Gedagtes

Vandag is een van daai dae. Woorde word gehoor maar registreer nie. Dis asof die lewe ‘n wasige laag los waar jy eers alles moet ondersoek om te kom by die eindpunt. Gedagtes moet gevorm word. Elkeen op sy plek met sy eie betekenis.  Dit kan ook nie deurmekaar wees nie want dit is nie hoe dit gedoen moet word nie.

images8Y4WK7V7

Tydens gister se vriendskapsessie van die dames by ons kerk word gesels oor vriendskappe. Wat die beteken, wat die bou blokke is, die fondasies wat gele moet word en die goeie goed vir bystand en die slegte goed vir ondersteuning.

Wanneer is jy dan nou goed? En nou sit ek met al die gedagtes. Idees en onsamehangende gedagtes van wat ek wil se maar gaan dit reg uitkom. Gaan dit verstaan word.

FB_IMG_1501175670852

In Jes 42:16 belowe die Here dat hy die blindes sal lei. Hy sal uit duisternis lig maak. Hoe ongelooflik groot om te dink dat jy kan met een gedagte al die negatiewe en al die slegte wegsien met Sy hulp as jy net glo.

Dank kom die belofte in 1 Kor 3:10 waar Hy ons verseker van ‘n standvastige fondasie. Hy wat die boumeester was het dit so gele dat dit alles sal volstaan.

tyd4

Nou bind dit alles saam in vriendskap deur ‘n kruis. die reguit stokkie is die pas wat jy saam jou vriendin stap. Alles gaan mooi en almal is gelukkig. Dan kom die lustige duiwel en die lang opdraende stokkie sprei sy vlerke. Saam moet julle nou bene kou en sterk staan. Alleen kan jy nie. Jou vriendin word gebind met lint van liefde gegee deur God sodat Hy ons omvou met sy liefde en dat ons vriendskappe kan blom. Jy moet dit net water gee in geloof.

tyd1

Met gedagtes wat nie tot rustig kan kom nie wil ek graag die volgende vir julle se.

  1. wees opreg
  2. wees standvastig
  3. wees deugsaam
  4. wees  teenwoordig
  5. wees gevestig
  6. wees gegrond
  7. wees die BESTE vriendin wat jy kan wees altyd.

Ek wil jou ‘n uitdaging gee die week. Wys jou vriendin sy is jou fondasie. Al is dit ‘n drukkie of ;n knip van die die oog. Gee van jouself en ontvang onvooorwaardlik.

imagesjtt9k7rq

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s