In die stilte van die nag.

530727_521192937900912_1158734379_n

Buite is dit donker. Mens hoor doer in die verte ‘n motor wat ry. Mittal is weer besig en die wêreld buite slap rustig toegegooi in kombers van die nag. Dis dan wanneer mens se gedagtes dwaal na alles om jou en jy dink aan jou “sondes” soos die ou mense sous ê.
Dis dan wanneer mens begin wonder oor alles wat oor jou pad geloop het gedurende die dag. Die vraag kom op: Wat het vandag spesiaal gemaak? Sjoe, waar sou mens begin. By die begin. Jy het vanoggend jou oë oopgemaak en die wereld ingegaan met ‘n rede. ‘n Pad wat vir jou gekies was en reeds bepaal was deur jou Skepper.

15208_605942686100429_1611392197_n
Jy het jou gesig gewas. Al die goed van gister is weggevee. Die slegte is vergewe want God het Sy seun gestuur vir jou en vir my. Ek sien facebook ‘n prentjie van ‘n bruid wat die bruidegom se voete gewas het op hulle troudag soos Jesus se voete gewas was en besef dis hoe ons daagliks ons gesigte moet was. Jy moet dit reining van alles van gister want gister is verby. Vandag is hier. Dis die nou wat belangrik is en die verlede is in die verlede. Klaar en gedaan.
Daarna trek jy jou aan vir jou dag se werk. Jou uniform. Jy klee jouself met ‘n wapenrusting. ‘n Wapenrusting aan jou verskaf deur die Here, jou Beskermer. Hy gee aan jou ‘n skild, ‘n wapen, helm en alles wat jy nodig het om jou te panser teen die dag. Die keuse is joune of jy dit gaan gebruik en of jy kaal deur die dag gaan stap. Eending weet ek verseker. Sonder die Here is ek niks en met Hom is ek tot alles instaat. Die potholes van die dag kan kom my bande se sole is dik en my wiele gereed om daar deur te ry. My voertuig sal my by my bestemming bring.

225144_423304147707250_424707825_n
Ek nuttig ontbyt en voed my siel met die woord en voedsel van die dag. Ek begin die dag opgedra aan die Hemelse Vader wat dit aan my geskenk het met ‘n belofte om dit voluit aan te durf en elke sekonde te maak tel.
Ek vertrek op my pad van die dag. Gereed vir enige iets. As die bose kom is ek reg want die Here is by my en Hy omvou my. Vir die goeie loof ek Sy naam en prys Hom want Hy is groot en Hy is goed. Vanaand as my magie vol is en ogies moeg sê ek dankie vir alles wat hy vir my gegee het. Ek vra vergifnis vir wat ek verkeerd gedoen het en sê dankie vir die seëninge onverdiend uit Sy Vader hand.

3160_409567235765951_531886154_n
Hier waar ek in die donkerte sit en skryf hoor ek my man se gesnork{hel ek wens partykeer daai straf is my gespaar-en die bome in ons buurt}, ek loer dat die my kinders snoesig toegedraai is in hulle warm komberse en maak seker alles is rustig. My gedagtes is by U Heer. U gee so baie en ons vra nog meer. Maar U antwoord is altyd ja Ek sal voorsien wanneer die tyd reg is My geliefde kind.
Pappa Vader ek wil vanaand ‘n gebed bring. Ek wil elke stukkende mens, elke sieke, elke kranklike, elke afvlerk mens by U kom lê. Here U ken elkeen van ons se harte. U ken ons gedagtes. U weet wat diep diep binne is. Here omvou elkeen van U kinders. Koester hulle by U voete. Hou hulle vas. Ek bid die bloed van U seun Jesus oor elkeen van U kinders. Here seen hulle paaie. Dankie Heer vir die voorreg wat ons het om U Pappa Vader te kan noem.
Amen.

546294_425965894107742_1169996811_n

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s