Droogte

​Droogte. ‘n Woord met so baie betekenisse. 
Huidiglik is daar ‘n droogte oor dele van ons mooi land. Die aarde is dor en smag na elke druppeltjie water. Die vetplante kry swaar nes die boer en sy vee. Beeste word maerder en oeste minder. Waar is die reën? Boere word gedwing om die kniee te buig en om hulp te roep in gebed. Stadsjapies ken nie van die smag na water en die roep om hulp nie. ‘n Boer moet mos ‘n plan kan maak. Maar ‘n boer ken van geloof. Hulle ken van swaarkry en deurdruk en hande vat. Maar hoekom nou eers sien die res van ons die vraag? Hoekom eers droogte voor ons besef waar ons antwoord lê. 


Net so is daar droogtes in ons harte en lewens. Party mense smag na liefde en aanvaarding.  Ander hoop om die regte lewensmaat te vind en te ontdek wat ware liefde is. Ander is weer in ‘n droogte van die siel.  Wonderend oor hoekom alles met eens kan gebeur en waarom dit nou juis nou is en nie met iemand anders kan gebeur nie. Ons antwoord weereens is dieselfde. 

‘n Kosbare vriendin woon in Swartruggens en vertel vandag van hoe die die riviertjie begin loop op die plaas. Die plaasdam se vlakke begin styg.  Die kinders ontdek brulpaddas en gril. Hulle speel in modder en juig oor die reën. ‘n Lied van dankbaarheid word hemelshoog gehoor deur vrolike kinderlaggies. Hoe wonderlik kan dit nie wees om so ervaring met jou kinders en kleinkinders te deel nie.  Hoeveel van ons speel nog die speletjies van ouds. Ons kinders is gewoont aan rekenaars en televisie. Tegnologie is hulle pad. ‘n Droogte van verbeeldingsvlugte na wêrelde onbekend. 


‘n Ander vriendin het ‘n ruk droogte van liefde en geluk ervaar. Toe na jare ontdek sy haar lewensmaat. Haar deksel van haar pot. Saam het hulle begin bou aan ‘n toekoms en gedroom van koffie en koekies op die stoep. 2 dae voor kersfees ontdek sy hom in die tuin.  Oorlede aan ‘n hartaanval. Alles val uitmekaar. Die druppels water wat geluk gebring het verander in trane van verlange en hulpeloosheid. Hoe stap mens die dore pad?

Ek tel vanaand my bybel op vir bybelstudie en lees die stukkie in 1 Konings 18 waar Obadja vir Elia langs die pad ontmoet het opsoek na water en weiding vir koning Agab se diere. Elia spreek hom aan en sê hy moet Agab sê hy is daar om hom te sien. Obadja is egter bang en bevraagteken die bevel.  Elia verseker hom van sy teenwoordigheid.


Romeine 12:3 het die Here ons klaar die sekerheid gegee van geestelike toerusting. Hy het klaar voorsien vir die droogtes in ons lewens. Maar tipies mens moet ons eers swaarkry voor ons om hulp roep. Ons moet eers glo en dan alles bevraagteken en tyd aan koppel. Hoekom hoor Hy ons nie? Hoekom vat dinge so lank? Hoekom? Hoekom? Die maklikste is ongeloof in geloof.  Dis die duiwel se kos of oorkussing soos hulle sou sê. Die probleem is die vasbyt. Die deurdruk en sterk staan. Die hande vat in geloof op iets wat niemand kan sien nie. Ons wil ons eie dinge op ons eie maniere hê. Our way or no way. Maar dis nie hoe dit werk nie. Daar is net een persoon wat ons “way” ken en beplan en in Hom moet ons glo en vasstaan. Altyd. Nie net wanneer dit goed gaan nie. Dis wanneer dit sleg gaan wat ons die fondasie moet sterk hou. Dis dan wanneer die pleister kraak en die verf afdop en verweer. Dis dan wanneer jy jou Bybel optel en nuwe pleister aanmaak, nog ‘n lagie verf verf en die roes toemaak. Met elke lagie bou jy nog sterker, nog hoër, nog nader aan God. Jou geloof is wat jou dra deur enige droogte. Dit voed jou siel en vernuwe jou menswees. 

Ons almal se droogtes het ‘n einde. Dit eindig in geloof, hoop en liefde.  2016 is amper klaar. Sy droogtes het gekom en is stelselmatig besig om verby te gaan. Kom ons stap 2017 in met die druppels water wat enige droogte kan oorkom.  Droogte van grond, emosie en lewensvreugde. Kom ons kry ons geestelike toerusting in Romeine 12 en oorkom al die droogtes in 2017.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s