Samesyn

 

images8Y4WK7V7

Dis so klein woordjie maar die betekenis agter dit alles is asemrowend groot. Samesyn word geken aan die definisie van ‘n vriendelike verhouding wat gekenmerk word met gereelde kommunikasie en wedersydse verstandhouding. Dis die dingetjies saamdoen. Die vinnige goeiemore geniet jou dag. Dis die prentjie wat jy eerste ding in die oggend kry en jy weet vandag pak ek nie die dag alleen aan nie. Ek pak hom aan saam met my vriende in samesyn.

Maar tog kom satan iewers langs die pad sy verskyning maak en bring die gevoel van alleenheid, gebrokenheid saam. Dit is egter iets wat normaal is. Baie mense voel met tye alleen. Selfs die gewildes in die skool of die beste by die werk. Dit gaan nie oor hoeveel vriende jy het nie maar eerder oor die kwaliteit vriende wat jy het.

530727_521192937900912_1158734379_n

“Al die dae van die geteisterde is sleg, maar wie vrolik is van hart het voortdurend ‘n feesmaal” Spreuke 15:15

“Wie hom afsonder sal …….. teen alle praktiese wysheid losbreek” Spreuke 18:1

Die Here het ons uniek gemaak.  Hy het ons pad vir ons gebaan en op die pad reeds mense geplaas om lewens te verryk. As ek so net na my eie lewe kyk. Sjoe ek was al op vele plekke agv my ex man se werk. Maar op elke dorp is my lewe verreik. Vryheid in Natal het ek vriendinne gemaak wat ek tot vandag toe nog sal onthou. Van ons koffies wanneer ons in die personeelkamer inkom in die oggend tot ons deur die modder moet swem na ons karre toe. DIe lekker tee drink sessies en net saam sit en huil en saam mekaar optel. Suzet jy is en sal altyd baie spesiaal vir my wees.

img-20161005-wa0002.jpg

Dan kom die leerders in. En daar was baie. Veral een spesiale dame. Ek onthou my laaste swangerskap was moeilik. Sjoe en haar ma het magic hande gehad wat seer en geswelde voete enige tyd kom vertroos. Pearl jy was soveel meer as net ‘n leerder. Selfs na my seuntjie se geboorte het ons op die voorkamer mat gesit en voorberei vir die eksamen. En nou is jy geseen met pragtige kinders.

Standerton. Die een plek waarheen ek nie wou gaan, maar waar ek onvoorbaardelik geseen was met soveel goeie mense. Serina jy het die eerste dag as parra se juffrou in my hart gekruip. Jy was meer as net sy juffrou. Jy was my beste vriendin. Jy het my gedra toe my bene nie wou nie. Jy het my staande gehou toe my hart stukkend was. Oom Jimmy en Tannie Marolene julle was daar as ek net ‘n huis wou he vir liefde en ondersteuning. Julle het my bygestaan en deur seker een van die moeilikste tye in my lewe gedra. En dan Michael. Jy is nie meer met ons nie maar jou plekkie altyd leeg. Jy het my geleer dat met geloof kan ek die verste moontlike pad stap.

tyd3.jpg

Toe word my drome waar en ‘n man ontferm hom oor ‘n enkel ma met 3 kinders. Solly jy is my yster en rots. Jy dra my wanneer ek nie myself kan dra nie. EN dan my leerders. Daar is soveel van julle. Julle name in my hart gegraveer. Julle plekkies altyd spesiaal. EN saam met hulle kom nog vriende. En die wat bykom las by die wat reeds is en verhelder mens se lewe net nog meer op. Julle het die manier om dinge op die regte tyd op die regte plek te se en te doen.

img-20161214-wa0000.jpg

Hoekom gebeur sulke dinge. Die antwoord is maklik. God het die pad al gestap en die mense alreeds gekies. Hy weet wanneer hulle nodig is en Hy weet wanneer om nog te stuur. AL wat jy moet doen is GLO. GLO dat Hy daar is en Hy jou nooit sal versaak nie. Hy is God, groot en almagtig.

Watter een om so ‘n God te he. Watter seen om sulke vriendinne en vriende te he. Watter eer om leerders te he waarin ek ‘n hand van sukses gehand het.

Dan word die dankies baie want mens se seen is oorweldigend baie. Jy besef dan jy is nie alleen nie. Nooit nie. Daar is te veel mense wat omgee en bid en daar is. Alles kan net goed gaan met die wat glo en vertrou

2a4fc241d736f0124aa740878d953270.jpg

Dankie dat ek julle my perels kan noem: Serina, Tannie Marolene, Renske, Suzet, Talitha, Ronel, Pearl, en al die ander op my fb lysie.

Lief julle ongelooflik baie.

img-20161013-wa0013.jpg

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s