Gedagtes

ged4

Dis seker een van ‘n mens se gevaarlikste dingetjies. Die vermoë om dinge te kan onthou. Party goed word tot in die fynste detail onthou. Gewoonlik is die seerste herinneringe dit wat mens die meeste onthou want dis die wat by mens spook.  Dis daai gedagtes van wat as…….. As ek maar net eerder …………. Hoekom het dit gebeur? DIe gedagtes kan oorverdowend wees en mens se menswees uitsuig in ‘n warrelwind van mislukking en vrees.

ged6

Dan is daar die klein droompies langs die pad wat waar word. Die goeie goed wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Jou kinders wat jou daagliks drukkies gee. Die woorde Mamma ek is lief vir jou. Dankie en asseblief. Dis die dade wat elke dag getuig van liefde en omgee. Partykeer is dit woorde en ander kere is dit gebare. Maar dit maak nie eintlik saak nie want al wat eintlik tel is die omgee, die liefhê, die samesyn.

ged8

In Jesaja 26:3 staan daar; “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mens wie se gedagtes op U gerig is”. In ons daaglikse denke, moet ons probeer om oor die liefde, goedheid en goedertierenheid van God se beloftes te dink, dit sal ons in staat stel om ons gedagtes op God te fokus. Ons moet absoluut daarop gefokus wees om enige negatiewe of bose gedagte wat by ons opkom, onmiddelik te verwerp en af te breek. Soos in 2 Korintiërs 10:4-5; “Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word, ons neem ook elke gedagte gevange, om dit aan Christus gehoorsaam te maak”. In Jesaja 26:3 staan daar; “U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mens wie se gedagtes op U gerig is”. In ons daaglikse denke, moet ons probeer om oor die liefde, goedheid en goedertierenheid van God se beloftes te dink, dit sal ons in staat stel om ons gedagtes op God te fokus. Ons moet absoluut daarop gefokus wees om enige negatiewe of bose gedagte wat by ons opkom, onmiddelik te verwerp en af te breek. Soos in 2 Korintiërs 10:4-5; “Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word, ons neem ook elke gedagte gevange, om dit aan Christus gehoorsaam te maak”.

ged7

Ek sit vanaand langs my seuntjie in die bed. Hy is vir die een of ander rede bang. Sy ogies smeek vir mamma wat net daar moet sit. Dis hoe ons met ons verhouding met God moet wees. Ons moet Hom in Sy oë kyk en Hom vertel wat ons pla en weet dat al praat ons in ons gedagtes, al gesels jy met hom in jou kar oppad werk toe en mense dink jy is mal, is jy by Hom. Hy luister. Hy hoor. Hy is daar. Geen ding/taak/vrees is ooit vir Hom te groot nie. Al wat ons weerhou van die wete van omgee arms is ons eie vrese om te praat. Ons word groot gemaak in ‘n samelewing van jy praat nie van jou swakheid nie want dit is nie gehoord nie. Jy moet kan swem want sink is in vandag se lewe nie ‘n opsie nie. Die swakkes word uitgedryf want die gejaag na sukses is te vinnig en die pas ‘n wedloop na tyd.

ged8

Galasiërs 5:16-18 en 25 sê: “Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. ‘n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil sondige dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie”.

ged11

Dis waar ons moet wees. By God. In sy arms en omvou met liefde en die wete dat maak nie saak hoe groot jou vrees is nie vir Hom is dit ‘n vulletjie. Al wat jy moet doen is om dit vir Hom te gee. Gee Hom die teuels van jou lewe. Laat Hom jou lei. Jou gedagtes orden en jou lewe verander in ‘n sukses verhaal. Ja dit is nie altyd maklik nie. Sjoe, mens praat nie oor sulke goed nie. Ons is mos nie sussies nie en is sterk groot gemaak. Sterk mense kan nie sukkel nie. Sterk mense het nie probleme nie. Die waarheid is sterk mense se lot is swaarder en laste meer. Hulle moet alles alleen dra want selftrots is in beheer van hulle lewe. Dit is veronderstel om beheer te word deur God. Sy juk is sag en jou bagasie is nie eers iets wat Hy voel nie. Hy is jou Pappa Vader. Nes jy as kind by jou aardse pa gaan aanklop kan jy by Hom gaan aanklop. Hy is ‘n gedagte weg. Hy is by jou. Altyd. Of jy Hom nou daar wil hê nie.

ged9

Monsters verdwyn in die niet en word verower. Vrese verdwyn en genesing kom op die regte tyd. Die tyd wanneer jy die oorgee aan die een wat kan. Die tyd wanneer jy sê Hier is ek Here. Vat my ek is joune. Hoe kan mens vir so liefdevolle Pappa Vader nee sê. Sy liefde ken geen perke en geen einde. Sy gedagtes kan joune word en jou lewe Syne soos reeds geskryf in die boek van die Lewe. BIBLE = basic instructions before leaving earth. As mens iets koop en glo in vandag se tegnologie is instruksies nodig, hoekom nie die bybel se instruksies volg nie. Stap vir stap lei dit jou na groen weivelde van rus. Bring dit jou by waters van rustigheid en heil.

ged3

My uitdaging is neem elke gedagte en gee dit aan die Here. Gee Hom die geleentheid om jou te wys hoe lief Hy jou het. Begin by een ‘n dag. Al kry jy nie dadelik jou antwoord nie sal dit kom wanneer dit Hom behaag en die tyd reg is. Dink net as jy elke dag net een probleem vir Hom gee hoeveel ligter jou las sal wees. Probeer dit gerus en GLO en VERTROU dat Hy jou Vader is wat jou nooit sal verlaat nie.

ged10

Pappa Vader ek lê vandag die volgende voor U voete neer. Ek lê my 3 seuns voor U. Here U is hulle leidsman. Hou hulle veilig en omvou hulle met al U liefde en laat hulle weet hulle is nooit alleen nie. Here ek lê my familie voor U. Daar waar daar seer is maak dit heel. Daar waar daar “oorlog” gevoer word met woorde en dade bring rustigheid en helderheid van verstand. Here daar waar Tannie Elna en Oom Lukas en hulle familie op die plaas is hou hulle veilig Here. Ons boere doen soveel vir ons land. Hulle werk is die belangrikste. Soos ‘n goeie vriend eendag gesê het ek lyk so goed want ek eet so goed en dis alles te danke aan ons boere. Hou hulle veilig in hulle edele werk om vir hulle medemens te kan voorsien. Here gaan saam met my vriende. Here party van hulle gaan deur moeilike tye en ander het net die wete nodig dat hulle nie alleen is nie. Here seën almal waarmee ek my paaie kruis. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor elkeen wat hierdie lees. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor elkeen van my familie en vriende. Omvou ons met U onvoorwaardelike liefde. Here U is ‘n God van vergifnis. Ons staan nederig voor U. Vergewe alles wat ons verkeerd doen as sondaars. Ek bid dit alles in U groot en almagtige naam.

Amen.

ged5

Mag julle geseënd wees met alles wat goed en mooi is. Gevul met liefde en vreugde.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s