Verwondering

Ek sit vanaand in stille verwondering oor die gebeure van die afgelope tyd. Tyd is so kosbare konsep. Dis eindloos en tog ook het dit einde. Daar is ‘n begin, ‘n middel en ‘n slot vir elke gebeurtenis in ‘n mens se lewe. Dis dan wanneer mens begin dink aan wat het jy alles bereik? Waar was jy? Watter pad wandel jy nou?

Vir party wat gelukkig is kan die pad hulle neem na vreemde lande waar hulle nuwe werelde aan hulle families gaan openbaar. Waar wense en drome dalk bewaarheid kan word. Geskiedenis kan opgevolg word en paaie na ‘n beter toekoms kan uitgele word.

Maar hoe weet ons die pad is die regte pas? Is die gras regtig groener? Bepaal ‘n ander vreemde land ons uitkyk op ons lewe of verruil ons net die een probleem na ‘n ander wereld. Watter impak gaan daai wereld en sy kultuur en sy omgewing op jou stewige fondasie he.

Ek sien ‘n video clip van ‘n seuntjie wat tydens pouse kleedkamer toe gaan want al sy maatjies het kos en hy het niks. Hy drink sy magie vol van die water en keer hartseer terug. Toe hy sy blikkie wou bere kry hy ‘n verassing. In sy afwesigheid het sy maatjies vir hom ‘n blikkie vol kossies gepak. Hoe lyk jou blikkie? Is jou seeninge min dat jy dit nie kan raak sien nie of wil jy net ‘n lee blikkie he en bly? Sien jy nie die mooi en gekoesterde vriende om jou heen nie? Waarna is jou soeke? Kos vir jou siel of vir jou lewe?

Ek sit met ‘n oorgang van een verantwoordelike pos na ‘n ander. Altwee is my verantwoordelikheid. Watter een kom eerste? Die vreemde een wat kom bring onsekerheid maar tog weet ek al die antwoorde. Maar al wat ek sien is die lee blikkie. Maar as ek mooi kyk het daai blikkie die heerlikste en mooiste van mooi in. Ek moet dit net uithaal en begin ontgin.

Ja die wereld is nie ‘n maklike plekkie nie. Gras lyk altyd groener en mense kyk vas in die lelike en verloor hoop in die goeie. Maak jou kosblikkie oop en sien die heerlike vrugte en seeninge wat op jou pad gestuur is. God het dit vir jou gestuur. Vir jou by naam genoem en Sy seun aan jou geskenk. Lewe elke dag ten volle en weet dat Hy jou liefhet.

Sit in verwondering en staar na dit wat jy nie kan sien nie maar voel en weet jy is bitter spesiaal. Gesant van God. Geroep by naam.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s