Hoe sê mens “Totsiens”

Liefde bied vertroosting. Die Here sê “Ek is lief vir jou sonder perke.” Afskeid is so finaal. So oneindige gevoel van verlies. Woorde kan nie terugbring of ‘n plek vul nie. Plekkies is leeg en woorde is min.
As mense na gesigte kyk sien mens ouderdom en wysheid. Mens besef dan hoe kosbaar elke minuut, elke sekonde is. Mens sien die trekke van herinneringe en soete verwelkomings. Die gevoel van leeg wees word onderdruk want daar is verwagtings wat gestel word deur almal teenwoordig.

Die Here se deure en poorte is oop vir ider en elk. SY engele is om ons, by ons, langs ons. Sy liefde staan vir ewig. Ek is jou God. Ek is jou Vader, jou hoop, jou toevlug, jou ewige lewe.
Al is berge hoe hoog en klippe hoe swaar vir Hom is dit ‘n veertjie, ‘n stofdeeltjie wat weggewaai word sodra Hy jou optel en veilig in Sy hande en arms dra. Hy sal jou veilig hou. Alleenheid is ‘n gevoel wat net ‘n sekonde duur. Sodra jy die besef het van God se alomteenwoordigheid dan weet jy jy is nie alleen nie. Nooit nie.

Trane word opgevang in emmers deur ons verlore geliefdes. Hulle stort dit dan weer oor ons uit in die gevoel van liefde en omgee. Dis daai gevoel van ek is nie alleen nie. Jy is by my. In my gedagtes. In my hart. In my wese.
Om van ‘n geliefde afskeid te neem is nooit maklik nie. Die gevoelens en verwyte en wat as dwaal in mens se gedagtes. Jy wonder telke male wat gedoen kon word en moes word. Maar die tyd is hier en nou. Niks kan verander nie. Mens bring hulde aan die persoon. ‘n Persoon vir wie mens lief is. ‘n Persoon wat nie perfek was nie want wie is perfek. God het ons geskape uniek. Elk met sy eie krake en eie “chips”. Die bewyse dat jy geleef het en uit dit lewenslesse opgedoen het.

Ja dis ongelukkig so mens stel mense teleur en partykeer maak mens met woorde seer. Maar een ding bly vir altyd. EK IS LIEF VIR JOU. Daardie woorde wat gespreek word deur tannies en ooms, neefs en niggies, broers en suster, ouers en kinders. Die woorde wat altyd bly staan. Hier is my geliefde.
So ons neem afskeid van ‘n liggaam en skenk ‘n siel aan die hemele. Ons skenk ‘n engel. ‘n Pêrel. En al is die plekkie by ons leeg en al is ons gedagtes besig met soveel ander dinge oor die wat as kan ons een ding verseker weet. Jy is by God en saam is julle alomteenwoordig. Nooit vergete. Diep in ons hart. Vasgelê en bytel jou naam. Jy IS, WAS, EN SAL ALTYD spesiaal wees. Vir ons en aan die voete van ons God en Pappa Vader.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s