‘n Dankbare Moeder Hart

pl2

Wat ‘n ongelooflike lekker naweek.  ‘n Belewenis. ‘n Nuwe uitkyk na die lewe. My 3 seuns het vir die eerste keer plaaslewe ontmoet. Mens besef al met die eerste oggendson hoe ongelooflik en indrukwekkend die Here die heelal geskape het. Elke dingetjie is perfek geskape.

 

images0BSC1P8X

Ek wil graag vir 3 ongelooflike mensie sê baie dankie. Julle het soveel vir my kinders geleer die naweek. Die eerste oggend het Tannie Elna vir hulle magneet hartjies op klippies gewys. My laat besef dat ons almal magneet hartjies het. Ons magnete word ook geskaaf en partykeer verloor ons die aantrekkingskrag agv die drukke van die lewe maar dan kom ons magneetvelde weer terug en die Here voorsien ons opnuut met al die krag wat ons nodig het.

vrug6

‘n Koei moet kalf. Daar moet gehelp word. Pootjies word vasgemaak en daar word getrek om ‘n lewe te skenk maar God weet beter. Hy leer die seuns dat soos Hy lewe kan gee neem Hy ook en ‘n hartseer boerhart sal geseën word met ‘n volgende kalf op sy regte tyd.

Die dam word aangedurf. Nes ons daagliks die damme in ons lewe aandurf. Ons “launch” ons bootjies elke oggend om ons vissies te vang en ons kossies vir die dag te verdien. Partykeer is ons vangs goed en anderkeer leer ons meer uit die ondervinding as net die blote vangs van ‘n vissie.

vrug 4

Die opwinding hou nie daar op nie en ystervarke moet gekap word. Sjoe. Die seuns is al moeg maar spring is baie. Alex kom terug met sy eerste ystervark en binne minute word my kind groot. Sy gesig volwasse in die wete dat hy geleer het die natuur gee en alles is ;n sameloop van omstandighede.

Beeste word getel en aangejaag. Nes God elke dag sy skape tel en verseker dat ons almal elke dag in ons kampies van die lewe is. Daar word gesien hoe koeie gemelk word en hoe die natuur voorsien. Anika en Harry wys hulle die vulletjie en perde by die spruitjie. Perde word gevoer uit die hand nes ons daagliks gevoer word uit die hand van God se woord.

Soveel lewens lesse. Hoe kan ‘n ma ooit genoeg dankie sê vir die naweek van ‘n leeftyd. Dankie Tannie Elna, Tannie Petra en Oom Lukas. Dit wat my seuns hier geleer het is lewenslesse wat hulle vir altyd saam met hulle sal dra. En die dankbare mamma se hart is ongelooflik bly dat hulle die ervaring met ope arms geniet het.

Mag liewe Jesus julle seën elke dag vir alles wat julle vir almal doen. Julle sal nooit werklik besef die waarde van julle liefde en omgee en wat julle harte vir ons beteken nie.

ma5

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s