie help nie en mens moet uitreik na die wat jou staande gaan kan hou. God het jou so bitter spesiaal gemaak. Hy het jou deur die dae van kleuter tot adollosent geneem met verskeie toetse wat jy geslaag het en ander wat jy op die harde manier die regte antwoord op moes kry. Maar dan het jy altyd geweet jy is stewig in arms van liefde. Liefde wat vir jou ‘n sterk fondasie gebou het en jou die nodige toerusting gegee het om weer op te staan en die hoogste hoog te bereik..

her5

Ek kyk die fliek Hidden Secrets en moet kort kort verduidelik hoekom hulle die bybel in sulke verskillende idees lees. Dis maklik. Nie almal sien die bybel dieselfde nie. Vir my is die bybel meer as net ‘n boek. Dit is ‘n kompas in tye wat ek nie rigting het nie. Dit wys die pad aan en herhinner my daaraan dat God vir my ‘n pad bepaal het en dit my keuse is of ek dit gaan loop of nie. Dis vir my ‘n pilletjie teen hartseer. Die woorde bring vertroosting en ‘n wete dat jy nooit alleen is nie en dat God altyd daar is. Hy vang al jou trane op in emmertjies en gee dit terug aan jou in die vorm van geluk. Die bybel is vir my ‘n fondasie teen vrees, ‘n Pilaar van ‘n huis wat dit regop hou.

Hidden secrets. Dinge wat ons dink ons kan verberg vir ander. Die enigste probleem is mense waarvoor jy lief is en wat jou ongelooflik baie lief het sien die seer in jou oe. Die oe is die spieel na die wese. Dit vertel soveel waarhede en het geen woorde nodig nie.

her

Noudat ek hier sit, moet eintlik slaap, kan ek nie ophou dink aan jou nie. My boodskap vir jou is spesiaal.

Maak nie saak wie wat oor jou uitspreek nie. Maak nie saak wie wat van jou se nie. Maak nie saak wat jy doen nie. Die persoon wie jy is en nogsteeds is is deur baie geken. Vandag mag hulle dalk ‘n verdraaiede weergawe he van wat werklik in jou gebeur maar een ding weet ek ware vriende is vir ewig. Jou voorbeeld en jou liefde vir jou kinders en familie staan skouers uit bo alles wat jy aanpak. Jy is spesiaal. Genoem by God en geseen met alles wat goed is. Al wat jy moet doen is, en ek weet dit is nou die moeilikste, is om nie te wankel in geloof nie. Staan sterk. Weet jy is nie alleen nie. Daar is baie wat daar is vir jou en weet dat jy God se oogappel is. Stukkend, gekneus Hy gee nie om nie want Hy maak heel.

imagesZA6ALY5Y

Hidden secrets is beter gedeel en geloof saam op ons kniee in gebed is die beste wapenrusting nog. Wees sterk. Staan sterk. Jy is NIE alleen nie. Jy is spesiaal.

Jou gekraakte deeltjies sal geplak word met pleisters van liefde en jou gebreekte dele vervang word met nuwe dele. Harte word heel en drome word weer gedroom.

Moet nooit bang wees om te droom nie. JY KAN< JY GAAN EN JY SAL weer bo uitkom.

GELOOF HOOP EN LIEFDE  is aan jou kant. Nou en vir altyd.

her3

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s