Jou ou testament

ged4

Hoe vinnig het die jaar aangeskuif. Die tyd het behoorlik gevlieg. Ek sit in ‘n penarie en wonder wat het my besiel. Op my ouderdom van 43, weer studeer? Ek moes my kop laat lees het. Dis soos die gedagtes maal. Oor ‘n paar dae skryf ek eksamen en die kennis wil net nie op die regte plek gaan lê nie. Die feite is voor my en studeer is iets wat so lank laas gedoen is dat ek weet nie waar om te begin nie.

Dan lees ek die skrif: Lukas 24:45 “Toe open hy hulle verstand om die geskrifte te verstaan.” Kan dit so maklik wees. Die belofte in Johannes 7:38 vertel Hy ons duidelik dat as ons in Hom glo ons van die lewende strome sal drink en dat dit deur ons sal vloei. God openbaar Hom op op verskeie plekke aan ons as die Lewende God. Die Heilige Gees maak die geskrifte lewend in ons harte omdat dit deur God geinspireer is. God waarsku ons ook dat indien ons sou dwaal en nie die skrifte ken nie Hy ons weer op die regte pad deur Sy woord sou lei. Ons verhouding met God is een van die kosbaarste verhoudings wat ‘n mens kan besit.

ged1

Die bybel bestaan uit 66 boeke met 2 hoof afdelings. Die kan weer onderverdeel word in 12 historiese boeke, 5 digtersboeke, boeke van die 5 groot profete en die die 12 boeke van die klein profete. Dit wys ons daarop dat maak nie saak hoe groot of hoe klein jy is nie, in God se oe is jy belangrik. Van die korste vers tot die langste boek het sy plek. Nes ons eie verloop van ons lewe elke ding op sy tyd geskied. Nes die bybel die gedagte van God, die toestand van die mens en die weg van saligheid aanwys, wys dit ook aan ons die rigting van ons lewe.

Soos ons deur die bybel lees so sien ons God se hand in alles. Ons sien die berou wat Hy gehad het vir ons sonde. Ons beleef en ervaar sy woede met die groot vloed en die sparing van Noag. Daar is ook die verskuilde boeke of aprokriewe boeke wat uitgehou is met die vertaling deur Koning James.

Maar enige storie het ‘n begin en ons begin in die vorming van die mens en die mensdom. Nes jy gevorm is in ‘n moederskoot is die mensdom deur God gevorm. God is prominent want Hy is in beheer van alles. Hy beheer die aarde, die waters, die diere, die mensdom. Jou en my asemhaling is te danke aan Hom wat aan ons lewe geskenk het. God bepaal ons tydperk, ons pad en ons lewens.

ged5

Hy skenk aan ons die 10 gebooie. Nie om ons te straf nie maar om aan ons riglyne te verskaf sodat ons kan lewe in harmonie met alles en almal. Maar so slu soos Satan is word ons verraai en uitgelewer aan ‘n straf wat ons lewens dramaties verander.

Nes die ou testament die geskiedenis is van wat gebeur het voor Jesus se gebore kan ons sê dis soort gelyk aan ons tyd op aarde. Ons word gestel voor keuses. Grense word gegee en riglyne word gebied. Of ons luister en gehoorsaam is ons eie besluit. Ons moet met dit saamleef wat ons elke dag besluit. Vandat ons ons oe oopmaak totdat ons ons kop neerle.

Ons daaglikse handelinge is soveel meer as net dit wat ons doen. Dis ‘n manier van lewe. ‘n Manier van vertel wie en wat ons is. Ons skryf ons eie ou testament. Ons eie gedigte en ons is ons eie profete. God is ons leidsman indien ons Hom verkies. Dan is ons Stuurman altyd op koers en ons testament een van geloof, hoop en vrede. Ons kan leer uit ons foute en nader beweeg aan God.

tyd2

Hoe lyk jou ou testament? Hoeveel gedigte van wysheid het jy al geskryf? Wie het jou pad en storie bepaal? Wie is die ware JY?

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s