Menslike gemoed in tye van nood.

Waar begin ek…  Die afgelope paar weke was rof.  Elke sekonde moes omgedraai word nie minute en minute in ure en ure in dae.  Emosies het hoog geloop. Die tyd van die jaar is die gevoelens erg. Daar is soveel wat deur mens se gedagtes dwaal.  Wat alles plaasgevind het deur die jaar, die klein dingetjies. Die groot impakte op ons lewens. Dis dan wanneer mens besef hoe kosbaar tyd en tasbaar gevoelens is.  By die werk is ek die uitgeworpene. Kollegas hou daarvan om by my in die kantoor te sit en net hulle dae te deel. Wat alles gebeur het die mooi en die lelik.ander het dit gesien as gatkruip en onproffesioneel.  Maar die belangrikste is waarheen gaan ‘n person wat net daai bietjie glimlag kort, ‘n grappie, ‘n drukkie.  Nou is ek afgesluit en uitgesluit.  Niemand om my dag mee te deel of om my net bietjie op te beur nie.  

Dis nou vakansie en daar is soveel kersromanses op tv.  Mens wonder hoekom gebeur dit net in die movies. Hoekom kan ek nie ook so gelukkig wees nie. Terwyl ek nou Madam Secretary kyk besef ek ons bepaal ons eie weg.  Ons bepaal wie luister en wie gee om.  

Die tyd is swaar.  Daar is nie die perfekte geskenk nie. Daar is nie genoeg geld vir die ideale en perfekte kersdag nie. Sente word omgedraai maar een ding is altyd daar. Liefde. Omgee. 

Kom ons vat hande en dra mekaar deur die tyd.  Saam kou ons die bene en saam dra ons die sakke sout.  Bo sal ons uitkom.

Soos Nataniel in sy kersboodskap se kon ek dit nie beter stel nie.

Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe  minder

goeters jy het, hoe minder worries het jy … en hoe  lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar  elkeen presies net soos hy/sy daar is … vriende kan jy kies,  familie nie!   

Moenie toelaat dat jou  brein muf met ‘issues’ soos  skuldgevoelens  of grudges nie … sorteer alle strooi uit nog voor die son sak.  So moenie toelaat dat mense jou in die rug steek, nonsens praat en skynheilig  optree teen jou nie!

Hardloop jou  lewens-spiedomitir in die rooi … help waar jy kan en lewe voluit,  terwyl jy nog lewe in jou het … ‘use it – or lose it’!  

Geniet die eenvoudige dinge. Die  ‘image’-goed en ‘keeping up with the Jones’ is sommer nonsens  … hulle (die Jones’) sit in elk geval nou in
Ozzie.

Al wys die ‘replay’  duidelik dat hy verkeerd is … maak vrede met die ref se  beslissings en jy sal dadelik beter voel!

Kry oefening deur te  gaan stap langs die see of in die veld … doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af  draf
nie, dis ‘common’ en maak ander mense skuldig  voel.

As jy ‘n ‘no-name brand’  T-Shirt sien wat jy laaik, koop dit … te hel met die  name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie – solank dit net  gemaklik pas. Laat andere maar hul geld mors op goed wat  hulle vals
selfvertroue in hul eie plestiek-wêreld  gee!

Lag dikwels … lank en  lekker, dit hou jou gesond! Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat mens  pluk of uit die grond grawe. Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat … hou matigheid voor oë  … ALTYD!

Behou jou grappige vrinne en  vermy die suuriges … hulle is
‘demoralising’ en trek jou af na  hulle vlak.

Jou huis is jou plek en daar leef jy soos JY wil, too hell met die snobs … en die beste kar is een wat klaar betaal is!

STEL GOD EERSTE en alle ander goed sal self in plek val … hê  geloof!

Sê  vir mense dat jy vir hulle omgee … môre trek jy dalk jou hout-jas aan, dan’s dit te laat!  

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s