BANDE EN BEWEGING

ma2

Bande. ‘n Verbintenis, ‘n ooreenkoms, gebondenheid. Beweging. ‘n Mosie, ‘n tempo, ‘n voorstelling.

Almal van ons begin ons lewenspad met ‘n verbintenis. Die verbintenis is reeds vanaf konsepsie deel van ons. Soos ons as babas ontwikkel het in ons moederskoot, so het die verbintenis tussen ma en kind reeds begin. Die beweging in die rigting van groei en geboorte skenk was bepaal deur die tempo van tyd.  Net soos jy ontwikkel het het die ooreenkomste en gebondenheid ‘n band gevorm wat soos ysterskakels nooit sal breek nie.

ma5

Een so band is die band van ons liefdevolle Hemelse Vader. Sy doel was om geluk te gee. Sy geskenk was Sy Seun. Deur dit het Hy dit moontlik gemaak om die blydskap van familie bande vir ewig te laat voortgaan.

So word die rigting aangegee en die pad word gestap.  Jy word ‘n baba dan die die woelige peuter wat alles inspekteur en aftrek al sê mamma die gewaagde woordtjie LOS. Jy moet voorbeweeg en dan gaan die kleuter met sy hoekom en waarom en maak jou mal met  al die vra. Maar dit hou jou op koers. As ma weet jy dis deel van die groeiproses en jy doen dit met liefde en oorgawe. Jou eerste skooldag is ‘n trane dal en dan met jou matriekafskeid is dit nog erger want jy is nou groot. Jou skooldae verby.

ma3

As ouers het jy die koers gegee en die bewegingspad gebaan. Jou leiding en raad sy vrugte word gepluk met elke trotse oomblik.

Opregte liefde in ‘n mens se lewe maak dat hy met ‘n menigte gebreke en tekortkominge in sy lewensomstandighede kan saamleef. Maar dan moet dit liefde wees wat beleef word, want liefde wat ervaar word, beinvloed ons fisiek, geestelik, sosiaal en sielkundig.

ma1

Wat is ‘n ma se liefde?

  1. Dit is commitment
  2. Onvoorwaardelik
  3.  Om iets van jouself te gee
  4. Dis eg
  5. Ware liefde laat ander toe om hulle beste self te wees

Liefde het nie voorwaardes nie. Dit het geen grense nie. Dis ‘n perfekte sirkel. Dis nie te koop nie maar dis wel ‘n AKSIE. Die aksie wat perfek deur ‘n ma uitgevoer word en deur ‘n kind beleef word.

ma4

Maar ongelukkig gebeur daar partykeer die onvermydelike. Die ouer moet die kind afstaan aan die ewige lewe en neerlê by Pappa Vader. Wat ‘n bitter, bitter seer. Die seer kan nie omgesit word in woorde of dade nie. Die pyn kan nie weggeneem word met drukkies of soentjies nie. Dis die soort seer wat net met tyd en op ons knieë voor ons Pappa Vader kan verminder soos Hy ons vashou in Sy arms van liefde. Toegevou, beskermd.

Die beste is egter die wete dat die liefde agterbly. Omdat dit onvoorwaardelik en eg is kan niemand dit wegneem nie. Die samesyn, die glimlagte, die soete herinneringe sal altyd by ons bly. Al is die plekkie langs ons leeg is dit gevul met soveel meer. Dis gevul met die wete dat die hemel ‘n engel ryker is. Dis die wete dat al is die persoon nie hier nie is hy binne jou, met jou, ALTYD. Elke oomblik is kosbaar vasgevang binne jou en kan herroep word enige tyd en enige plek.

b7b03a038932873afc3ab5dbfc898cdd

Ek dra die blog op aan sy spesiale mammas. ‘n Kollega en kosbare tannie. Julle het die hemel ryker gemaak met 2 kosbare engele. Julle harte is seer en leeg. ‘n Seun is ‘n ma se kind. Die deeltjie is miskien nie meer in liggaam daar nie maar weet dat in gees omvou hy jou altyd. Hulle is by julle altyd. Julle sal nooit alleen wees nie. Julle taak as moeder is nou afgehandel en hulle taak as beskermer het nou begin. Hulle sal julle omvou en beskerm. Die pad voorentoe is moeilik en moet deurbeweeg word. Teruggaan is nie ‘n opsie. Maar onthou altyd die pad voorentoe is geseen met mense wat omgee en liefhet. Die pad hoef nie alleen gestap te word nie.

Ek bid dat die Here julle sal omvou. Ek bid dat Hy Sy kosbaarste engele opdrag sal gee om julle te beskerm en te dra. Ek lê julle by Sy voete neer waar julle harte berusting kan vind. Ek seen julle met die bloed van Jesus dat julle sal sterk staan in die wete julle seuns was vir julle lief. Hulle het julle gekoester en het alles waardeer wat julle gedoen het. Julle is ma’s duisend. En al is hulle nie meer hier nie sal hulle altyd ‘n lewendige teenwoordigheid in julle lewens wees.

Familie_Big_Wall_Sticker_large

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s