Asem

Asem. Suurstof. Asem in, asem uit. Benodig vir elke dag se lewe. Die Here sê in Genesis 2 dat die mens gemaak was uit stof van die aarde en dat Hy lewe geblaas het in hulle neus. Hy het ons elkeen geseën met ‘n kosbare siel. Die siel is van vlees en bloed maat die Here sê dat Hy op die altar vir ons siele versoening gegee het want die bloed bewerk versoening. Versoening deur die bloed van sy kosbare Seun Jesus Christus.

images0BSC1P8X

Elke wese word gebore met ‘n vreeslike seer pakslae. Die doel is om die suurstof in die longe te sit en sodat almal kan weet jy het ‘n stem en jy haal asem. ‘n Stem. Gegee deur God. Met ‘n stem raak jy mense om jou aan. Die dingetjies wat jy sê, van grappies tot argumente los ‘n stofdeeltjie van jou siel, jou asem agter.

Sonder lug kan ons as mens nie oorleef nie. Job 33:4 sê: “Die Gees van God het my gemaak en die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.” Hoekom mors met asem? Dis so kosbare geskenk wat partykeer gemors word op onnodige woorde wat seer saai. MAAR wat ‘n kragtige vorm van versterking en vertroosting.

1

Net soos die Here aan ons asem gegee het het jy ook bepaal hoe lank ons dit gebruik.Handelinge 17:25 “Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.” Sy belofte is kosbare asem.

Elke oggend begin jy met ‘n inteug van suurstof. Jy maak jou longe vol met suurstof sodat jy jou dagtaak kan begin. Met die inasem besluit jy reeds hoe jou dag gaan verloop. Jy is of positief of negatief, vriendelik of kwaad. En dis hoe jou dag gaan verloop. Elke keer wat jy inasem is deel van ‘n gedagte wat jy oor jouself gespreek het. Na elke uitblaas blaas jy nie net vuil lug uit nie maar jy asem ‘n bietjie van jou siel uit. Hoe is die asem gebruik? Het jy goed gedoen en geseën of afgebreek sodat iemand in stukke is.

imagesGNW71209

Net so kan mens die kosbare geskenk gebruik om asem in iemand se lewe te blaas. Jy besit die vermoë om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Al wat jy moet doen is diep inasem en begin praat. Praat ja. Maar met wie en hoekom? Die Here sê sy telefoon is altyd aan. Daar is nie ‘n silent nie en ook nie ‘n on hold nie. Jy kan inspraak maak op ‘n ander en ‘n ander seen en ‘n ander se lewe verander. Gebed is ‘n asem. ‘n Asem van lewe. ‘n Versoek, ‘n behoefte. Hoeveel keer was jy al in ‘n situasie waar jy kwaad was en sodra jy afgeblaas het voel jy beter. Dink net as jy so afblaas en die Here sê Ek hoor en Ek is hier. Ek bring genesing Ek spreek lewe. Ek is hoop, ‘n anker en ‘n lewende belofte dat julle nooit alleen is nie.

Sy genade is grensloos en vol lewe. Neem ‘n diep inasem en hou dit daar vir ‘n paar minute. Gee jouself oor aan die Here in die wete dat Hy jou nooit sal verlaat nie. Dat Hy jou sal vul met net meer en meer genade. Blaas uit al jou probleme en sorge en weet dat Hy genesing bring vir almal wat seer en siek is.

imagesUNAD0CTY

Asem. Asem in. Asem uit. Asem in, Asem uit.

Dankie Pappa Vader vir die kosbare geskenk van asem. Die teken van lewe en die teken dat U met ons is van dag 1 tot die laaste. Dankie dat U die vader van genesing is en dat U die wat seer het sien en hulle omvou en hulle dra. Dankie dat hulle asemnoot nie op lee longe val nie maar dat U die asem en lug van genesing en geloof en alles wat goed is in ons terug laat.

Blaas asseblief U asem van genesing in elkeen van ons se lewe. Vul ons longe met geloof en laat ons elke asem teug gebruik tot eer van U groot en heilige naam. Amen.

