Trots BOER

Sjoe wat ‘n eer vir so ‘n groot woord, BOER. ‘n Boer is soveel meer as net ‘n boer. Hy is die skaapwagter wat oor sy kudde waghou en sekermaak dat sy familie versorg is. Jesus het Sy skape bewaar en Hy het hulle getel en doen dit nogsteeds elke dag. Die Herder sluimer of slaap nie. Hy beskerm Sy kudde.

FB_IMG_1509187027818

Daagliks hoor ons so baie van plaasmoorde. Vrouens en kinders verloor ‘n pa, ‘n ouma of oupa verloor ‘n seun, gemeenskap verloor ‘n vriend en Suid-Afrika verloor ‘n boer. Op facebook lees mens so baie dinge en mense se redenasie maak partymaal ook nie lekker sin nie. Daar word gese dis alles onnodig niemand gaan dit sien nie. Daar word gese dat hulle gaan laat wees vir werk en waarskuwings kry. Daar is mense wat van mening is hoekom nou na nog 1 boer se dood. My antwoord is eenvoudig.

Tydens die boereoorlog is hande gevat. Hulle het in slote gelê en hande gevat. Hulle het hulle waens in sirkels getrek en hande gevat. Hulle vrouens en kinders was in konsentrasie kampe en elke aand het hulle hande gevat. Hulle was op hulle kniee. Saam HANDE GEVAT, gebid, geglo, vertrou. Hulle bloed het gevloei maar hulle droom vir ‘n land van hulle eie. ‘n Land waar hulle kon boer en voortbestaan.

FB_IMG_1509131500464

Kyk waar staan ons nou. Nou is hande vat volgens party nie reg nie. Trekkers trek op die hoofweg is nie reg nie. Is dit nie laers trek nie. Is die hande vat nie dieselfde as toe die boere langs mekaar gestaan en geglo en gebid het dat alles sal eendag vir iemand iets beteken.

FB_IMG_1508061326260

Ek is trots om te se ek het ‘n familie wat boer. Neefs wat die familie naam hoog hou en nie toelaat dat hulle weggedryf word nie. Dink bietjie waar sou julle gewees het sonder die boere. Geen kos opi tafel, geen water in die krane en geen elektrisiteit nie. Ja die boere het die uitvindsels van damme en elektrisiteit begin. As dit nie vir die boer was nie was jy nou niks.

tyd7

Trots afrikaans beteken trots BOER. BOER beteken ek en jy. Dink net die mag tot ons beskikking as ons saam hande vat. Nie een nie nie twee nie duisende. Die gebed is soveel sterker as ‘n groep saam staan en se: God hier is ons. Ons vat hande. Lei ons boere. Bewaar ons boere en hulle gesinne en seen ons land. God wees U ons herder. Hou ons as skape veilig en laat ons trots kan wees om een van U skape te kan wees. Dissipels wat voorloop en se genoeg is genoeg.

Kom ons keer terug na die geloof van ‘n kind. En onthou; SONDER BOERE IS ONS NIKS.

FB_IMG_1509215678411

Dankie oom Lukas, Ockert en Pierre dat julle vir ons ‘n trotse voorbeeld is van wat dit is om trots boer te wees. Dankie aan julle familie en tannie Elna wat julle elke aand aan die Here opdra. Ek wil vir julle en al die boere se dankie dat ek elke dag iets het om te eet en weet more is daar nog want die boere is daar. Ons staan saam julle. Nou en altyd. Trots afrikaans. Trots BOER

FB_IMG_1508780047545

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s