Ek en my huis sal die Here dien

Gedurende die week was dit baie rof by my werk.  Ek is ‘n onderwyser was gewoont is om sterk te staan. Ek is die een by wie almal kom aanklop, die een wat raad gee en wie se oor altyd reg is vir luister en skouer reg is vir trane opdroog. Die rolle het egter gedurende die week gedraai.

530727_521192937900912_1158734379_n

Ek is geslaan deur satan tot op my kniee. By die skool is ek deur ‘n leerder gegooi met ‘n vol balon water. Toe die balon my tref het dit my ‘n oomblik geneem om te reageer. Wat het gebeur? Wat nou? Hoekom ek? Ek was gelukkig bygestaan deur ‘n wonderlike vriendin. Sy het my aan my arms geneem na ‘n plek van rustigheid waar ek tot bedaring kon kom.

Ek is huistoe en dokter toe en soveel goed het deur my gemaal. Wat doen ons as onderwysers verkeerd? Wat kan ek anders doen? Hoe kan ek weer teruggaan na die plek toe wat my op my kniee geslaan het? Die plek wat my passie en geloof wou steel want hoe kan God so iets laat gebeur?

546294_425965894107742_1169996811_n

 

Wel kom ek vertel jou hoekom. Johannes 17:20-21,23 sê die volgende: “EK bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir die wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U. Dat hulle ook in Ons mag wees sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld sal weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net noos U my liefhet” Wat ‘n blessing. Jesus sê ons moet ‘n eenheid vorm. ‘n Eenheid in God. ‘n Eenheid wat sterk sal staan teen die aanslae van die duiwel en sy trawante. As jy langs Jesus op jou kniee staan klop jou hart soos syne.

img-20161218-wa0004.jpg

Nou sit ek met die woorde: Ek en my huis sal die Here dien. Hy het my gewys dat partykeer moet mens eers tot op jou kniee kom en jou passie verloor voor jy jou geloof kan optel en ten volle ontgun. Die sinnetjie is kort maar die mag en krag van daai woorde in onbeskryflik groot.

As skool het ons ons bybel begin eenkant plaas. Leerders luister nie so hoekom moet ons moeite doen. Ons GROOTSTE fout. Dis juis dan wanneer jy moet opstaan en uitskree. EK EN MY HUIS SAL DIE HERE DIEN. Wyk satan want jy is in hierdie mure nie welkom nie. Kom uit jou gate en slote. Jou wegkruipplekke en tydelike vesting. Die plek is nie meer jou beskore nie. Die plek word deur die bloed van Jesus bevlek. Die plek word afgeseel met die bloed van die Seun van ons Vader. Deur Hom kry ons krag en deur Hom staan ons op. Hy is ons fondasie. Ons leiding en veilige vesting.

FB_IMG_1500631834516

Die is ‘n uitroep na elke persoon daar buite wat moeg en oorlaai voel. Wat voel die wereld slaan jou op jou kniee en jy kan nie op nie. Ek sê vir jou: In die naam van die Here Jesus ons Christus staan op. Jy is gevestig en geanker. Jy is heel. Satan wyk en ek seel jou af met die Heilige Bloed van die Een wat Sy lewe vir ons gegee het.

Abba Vader. Seen elke persoon wat die boodskap lees. Pappa Vader help elke gebrokene om heel te word. Maak die stukkies bymekaar en plak hulle wees op hulle plekke met U hand en U arms om hulle omvou. Abba Vader, U is soveel meer as net ‘n Vader, U is ‘n leidsman, U is ‘n veilige vesting, U is oorwinnaar.

15208_605942686100429_1611392197_n

Dankie dat U my stukkende plekke heel gemaak het met U liefde en deur U oorwinning.

FB_IMG_1501175670852

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s