‘n Nuwe lewe

Geboorte

2

‘n Klein mensie neem lyf aan en gee haar eerste skree aan die mensdom. Ek is hier. Uiteindelik ek is hier. Ek is nuut. Kyk ek het nog vrugwater en vuilplekkies op my lyfie. My haartjies is deurmekaar en niemand wil my juis optel en troos nie. O nee dis naalde en INSPUITINGS en meet dit, tel dit. Ek kry sommer binne 5 minute ‘n antwoord op my som en dit beteken ek is goed of sleg. Wat maak ek ou vuilgesiggie nou. Nou wag jy.

O vrek hierkom hulle. Dis ‘n bak water. Weet julle ek was vir nege maande net in water. Ek wil nie meer water sien nie. Nee skree ek oor en oor en niemand hoor sy moet gewas word. Sy word dan met die mooiste nuutste kleretjies aangetrek en almal spog saam my op fotos. Baie lag is nie lekker nie so so tussen in gee ek ook nog ‘n tantrum of 2. Net sodat almal moet onthou ek is klein en oulik maar pasop.

3

Dan staar ek vandag na my oudste seun. Sjoe waar is die tyd heen. Die dae toe jy op mamma se bors aan die slaap geraak het en ek ure na jou kon staar. Waar is die dae van vuildoeke, bottels was en maak en moet nie die kosbaarste besitting my dummy vergeet nie. Na 14 jaar is elke oomblik nog net so kosbaar.

En dis hoe ons vir God is. Vanaf die gedagte van jou tot waar jy nou is, is God. Hy het jou gevorm en gemaak. Jou pad bepaal en doelwitte gestel. Hy het jou opdraendes en potholes uitgele en ook die nodige backup plan gegee sou jy dit nodig kry.

4

Maar hoeveel van ons kan regtig se ons is nog daai werd. Glo ons in Hom soos Hy in ons glo. Vertrou ons op Hom soos Hy ons vertrou? Met elke stampie en seer plekkie wat reggesoen word/was, was God daar en het Hy klaar gesorg vir genesing.

7

Kom ons keer terug na ons eerste dag. Daai eerste skree en skree uit volle bors: U IS MY GOD, MY REDDING, MY LEIDSMAN, MY VADER. Vir U is ek ontelbaar lief. To the moon and the stars and back. Sonder U is ek niks en wil ek niks wees nie. Ek neem U hand Here. Lei my op U pad. Ek is u sin. Ek glo in liefde, hoop en genesing vir elkeen van U kinders.

6

Pappa Vader. Vanaand wil ek voor U elke kind neerlê. Groot, klein, oud, jonk. Neem hulle hande Heer. Gee hulle daai eerste pakslae se troos en omvou hulle in U kosbare arms. Binne daai arms kan niks ons omkom nie. U soen die seertjies gesond. U kan genesing bring waar geloof sterk staan. Pappa Vader. Ek bid die bloed van U seun Jesus oor elke huis, oor elke familie, oor elke vriend, vreemdeling en toekomstige vriend. Seen ons paaie en as ons ons wapen rusting aan getrek het maak ons sterk van binne. Here ek wil U dien. Nou en altyd.

Amen.

5

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s