Asem. Suurstof. Asem in, asem uit. Benodig vir elke dag se lewe. Die Here sê in Genesis 2 dat die mens gemaak was uit stof van die aarde en dat Hy lewe geblaas het in hulle neus. Hy het ons elkeen geseën met ‘n kosbare siel. Die siel is van vlees en bloed maat die Here sê dat Hy op die altar vir ons siele versoening gegee het want die bloed bewerk versoening. Versoening deur die bloed van sy kosbare Seun Jesus Christus.

2

Elke wese word gebore met ‘n vreeslike seer pakslae. Die doel is om die suurstof in die longe te sit en sodat almal kan weet jy het ‘n stem en jy haal asem. ‘n Stem. Gegee deur God. Met ‘n stem raak jy mense om jou aan. Die dingetjies wat jy sê, van grappies tot argumente los ‘n stofdeeltjie van jou siel, jou asem agter.

Sonder lug kan ons as mens nie oorleef nie. Job 33:4 sê: “Die Gees van God het my gemaak en die asem van die Almagtige het my die lewe gegee.” Hoekom mors met asem? Dis so kosbare geskenk wat partykeer gemors word op onnodige woorde wat seer saai. MAAR wat ‘n kragtige vorm van versterking en vertroosting.

Net soos die Here aan ons asem gegee het het jy ook bepaal hoe lank ons dit gebruik.Handelinge 17:25 “Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.” Sy belofte is kosbare asem.

Elke oggend begin jy met ‘n inteug van suurstof. Jy maak jou longe vol met suurstof sodat jy jou dagtaak kan begin. Met die inasem besluit jy reeds hoe jou dag gaan verloop. Jy is of positief of negatief, vriendelik of kwaad. En dis hoe jou dag gaan verloop. Elke keer wat jy inasem is deel van ‘n gedagte wat jy oor jouself gespreek het. Na elke uitblaas blaas jy nie net vuil lug uit nie maar jy asem ‘n bietjie van jou siel uit. Hoe is die asem gebruik? Het jy goed gedoen en geseën of afgebreek sodat iemand in stukke is.

imagesNHKAYWPU

Net so kan mens die kosbare geskenk gebruik om asem in iemand se lewe te blaas. Jy besit die vermoë om ‘n verskil in iemand se lewe te maak. Al wat jy moet doen is diep inasem en begin praat. Praat ja. Maar met wie en hoekom? Die Here sê sy telefoon is altyd aan. Daar is nie ‘n silent nie en ook nie ‘n on hold nie. Jy kan inspraak maak op ‘n ander en ‘n ander seen en ‘n ander se lewe verander. Gebed is ‘n asem. ‘n Asem van lewe. ‘n Versoek, ‘n behoefte. Hoeveel keer was jy al in ‘n situasie waar jy kwaad was en sodra jy afgeblaas het voel jy beter. Dink net as jy so afblaas en die Here sê Ek hoor en Ek is hier. Ek bring genesing Ek spreek lewe. Ek is hoop, ‘n anker en ‘n lewende belofte dat julle nooit alleen is nie.

Sy genade is grensloos en vol lewe. Neem ‘n diep inasem en hou dit daar vir ‘n paar minute. Gee jouself oor aan die Here in die wete dat Hy jou nooit sal verlaat nie. Dat Hy jou sal vul met net meer en meer genade. Blaas uit al jou probleme en sorge en weet dat Hy genesing bring vir almal wat seer en siek is.

Asem. Asem in. Asem uit. Asem in, Asem uit.

Dankie Pappa Vader vir die kosbare geskenk van asem. Die teken van lewe en die teken dat U met ons is van dag 1 tot die laaste. Dankie dat U die vader van genesing is en dat U die wat seer het sien en hulle omvou en hulle dra. Dankie dat hulle asemnoot nie op lee longe val nie maar dat U die asem en lug van genesing en geloof en alles wat goed is in ons terug laat.

Blaas asseblief U asem van genesing in elkeen van ons se lewe. Vul ons longe met geloof en laat ons elke asem teug gebruik tot eer van U groot en heilige naam. Amen.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s