‘n Huldeblyk aan ‘n spesiale jong man

FB_IMG_1501082752526
So baie keer word ons as onderwysers gevra hoekom doen ons wat ons doen? My antwoord is dan altyd dieselfde: as ek ‘n verskil in net 1 kind se lewe kan maak dan het ek my doel bereik. Maar die keer is die rolle omgeruil. Ek was een van ‘n paar onderwysers wat geseend genoeg was om deel te kon wees van ‘n besondere jong man se lewe.

FB_IMG_1500832624261
Aloys het nie ‘n maklike lewe gehad nie. En al het ons dit geweet het hy dit nooit gewys nie. Vir hom was sy probleme syne en het hy altyd die goeie in alles raakgesien. As sy vriende hom nodig gehad het was hy daar. Sonder eers om daaroor te dink sou hy alles gee om te help. Selfs die dag toe hy die gesogde titel van pappa kry het hy geborrel. Ek onthou al die trane in my kantoor. Die wense die drome en die een begeerte: ek wil my ouers, sussie en kind trots maak op my.

FB_IMG_1500631834516
Aloys vandag wil ek vir jou se my seun jy het. Jy het ‘n onderwyser se lewe verander. Jy het my geleer dat maak nie saak hoe moeilik ‘n saak lyk nie of hoe hoog die berg is nie as jy glo sal jy bo uitkom. Sy geloof was standvastig. Sy borrelende sprankelende persoonlikheid was aansteeklik. Hy kon mens altyd laat goed voel oor jouself. My kind jy sal nooit besef hoeveel lewens jy aangeraak het nie. Hoeveel van ons jy verbeter het nie. Jou voorbeeld sal ‘n legende bly by almal wat jou geken het.
Hulle sê dat die Here kom pluk net die mooiste blomme vir Sy koningkryk. Dit het Hy voorwaar gedoen. Hy het die mooiste en helderste blom kom pluk toe Hy jou kom haal het.

FB_IMG_1501175670852
Jou doel is bereik. Jou ouers en sussie is baie trots op jou. Jou kind sal leer watter legend sy pa was en glo my hy sal nes jy wees. Jou leemte is groot. Jou impak was besonders. Dankie dat ek vir kort tydjie deel van jou lewe kon wees. Aloys jou plek sal altyd leeg bly. Jou glimlag en drukkies sal gemis word. Dankie dat jy die verskil in my lewe gemaak het. Jy het dit verreik met liefde en hoop en ‘n wete dat ek jou eendag weer sal kan sien.
Rus sag en moet asseblief nie te veel poetse bak daar bo nie.
Opgedra aan Aloys Egel deur Juffrou Benson

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s