Op die plaas

pl1

Dis ‘n nuwe dag. Die son het opgekom. In die verte hoor mens die beeste bulk en die voëltjies tjirp.  Watter voorreg om te weet die Here het die dag spesiaal vir ons geskep. ‘n Nuwe dag vol uitdagings en vol nuwe herinneringe.  So baie keer vergeet ons van dit wat belangrik is in ons lewens. Ons kyk die klein goedjies mis wat van onskatbare waarde is.

 

Soos die beeste bulk hoor mens jou hart klop en jy hoor die magtigheid van die dag. Jy besef dat die dag geseend is en soos die woorde spreek uit Psalm 50 verskyn God in sy prag en Hy bly nie stil  nie. Hy ken die berge en roep die velde en Hy het alles volmaak geskape.

 

Die dag begin soos vooraf beplan maar die lewe se lied roep en die pad en planne verander. ‘n Koei moet geboorte skenk aan ‘n kalf. ‘n Wonderwerk moet gebeur. Lewe word geskenk. Maar soos die lewe se pad ook loop is niks geskryf soos deur ons bepaal nie maar soos bepaal deur die Here. Die kinders is opgewonde. Hulle gaan die geboorte sien van ‘n kalf. Met baie hulp en inspanning kom die kalf die wêreld binne met ‘n ander plan. Gebore maar oorlede. Vir ons is dit so wreed en almal hartseer. God se plan was reeds geskryf. Ek sal julle wys Ek kan lewe gee en lewe neem. Julle is van my afhanklik.

Die hartseer verdwyn soos die pas van die wêreld weer aangegee word. Dagtake moet gedoen word en die stilte word gebreek met harde werk. Soos die tyd stap wonder mens wat nog opgelewer gaan word tydens die dag en met elke nuwe oomblik is ons geseend met familie en liefde en seën.

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s