Vrugte van die Gees

vrugteIn die somer is ons almal gaande oor die vars vrugte wat oral beskikbaar is.  Ons monde water vir litchi’s, waatlemoen, mangoes en alles waaraan ons kan dink. Die soet sappige stroop van alles wat lekker is en die taai hande wat daarmee gepaard gaan is fantasmagories lekker.

imagese8z2af68

Net soos ons monde water van lekkerte vir die vrugte van die somer moet ons monde water vir die vrugte van die gees.

vrug7

Gal 5:22 ” Maar die vrug van die Gees is LIEFDE, BLYDSKAP, LANKMOEDIGHEID, VRIENDELIKHEID, GOEDHEID, GETROUHEID, SAGMOEDIGHEID EN SELFBEHEERSING”

imageszq8ps58d

Hierdie eienskappe is ‘n resep wat daagliks gevolg moet word maar ons as mens volg net sekeres en slegs wanneer ons voel dis van pas.  Dink nou net as jy die heerlikste vrugte slegs kan kry wanneer ‘n boer voel hy is nou lus om te plant of te oes. Vrugte moet geniet word met al hulle voedingswaarde. Soos uitvoer vrugte wat spesiale keuring moet deurmaak moet ons uniek wees met ons vrugte. John 15:1 “Ek is die ware wynstok..” Druiwe kan slegs gepluk word van wingerdstokke wat ware kwaliteit dra en met ‘n boer soos die Here wat ons vrugte versorg is ons meer as net uitvoer kwaliteit.

images4uk6nzxf

Nou die groot vraag: Wie moet ons dan liefhê? Die bybel stel dit duidelik, jou naastes soos jouself. Deut 19:9 “Die Here sal jou gebied uitbrei omdat jy hierdie hele wet wat ek jou vandag gee, gehoorsaam deurdat jy die Here jou God liefhet en altyd volgens Sy wil lewe”. Gal 5:14 ” Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”. Jou liefde moet dus strek vir jou naaste, jou broer en suster, jou vyande, huweliksmaat en almal wat jou pad kruis.

imagespo6epp9e

In 1 Kor 13 word die liefde so mooi beskryf. Dis ‘n gedeelte wat meeste van ons woord vir woord ken en uitleef. Vir ander is dit egter ‘n gedeelte wat slegs gedeeltelik uitgeleef word want sekere goed mag nie in die publiek gedoen word of getoon word nie. Die beste liefde ooit is die liefde van die Here. John 3:16 ” God het die wêreld so liefgehad dat Hy SY enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Ongelooflik, beskryflik groot. Sy liefde is soos die vrug van ‘n piesang. As jy sy harde skil aftrek kry jy die mooiste, sagste vleis binne. Dit verryk jou siel en vlees. Sodra ons die Bybel oopmaak en die blaaie(skille) begin wegtrek dat ontdek ons die beste.

vrug6

Wat is nou ‘n heerlike drankie of kerskoek sonder kersies.  Hulle is klein maar glinster. Hulle bloedrooi kleur laat mens opgewonde voel. Net so moet ons blydskap wees vir die Here.  Ons is klein en nietig maar kan soveel gee en aan soveel se lewens ‘n verskil maak as ons glinster soos ‘n kersie. John 15:11 “Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.”

imagessgxwxxrv

En dan na ‘n lang moeilike dag is daar niks lekkerder as ‘n glasie “Four Cousins” nie. ‘n Glasie wyn laat mens ontspan en die sorge voel of dit verdwyn in die niet. Druiwe is heerlik en sappig. Net groot genoeg om met een happie alles te kry waarna jy uitsien. So ook moet ons daaglikse uitkyk wees. Met een glans moet ons alles kan kry wat ons begeer. Liefde, hoop en tonne geluk. Dit word deur jou bepaal elke dag as jy opstaan.  Jy bepaal hoe jou verloop van jou dag gaan wees. Laat dit soos die druiwe korrel wees.

imagesinrn1kig

Die lemoen is lankmoedig. Dit voel soos ‘n ewigheid om sy skil te verwyder of om al die sap uit te druk. Maar as jy eers deur die moeilike deel is is die verreikende gevolge ongelooflik. Die selletjies in die sap waarmee jy kan speel in jou mond. Die taaiheid aan jou vingers. Alles deel van die heerlike proses. Om nie te praat van die appelkoos nie. As mens jou vingers neem en jy breek hom oop. Jy verwyder die pit dan is dit soos ‘n soete glimlag wat jou inwag. Vriendelikheid in elke helfde.

imagesya9o3plo

Aarbeie se goedheid word gevind met aarbeie en room.  ‘n Heerlike kombinasie vir romanties en liefdevol. Die getrouheid van die appel om ons gesond te hou want soos die dokter sê: An apple a day keeps the doctor away. Die sagtheid van die waatlemoen se sagte vleis laat met rillings kry van genot. Mens kan die dop uithol en die heerlikste dele opbreek en dan geniet. Met die perske kort met selfbeheersing. Elke happie is ‘n heerlike vooruitsig na meer en meer. Pere wat gehoorsaam is om ingelê te word en vir ‘n leeftyd te kan hou.

vrug-4

Hoe wonderlik is al die vrugte nie saam nie. Piesangs, kersies, druiwe, lemoene, appelkose, aarbeie, appels, waatlemoen, perskes en pere. ‘n Heerlike, ongelooflike vars vrugteslaai.  Die verkwik die siel en laat mens se verbeelding dwaal na plekke van rus en vrede. Net so moet ons die vrugte van die gees in ons daaglikse lewe geniet.  Elke dag moet ‘n heerlike vrugteslaai wees van ongelooflike sensasies. Elke minuut moet ‘n ander smaak wees en elke sekonde moet ‘n deeltjie van tyd saampers in die geheue van herinneringe sodat ons altyd sal weet ons is uniek en spesiaal. Ons is volmaak geskape in SY oë volgens SY hande. Die beste kwaliteit uitvoer vrugte nog.

imagesjtt9k7rq

 

 

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s