Geskiedenis

 

Geskiedenis-Banner

Geskiedenis, voetspore, die woorde “Do you believe?”. So loop ek al vir dae met die boodskap en gedagtes wat borrel. Hoe bewoord ek die boodskap. Maar ek twyfel nie want ek weet die Here sal die woorde plaas wanneer dit nodig is.
So sit ons een sondag by my ouerhuis in die tuin en gesels oor ons voorgeslagte. Waar hulle vandaan gekom het, wie hulle was en waar hulle begrawe is. Dit laat my dink aan wie is ons? Waar kom ons vandaan? Ja ons almal is gebore in ‘n dorp en in ‘n hospitaal/huis maar waar kom ons vandaan? Ja ek weet van die blommetjies en die bytjies maar dit antwoord nogsteeds nie diep gewortelde vraag waar kom ons vandaan nie.

fb_img_1483639615914.jpg
Dan kom die woorde #3vers16: “God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die Ewige Lewe sal hê.” En dis waar ons begin het. By God. Hy het ons beplan nog lank voor ons ‘n gedagte, Behoefte of begeerte was. Hy het ons boek van Lewe klaar geskryf en bepaal hoe ons ons lewenspad sal loop.

de81007fea83b04b1bf03619d06b10c3
So word elkeen van ons gebore. Het ‘n bepaalde doel en uitgewerkte lewe. By ‘n familie reunie besef ek weereens die vraag wie is ons met nog ‘n vraag waar het ons opgeeindig? Die pad wat jy kies en loop is ‘n pad wat vooraf uitgewerk is. Vir jare sien ‘n mens nie familielede nie en dan by ‘n samekoms is die vreugde hoog. Wat doen jy vir ‘n lewe? Sjoe jy het mooi kinders? Kyk hoe oud en hoe grys? Mens borrel uit van binne en voel weer jonk van gees. (Soos my dierbare moeder gister ons tot stilstand geskok het, heheheh) Mens besef dan dat die pad wat jy geloop het so anders was as die van die ander. Die keuses en afdraaie was maar omtrent dieselfde maar elkeen het sy eie besluite geneem en sy eie koers ingeslaan.
Elkeen het sy spore gelos in iemand se lewens. Ons ontmoet mense op verskillende plekke en maak vriende oral waar ons gaan. Mense stap in ons lewens in en sommiges vertrek weer net so gou. Daar is die wat diep spore laat en jy verewig sal saamdra. Soos my neef gister speels gesê het toe ek hom herinner het aan lawwe goed van ons kinderdae, hel maar jy dra ‘n grudge toe sê ek nee het net ‘n geheue soos ‘n olifant oor goeie ou dae. Dis dan wanneer mens terugkyk en besef wat mens alles gedoen het. Hoe mens keuses gemaak het en jou pad gestap het. Jou seerkry is nie meer so seer nie want daar is ander wat net so seergekry het, eintlik nog seerder. Daar was goeie oomblikke wat gebore is uit geluk en geseen is met voorspoed.
Ek vind myself een middag voor ‘n christelike film met die naam “Do you believe?”. Soos wat die film afspeel so dink ek aan die boodskap op my bors gelê. Hoeveel mense plaas God nie op ons pad om ons te verryk nie? Hoeveel geleenthede maak Hy nie vir voorsiening om ons te hulp te staan nie? Hoeveel keer vra ons ons self nie “Maar waar was God nie?” “Hoekom hoor Hy nie my gebede nie?” en dan het hy al hoeveel kere antwoorde gestuur maar ons was blind omdat ons so gefokus is op onsself en nie aan die klein dinge rondom ons nie.
‘n Dierbare vriend van my het sy moeder vanoggend aan die dood afgestaan en woorde wat my by bly is die woorde “…haar gesig was rustig. Sy het geen plooie en geen seer gehad nie. Sy was vredevol.” Dan kom die gedagte. Hoe sal ek lyk as ek op daai stadium kom? Watter spore het ek getrap om te kom tot waar ek is en wie sal daar wees?

tyd1.png
Die besef is jy moet elke dag reg wees. Jou pad moet een wees wat al is daar potholes en slaggate daar is ook pleisterwerk en vergifnis. Daar is iemand wat jou gehelp het om elke pap band te ruil en elke spyker uit jou band te haal. Jy was en is nooit alleen nie. Jou geskiedenis en toekoms is nog in wording. Wees die beste wat jy kan wees altyd. Wees die beste ma/pa, vrou/man, dogter/seun. Leef elke dag asof dit die laaste is en vergeet van ‘n bucket list maak elke dag jou bucket list.
Wees vredevol, vreugdevol en geseend.

FAMILIE

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s