Die klein dingetjies

FB_IMG_1504710259022

Elke dag word ons geseën met klein dingetjies in die lewe. Ek sit en kyk die fliek Tarzan. Ek dink terug aan die dae van ons kindwees. Toe Tarzan se stories ‘n storie was van illustrasies en ‘n teken wêreld van prente en verwondering. Tarzan wat groot geword het tussen ape en terug gekeer het na die menswees waartoe hy gebore was.

11221294_867157853319718_3334821935892416783_n

Hoe werk dit nie ons lewens ook so nie. Ons lewe is ‘n illustrasie van alles wat elke dag met ons gebeur. Die week was ons skool se matriekafskeid. Ek het die voorreg gehad om afskeid te neem van leerders wat my pad gekruis het reeds in Graad 5. Ek het die eer gehad om hulle te sien groei van kindwees tot grootmens word. Die aand was die seuns en dogters nie meer klein laerskool kindertjies nie maar jong volwasse mans en vrouens wat hulle lewenspad begin. Hulle toekom lê voor hulle oop gespan en al wat hulle moet doen is die keuse maak van watter rigting hulle gaan inslaan.

11822831_864543476914489_8759131234110103396_n

Dan kyk ek terug na dingetjies wat my seuns die week gesê het. “Mamma ek het nooit geweet ‘n bees is so groot nie.” In die fliek staan Tarzan voor ‘n olifant en ek besef hy weet nog nie regtig van groot nie. Daar is soveel wat ons kinders moet leer. Soms vergeet ons dat dit die klein dingetjies is wat vir hulle die meeste beteken. Soos om ‘n supertube te gly wat hoog is en op tubes te baljaar. Mens vergeet dat die wêreld nog vir hulle ooplê en die moontlikhede oneindig is.

11866375_868779226490914_7333207682828313522_n

Soos die verhaal afspeel wonder ek hoe God ons paaie beplan het. Hy het ons tyd op aarde haarfyn uitgelê in die wete dat wat Hy ook al op ons pad plaas ons dit sal kan oorkom en oorbrug. Hy het ons die nodige kennis gegee in sy woord om ons keuses te kan maak en om dit pad te stap na Sy padkaart. Die keuse is altyd in ons hande. Die tyd in Syne.

thA0IS7QWH

Nes my kinders die ondervinding gehad het om plaaslewe te kon ervaar kan ons elke dag aan ons kinders die keuses bied om lewe te ervaar. Die keuse te gee om hulle eie weg te kies en hulle paadjies te wandel. Ons moet net glo dat die fondasie soos deur ons gelê gegrond is om die Woord van die Here en dat hulle daarin sal krag vind en wysheid.

734572_734932663204374_4980425563043595952_n

Elke ding het sy tyd en plek. Elke plantjie groei met sy eie tempo. Ons speel musiek volgens die blad van note. Ons lewens geanker in die ritme van elke dag.

11800521_1004725002906121_8848395276355697930_n

Lewe elke dag voluit. Voluit vir elke sekonde, vir elke minuut. Los jou legende in jou kinders en weet dat God jou Pappa Vader is en dat jy alles is deur Hom wat jou krag gee. Ek bid die bloed van Jesus Christus oor elkeen wat hierdie woorde lees en hulle eie maak. Ek seën julle in die wete dat julle goed sal doen met die kennis va die fondasie en die woord om op te bou. Hou jou oë gerig na BO. Jy sal nie wankel nie en ook nie struikel nie.

Wees geseënd in sy Groot en Almagtige Naam. Amen

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s